ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS December/January 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
kuier, kook & inspirasie

2014 •MEDIA24 Beste Spesialis-joernalis 2013 •PICA Beste Tydskrif: Dekor, Handwerk, Kos of Tuin •GALLIOVA-MERIETEPRYS 2012 •GALLIOVA-MERIETEPRYS •MEDIA24 TYDSKRIFTE PRYSE VIR UITNEMENDHEID Trots SA 2011 •PICA Spesiale Toekenning As ek terugdink aan die jaar wat verby is, besef ek ons het hier by SARIE KOS ’n vlaag van nostalgie beleef, veral in die uitgawe van April/Mei 2014. Bredies het nuwe lewe gekry en selfs ’n sjokolademelktert het te voorskyn gekom. Die 30-reeks het groot byval gevind – dis so lekker om te hoor hoe baie julle daarvan hou. In hierdie uitgawe maak ek 30 sjokoladelekkernye (bl. 38). Die resepte is maklik en die eindresultaat is sonder uitsondering heerlik. Spring sommer nou in en maak dit vir die vakansietyd, jy sal baie punte kry by die familie. In 2006 het my eerste kookboek, SARIE 5, op die rak verskyn. Die boek se gewildheid verstom…

6 min.
briewe

My geskenk Kers- en verjaardagpresente is iets wat ek min kry, want daar is nooit eintlik geld nie. Maar vanmiddag toe ek op my bed lê en rus voor ek moet begin kook, ná heeldag se gebak, spring ek skielik op en dink: “Wie het Kersfees nodig as Kersfees ses keer per jaar op die winkelrak verskyn?” Elke twee maande loop ek die winkel in, reguit na die tydskrifterak om te sien of my Kersgeskenk al gekom het. Vandag was die dag. Nie toegedraai met strikkies of mooi papier nie: Hy lê net so op die rak en wag om gekoop te word. Vanaand is een van daardie aande … vroeg bed toe met my SARIE KOS. Dis hoekom ek besluit het Kersfees kan maar wegbly, want ek kry my presente ses keer per…

2 min.
goue goed

RESTAURANT VIR BANTERS Die land gons behoorlik oor die lae-koolhidraatdieet wat ook as banting bekend staan, na aanleiding van die begrafnisondernemer William Banting, wat dit meer as ’n eeu gelede gevolg het om gewig af te skud. As jy dit ook wil probeer en lus kry vir uiteet, kan jy ’n draai gooi by die nuwe Banting Kitchen in Groenpunt, Kaapstad. Daar is ontbytgeregte, ligte middagetes en meer formele aandetes op die spyskaart. Besoek www.thebantingkitchen.co.za vir meer inligting of skakel 021 430 0506. Wat sê die toekoms Bederf jou gaste met goue fortuinkoekies wat in sjokolade gedoop is. Die koekies lyk mooi en smaak voortreflik. Kyk by Woolworths-winkels landwyd teen R7,95 per koekie TAFELNOSTALGIE Dek jou feestafel in styl met eetgerei wat lyk soos jou ouma s’n. Die kinkel: dis van plastiek en beskikbaar in…

1 min.
drinkgoed

1659 is die eerste keer dat druiwe in Suid-Afrika geoes en gepars is om wyn te maak, 7 jaar nadat Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. ORGANIESE TEE As rooibos jou gunsteling is, sal ’n versamelblik van BOS op jou kombuisrak jou dors ’n lang ruk les. Dit bevat 50 sakkies organiese rooibos-tee (R69). Beskikbaar by koswinkels landwyd of besoek www.bosicetea.com. ROOIBOS-YSTEE Noem dié een maar anderste ystee. Dit bevat al rooibos en grenadella se gesonde eienskappe. genoeg vir 8 Plaas 1 liter water, 200 g (250 ml) suiker en die pulp van 8 grenadellas in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat prut 5 – 8 minute of tot vloeistof/ minder is. Haal af van hitte en voeg 3 6 rooibosteesakkies by. Laat trek 5 – 8 minute of tot so sterk soos jy…

2 min.
dié boeke

PoPPie wys haar slag In die eerste Kokkedoor-reeks het Poppie Coetzer almal se hart gesteel. Nou kan ons saam met haar onthoukos maak uit Tannie Poppie Kook (Human & Rousseau, R250), haar debuutkookboek, wat pas verskyn het. Kyk uit vir eierlose pannekoek, skep-skons, frikkadelpastei en nog baie meer. weskus-kos Snoek is nie ál Weskus-kos nie, soos Kobus van der Merwe en Jac de Villiers in hul nuwe boek, Strandveldfood (Jonathan Ball, R350), wys. Kobus is veral bekend vir sy leef-van-die-aarde-filosofie – hy pluk en oes om hom wat eetbaar is. Geregte soos bobotie kry ’n Weskuskinkel met mossels en strandkool. FamilieFees Die blonde wenner van die vyfde Australiese MasterChef-reeks, voormalige fietsryer Emma Dean, se eerste kookboek –A Homegrown Table (Struik, R330) – is propvol maklike resepte en kos wat die hele gesin sal geniet. ’n…

1 min.
ham-enkaasrolletjies

genoeg vir 8 rolletjies verhit oond tot 200 °C. smelt 50 g (60 ml) botter. Bedek 8 velle fillodeeg met ’n klam lap. Plaas 1 vel fillodeeg op werkvlak en verf liggies met gesmelte botter. Plaas nog ’n vel deeg op eerste vel en verf weer met botter. Hou gesmelte botter en res van fillodeeg eenkant. Halveer fillodeeg in die breedte en draai dit sodat die lang sye links en regs is. Plaas 1 sny ham (van 8 snye) sowat 3 cm van die bokant van die fillodeeg. sprinkel 25 g gerasperde cheddarkaas (van 200 g) in middel van ham en plaas 3 basiliekruidblare (van 24 blare) bo-op. vou die twee lang sye na binne. rol die deeg op sodat dit soos ’n lang sigaar lyk. Plaas die rolletjies op hul…