ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS December/January 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
kuier, kook & inspirasie

2014 •MEDIA24 Beste Spesialis-joernalis 2013 •PICA Beste Tydskrif: Dekor, Handwerk, Kos of Tuin •GALLIOVA-MERIETEPRYS 2012 •GALLIOVA-MERIETEPRYS •MEDIA24 TYDSKRIFTE PRYSE VIR UITNEMENDHEID Trots SA 2011 •PICA Spesiale Toekenning Vakansie is hier – en nou wil ek net braai. Vroeër jare was ek glad nie ’n bobaas-braaier nie, maar toe kom eet ’n vriendin een aand by my en ons is lus vir braaivleis. My man was nie tuis nie, maar dit het my nie afgeskrik nie. Buitendien, ons wou niks fancy braai nie – net wors, lamstjoppies en braaibroodjies. Omdat ek toe nog nooit self gebraai het nie, gebruik ek toe brikette. Met die aansteek van die vuur het dit goed gegaan, al het ek ’n hele pak vuuraanstekers (Blitz) gebruik. Toe die kole na my mening reg was, pak ek die wors in ’n toeklaprooster. Ek moes dit taamlik vinnig braai, want…

2 min.
jou briewe

Kaaskoek-komplimente So ’n paar maande gelede – net nadat die Rugbywêreldbeker-uitgawe (SARIE KOS Augustus/ September 2015) verskyn het – maak ek die sjokolade-en-karamelkaaskoek op die voorblad. Al wat ek anders gedoen het, was om 100 g rou amandels fyn te kap en by die kors te voeg. Ek bly maar ’n amandelslaaf! Ek maak dikwels kaaskoeke, en die meeste mense het gesê dit was die lekkerste een wat ek nóg gemaak het. – Juan-Wessel Lubbe, Ras Tanura, Saoedi-Arabië Ons wenner is Juan-Wessel Lubbe, want al sit hy in Saoedi-Arabië, het SARIE KOS se voorblad hom geïnspireer om die kaaskoek te bak. Hy wen 2 geskenkpakke – een vir homself, en een waarmee hy iemand vir Kersfees kan bederf! Elke geskenkpak met lae-GI-Bokomo-produkte plus ’n moderne koordlose ketel is R2 000 werd. Die smaaklike lae-GI- Multigrain…

1 min.
dinge kook by sarie kom kuier saam!

IN ONS WÊRELD IS DINGE KREATIEF, KLEURRYK, BESIG EN GEMOEDELIK – INSPIRASIE VAN A TOT Z. Dís wat jy kan verwag wanneer jy in Maart saam met SARIE by die Gallaghar-konferensiesentrum in Midrand kom fees hou! Al ooit gewonder wat inspireer die tydskrif om te doen wat ons doen, of hoe ons kosredakteurs, Barbara en Herman, gedurig met nuwe smake vorendag kom, en hoe ons dekorredakteurs, Anita en Lounette, elke keer verstom met mooi en slim idees? Jy hoef nie meer te wonder nie, want ons gaan jou vertel en sommer wys ook. Jy gaan letterlik voel jy stap deur die bladsye van SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON. Ons kan nie wag om jou te ontvang nie; dit is immers ook jóú wêreld. Tot ons mekaar in die nuwe jaar sien! SPRING…

4 min.
dié goed

SOOS JOU OUMA S’N! Die bekende Duitse inmaakpotte Weck is nou by Consol-winkels landwyd te koop. Daar’s 12 verskillende vorms van die ikoniese reeks flesse op die winkelrak. Elke fles het ’n glasdeksel en metaalknippies om dit te seël. Dis ook oondvas en mikrogolfbestand, en jy kan selfs ietsie bak daarin! Vanaf R30. HOU DIT KOUD Dit klink sommer koel: ’n ronde ysbal wat stadig smelt en jou drankie lank koud hou. Koop die ysbalmaker van Zoku (R259 vir 2 vorms) aanlyn by www.yuppiechef.comof by uitsoek-kombuiswinkels soos Boardmans. FÊNSIE BOTTELS In hierdie warmste tyd van die jaar kan jy die groot dors nog beter les met koel water uit dié mooi bottel van Vogue Italia en S.Pellegrino-water.Net ’n beperkte hoeveelheid 750 ml-bottels is beskikbaar en dis nou te koop by uitsoek-restaurante in Suid-Afrika. PIZZA-OOND OP JOU…

2 min.
wyn

jeanritine@gmail.com Stanford toe! Net langs Hermanus, in die Overberg-kontrei, lê die Stanford-wynroete. Op hierdie nuwe roete kan jy ongekunstelde wynervarings beleef en ook aansit by die Springfontein Eats-restaurant op die Springfontein-wynlandgoed. Dié restaurant het met reg wyn- en koskringe aan die gons: Dit word bestuur deur uitvoerende Michelin-ster-sjef Jürgen Schneider, wat ’n droomervaring aan gaste bied, met kreatiewe disse wat deur plaaslike bestanddele geïnspireer word. Wees gewaarsku: Jy sal baie tyd moet afstaan vir dié besoek. Kies ’n drie- of sesgangmaaltyd, sit agteroor, en laat sjef Schneider en sy span jou betower. Daar is ook gasteverblyf op die plaas beskikbaar as jy nie lus het om huis toe te ry nie. Skakel Springfontein by 028 341 0651 vir besprekings of besoek www.springfontein.co.za. NUWE BLOED Paul Gerber, wynmaker by Le Ludewynplaas in Franschhoek, het ’n…

1 min.
as die buitelug en die wyn roep

Somer is die tyd vir die buitelug, braai en goeie wyn. Lang, sondeurdrenkte dae waar heerlike vleis, vis en hoender op die kole sis, met genoeg koue, geurige wyn om die gehalte van die kos, kuier en geselskap te vervolmaak. Orange River Cellars se wyne is gemaak hiervoor. Ons wingerde staan in die ongerepte natuurskoon van die Noord-Kaap, en die suiwerheid van lug, water en grond lei tot druiwe van die allerbeste gehalte. Hiermee skep die wynmakers van Orange River Cellars ’n wye reeks wit-, rooi- en roséwyne vir elke smaak, ook om saam met jou gunsteling-braaigereg te nuttig. Van ’n verfrissende, vars Chenin Blanc tot Orange River Cellars se vrug-geurige Rosé; smaaklike, soel Colombard tot ’n karaktervolle rooiwyn gemaak van Pinotage, Shiraz of Cabernet Sauvignon, hierdie wynkelder het ’n wyn om…