ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS February/March 2014

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

1 min.
michélle sê

‘Tussen al die nuwigheid sal al die bekende smake áltyd eerste wees’ Vanjaar, ’n volle dekade gelede, het ons SARIE KOS vir die eerste keer bekend gestel. Wat ’n viering van smake en geure was dit nie! Inspirasiekos, lui-langtafel-kuierkos, vinnige 30-minute-etes, Suid-Afrikaanse gunstelinge en al daardie eie Afrikaanse geregte waarmee ons grootgeword het en waaroor ons steeds droom. En ja, éérlike kos, het die kosredakteur, Barbara Joubert, altyd volgehou. Kos wat vars en met omgee berei word. Lesers het SARIE KOS met groot lekkerkry ontvang. Dit was ’n kostydskrif soos geen ander op die SA mark nie … en hier is ons steeds! Maar nou met ’n bietjie van ’n verskil. Ná tien jaar is hierdie uitgawe Barbara se laaste SARIE KOS. Sy weet hoe dankbaar ek altyd sal wees dat ek en sy saam…

1 min.
barbara sê

Ek het met SARIE grootgeword. As student het SARIE my geïnspireer, en veral Peter Veldsman. Ek het altyd gedink hy het die beste werk in die wêreld – kosredakteur van SARIE. Nooit het ek kon droom dat ek in 2004 self SARIE se kosredakteur sou word nie. In 2007 het ons boonop SARIE KOS by Aardklop bekend gestel. Nog ’n droom verwesenlik, want dit was die heel eerste Afrikaanse kostydskrif op die mark en ek was die kosredakteur! Die tydskrif se gewildheid het ons oorweldig, en soos ons in die vorige uitgawe vertel het, is die eerste oplaag in ’n kort rukkie uitverkoop. Daar was deur die jare talle nuwighede, soos die wedstryd waarin ons Suid-Afrika se lekkerste geregte gesoek het. Die heerlikste resepte het ingestroom, want SARIE KOS se getroue lesers was…

1 min.
5 heerlike dinge van die nuwe tiguan

1 Die vorige Tiguan is in 2008 vir die eerste keer hier te koop aangebied en tot dit verlede jaar deur die nuwe model vervang is, is byna 20 000 Tiguans plaaslik verkoop. 2 Kopers kan kies tussen turbopetrol- en turbodieselenjins terwyl daar ook ’n keuse van handrat en outomatiese modelle en verskillende afwerkingsvlakke is. 3 Goeie nuus is dat die nuwe Tiguan meer ruimte vir passasier en bagasie bied. Die kattebak is bv. 145 liter groter as tevore. 4 Die nuwe Tiguan is waarskynlik ook een van die veiligste sportnutse danksy talle moderne veiligheidseienskappe, soos ’n veiligheidsgradering van die gerekende Europese instansie EuroNCAP. 5 ’n Intreevlak-Tiguan kos R379 900.…

2 min.
ons hou van

Draai jou eie roomys Plaas 1 liter vanieljeroomys in ’n elektriese menger se bak. Klits by mediumspoed met die mengspaan (K-beater) tot glad. Voeg 3 snye gekoopte gebakte kaaskoek (Woolworths, R134 vir 1 koek) by en meng weer saam tot glad. Skep mengsel terug in roomysbak en vries tot gestol, maar steeds sag – sowat 2 uur. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit en spuit in opdienbekers of roomyshorinkies. Sit voor met karamelsous van jou keuse. *Kry die Februarie- SARIE vir nog idees. Vlymskerp Elke kombuis kort ’n goeie mes, maar as hy so mooi en nuttig is soos dié een van Weylandts, gaan jy dalk heeltyd net wil kook. Koop die Santoku-mes van 16 cm lank aanlyn by www.weylandts.co.zateen R595. MOOI WYN Dis ’n kuns om wyn te maak, en daarom word sy…

1 min.
gregory czarnecki

Hoekom moet ek by Waterkloof kom eet? Kom geniet ’n glas yskoue vonkelwyn op ons stoep. Kom geniet die sonsondergang en laat ons toe om jou te bederf met goeie kos en diens. As jy ’n bestanddeel was, wat sou jy wees? Foie gras (ganslewers). As jy dink aan jou ouma, onthou jy … Die ongelooflike kok wat sy was, en ’n bakkie vol goudgeel soet vanieljesemolina op ’n Sondagaand ná ’n familiekuier. Daarna het ek gewoonlik op haar bank aan die slaap geraak, net om die volgende oggend veilig in my eie bed wakker te word. As ek aan jou tafel sit, mag ek nooit … Met een hand eet nie en moenie met jou kos speel nie. Besoek SARIE.comvir SA se toptien-restaurante.…

3 min.
mode vir jou kombuis

PIENK PLESIER Dié delikate kleur is al jare ’n wenner onder die slanke skoonhede by die Oscars. Dit sal vanjaar beslis weer die bes geklede lys haal. STYLVOL IN SWART By elke groot geleentheid sien jy hulle, ’n klomp bekendes in hierdie klassieke kleur. Jy kan maar seker wees vanjaar sal geen uitsondering wees nie. SAG OP DIE OOG Naaswit (buttermilk) is lank nie meer net vir bruide nie. Dis ewe gewild wanneer die goue beeldjies uitgedeel word, want dit spreek van sofistikasie en plaas die klem op die ontwerp van die uitrustings. BLINK KANT BO Hoe blinker hoe beter, glo sommige sterre, en hoekom dan nou nie – die Oscars is immers die toppunt van glans en in ’n metaalkleur kan jy nie anders as skitter nie. Die Oscar-wenners word vanjaar op 26 Februarie 2017 aangekondig. Hou…