ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS February/March 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

4 min.
kuier, kook & inspirasie

Michélle van Breda redakteur SARIE My mond wáter! Perskes se geur en smaak is so soet soos my herinneringe aan dié lekkerte. Ek dink aan sonryp perskes sommer so van die boom af eet. Gekook tot ’n blink konfyt of opgesny met ’n bietjie kaneel, bruinsuiker en ’n drukkie suurlemoen. Ek sien nog die inlêflesse vol goudgeel wat op my ouma se spensrak wag om met ’n skep vanieljeroomys geniet te word. Perskes is vir my altyd reg, enige plek, enige tyd. Net ’n blik perskes met ingedampte melk is vir my al bederf. Maar perskes is meer as bederf; dit was nog altyd koningskos, sê die kenners. Sedert die vroegste tye in China is die perske deur die koninklikes verhef tot elite-vrug, en ook in Persië (vandag se Iran) was die eksotiese vrug…

4 min.
briewe

Rig jou brief aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000, faks dit na 021 408-3099 of e-pos na Sariekos@sarie.com. Oorspronklike briewe, ook e-posbriewe, moet ’n volledige posadres en kontaknommer insluit. Dit mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. Die redakteur behou die reg om briewe te verkort. Die wonderwerk Daar’s altyd iets positiefs … ons moet dit net soek. Toe ek die eerste Engelse uitgawe van SARIE KOS sien, het ek soos ’n kleuter gespring (sommer in die winkel) en my seun het net sy kop geskud. Later was daar trane toe ek agterkom dat daar net 3 uitgawes sou wees. Ek was so ontsteld. My eerste Afrikaanse uitgawe is Saterdag afgelewer (baie dankie!) en toe sien ek die nuwe reeks, Met net 5 bestanddele. Ek het onmiddellik tussen my boeke rondgesoek na…

1 min.
dié goed

FYNGEBAKJUWELE Bederf jou mense met delikate Franse macarons (amandelkoekies) wat jy in boksies van 6 koop by Woolworths – helfte vanielje en helfte sjokolade. Landwyd te kry teen R22 per boksie. KOOKWATER! Kyk net hoe mooi is hierdie praktiese ketel van KitchenAid. Jy kan die temperatuur stel om die water so warm te maak as wat jy verkies. Die ketel is te kry in 5 kleure: room, rooi, kersierooi, swart en silwer. Koop aanlyn by www.yuppiechef.com teen R2 990. GEUR VIR ELKE DAG Note soos suurlemoen, sederhout, jasmyn en pienk peper in Chanel Chance Eau Fraîche (R900 vir 35 ml EDT) sorg vir ’n vars ligte geur wat jy elke dag kan dra. Boonop is ’n beperkte voorraad nou beskikbaar in ’n sakpas-grootte vir jou handsak. MENG EN PAS Daar’s ’n geur vir elke bui in Fitch…

1 min.
dié boeke

FRANSE KUIER Marlene van der Westhuizen se liefde vir Franse kookkuns is geen geheim nie. In haar vierde boek, Geheime van ’n Franse Kookklas (Human en Rousseau, R450), neem sy jou deur die Allier-distrik in Sentraal-Frankryk, waar sy jou leer om kos met respek te maak en met liefde voor te sit. BLIK VOL KOEKIES Min soetgoed is so lekker soos ’n blik vol tuisgemaakte kleinkoekies, en jy kan net raai wat wag in Nettie Cilliers se nuwe boek, 101 kleinkoekies (Lapa, R175) – alles van tradisionele tot moderne meesterstukke. Die resepte is maklik en almal kan saambak. SEISOENKOS Die Britte is so dol oor die BBCkosprogram Saturday Kitchen dat nog ’n kookboek met top-resepte nou saamgestel is. Dié een heet Saturday Kitchen Suppers (Weidenfeld & Nicolson, R455) en is ingedeel volgens die vier seisoene.…

1 min.
5 minute met ... liam tomlin

Vertel ons meer van jou kosfilosofie. Ek gebruik slegs bestanddele in seisoen wat ek so eenvoudig moontlik gaarmaak. Met watter bestanddeel kook jy die graagste? Alle soorte skulpvis, veral kammossels (scallops) Wat is jou beste kosherinnering? Die reuk van die vars sodabrood wat my ma daagliks gebak het, waar dit op die vensterbank afkoel op ’n draadrak. Wat is die vreemdste gereg wat jy al geëet het? Vieruur die oggend by ’n restaurant in Tokio se vismark. Alles op die spyskaart was nog lewend. Op die bord was dit vars, geurig en interessant voorgesit. Tot vandag toe is dit die beste maaltyd wat ek nog gehad het. Jou gunstelingkombuisgereedskap? ’n Japannese mes wat ek present gekry het. Raad vir jong aspirant-sjefs? Kies die veld in die kosbedryf waarin jy wil presteer. Werk hard onder drie of vier goeie sjefs. Weerstaan die…

7 min.
begin by die begin

Spyskaart GENOEG VIR 6 VOORGEREG Gravlax = gepekelde salm Volkoring-jogurtbrood Tuisgemaakte botter HOOFGEREG Oondgedroogde tamaties Tuisgemaakte pasta Tuisgemaakte ricottakaas NAGEREG Tuisgemaakte suurlemoentertjies met tuisgemaakte blaardeeg en tuisgemaakte mascarponekaas Dag voor die ete GRAVLAX Skandinawiese woord vir gepekelde salm. Dit moet in die yskas oornag. SUURLEMOENSMEER Maak jou eie en bepaal self hoe suur dit moet wees. TUISGEMAAKTE RICOTTAKAAS Dit moet ’n rukkie staan om van al die wei ontslae te raak. OONDGEDROOGDE TAMATIES Soveel lekkerder as die klaar gemarineerde tamaties in die winkels. MASCARPONEKAAS Dis romerig en smaak heerlik saam met die suurlemoentertjies. BLAARDEEG Maklik om te maak en baie brosser as die gekoopte soort. Dit pof uitsonderlik goed in die oond. TUISGEMAAKTE BOTTER Jy kan dit ’n paar dae voor die tyd maak om die werklas op die onthaaldag te verlig. Dag van die ete VOLKORINGBROOD Vuurwarm brood, pas uit die oond, met tuisgemaakte botter daarby … hmmmm. Die resep is eenvoudig, want…