ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS February/March 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
kuier, kook & inspirasie

Hier by SARIE en SARIE KOS is middagete ’n lekker sosiale geleentheid... Voor eenuur is ons almal so besig agter ons rekenaars dat daar nie veel gesels word nie. Maar oor een ding praat ek en Pieter Hugo, SARIE KOS se projekbestuurder, elke dag sonder uitsondering – wat gaan ons vir middagete eet, het jy iets van die huis af gebring of moet ons iets gaan koop … Ons eet nie by ons lessenaars nie, maar in ’n vertrek wat ons die chill room noem. Daar gesels ons oor alles en nog wat – en ons kyk wie éét wat. Baie van die redaksielede pak vir hulle middagete in kantoor toe en ek het al heerlike idees gesien. Lucelle Hough, SARIE se digitale redakteur, bring elke dag ’n slaai saam wat sy…

3 min.
jou briewe

Ester leer kook Ek het Ester op ’n bouperseel gekry, agter ’n kruiwa met sement en bakstene. Sy was verniel en maer, met diep lyne op die gesig, maar taai teen wind en weer. Sy kon geen ander werk vind as kruiwa stoot nie, maar dit het sy baie fluks gedoen. Ons het begin gesels en ek het gesê sy moet ’n draai by my kom maak. Sedertdien stryk sy vir my en maak huis skoon. Sy stap nou al drie jaar die pad saam met my. Ons het ’n wonderlike verhouding opgebou en vandag bak sy koek en melktert, en haar familie is baie beïndruk met haar bakvernuf. Sy het koskook ook onder die knie gekry, onder meer met behulp van SARIE KOS se spinasieresep (SARIE KOS Aug/Sept 2014). Om haar te help,…

2 min.
dié inpakgoed

KLEIN KOSBLIK Spesiale silikoonmateriaal maak hierdie moderne kosblik veerlig en plooibaar. Sodra hy leeg is, rol jy hom op sodat hy maklik gebêre kan word, in die kleinste moontlike ruimte. Koop dit aanlyn by www. yuppiechef.com teen R150. Beskikbaar in blou en pers. BRIEFIE IN DIE SAK Laat jou geliefde spesiaal voel met briefies wat jy saam met sy kos vir hom inpak werk toe. Skryf dit op Game se vasplak-papiertjies. Pakkies van 4 is landwyd teen R27 te koop. Game is ‘n borg vir SARIE se 30 Dae van Kos + Dekor (Sien bl. 14.) APPELBIER VIR JOU PIEKNIEKMANDJIE Les jou dors op snikhete somerdae met koue appelbier (cider) van Cluver & Jack uit die Elgin-vallei. Die alkohol is min en die smaak droog, wat dit die perfekte plaasvervanger vir vonkelwyn maak op jou…

1 min.
dié valentynsgoed

IN SEISOEN + RESEP Aarbeie Begin die dag van liefde reg met sjokolade en aarbeie! SJOKOLADE-FONDUE MET VARS AARBEIE GENOEG VIR 2 Sny 200 g aarbeie in dik skywe en ryg aan sosasiestokkies. Breek 100 g 70%-donkersjokolade in ’n mengbak. Verhit 125 ml room tot net voor kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer tot gesmelt en sit dadelik voor saam met die aarbeie. VIR HOM EN HAAR LIEFDE IN ’N POT As jy net so baie van Le Creuset hou soos ons, sal dié hartvormige pot ook jou hart steel – en natuurlik sal die kos wat jy in hom kook, oorloop van liefde. Koop dit landwyd teen R1600 of besoek www.lecreuset. co.za vir meer inligting. LESERSPEILING: SJOKOLADE OF ROSE Ons het op SARIE KOS se Facebook gevra watter een jy vir Valentynsdag verkies. 31% ALBEI 51% ROSE 19% SJOKOLADE BILTONG OP JOU BORD Bederf…

2 min.
dié kosboeke

EET SOOS NEW YORK Die koskultuur in Amerika bestaan uit meer as net burgers en pizza. In Spuntino se tweede kookboek, Comfort Food (New York Style) (Phaidon, R540), neem hy jou op ’n kosreis van tipies New Yorkse troosresepte. Ons gunsteling is die klein lamfrikkadel-burgers op bl. 162. Sit dit voor met yskoue bier en verbeel jou jy is in die middel van dié polsende stad. KOOK GESOND Diabetes is vir baie mense ’n kruis, maar om vir diabete te kook kan self ’n groot uitdaging wees. Daar is hoop, met Hilda Lategan se nuwe kookboek, Suid-Afrikaanse Kookboek vir Diabetes (R220). Al die resepte is lae GI en getoets deur ’n dieetkundige. Kies jou volgende smulgereg uit ’n groot verskeidenheid, van gebak tot hoofgeregte. GOEDVOEL-GEREGTE Die sexy kosgodin Nigella Lawson is terug met ’n nuwe…

2 min.
wyn

jeanritine@gmail.com Skoenlappers op jou tong Babylonstoren, die prag-wynplaas naby die Paarl en Franschhoek, spog met ’n eerste Méthode Cap Classique-vonkelwyn, Sprankel Die landgoed se liefde vir elegante eenvoud is opvallend in die skoenlapper-tema op die bottel. Die etiket is ontwerp deur kunstenaar Peet Pienaar en pronk op ’n geronde Cuvée de Sacresbottel met ’n dun nek. Die bottel word verpak in ’n oranje boks met uitgesnyde skoenlappers. Slegs 4700 bottels Sprankel is te koop teen R495 by die nuwe Babylonstoren-proelokaal, die aanlynwinkel en by die plaas se gewilde restaurante. SEWE OESJARE, EEN WYN Die gewilde wynmaakduo Chris en Andrea Mullineux van Mullineux & Leeu Family Wines in die Swartland, het hul Mullineux Olerasay 1º (primero) uitgereik – Solera-styl wyn waaraan hul reeds sedert 2008 werk. Die resultaat is ‘n heldergoue strooiwyn met heuning-, neute-…