ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS June/July 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

3 min.
kuier, kook & inspirasie

Michélle van Breda redakteur SARIE Kom ek raai. Een van die redes waarom jy dié SARIE KOS gekoop het, is Barbara se sjokoladepoeding op die voorblad … Ja, jy, ek en derduisende ander lesers wat, soos die vroegste beskawings, daarvan oortuig is dat die kakaoboom en sy vrug ’n geskenk van die gode is! Op Twitter onlangs het ek half verveeld deur die dag se kommentaar gewerk, en toe met hartkloppings gaan stilstaan by dié onweerstaanbare hand vol karakters: Wat om te bak dié week – die perfekte sjokoladekoek, mooi, intens, smelt-in-die-mond-lig. Die kenners sê ons liefdesverhouding met sjokolade het duisende jare gelede begin in lande soos Mexiko in Sentraal-Amerika, waar dit bitter en skuimerig saam met speserye gedrink is. Teen die tyd dat dit in die 17de eeu in Europa bekend geraak…

4 min.
jou briewe

Rig jou brief aan SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000, faks dit na 021 408-3099 of e-pos na Sariekos@sarie.com . Oorspronklike briewe, ook e-posbriewe, moet ’n volledige posadres en kontaknommer insluit. Dit mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. Die redakteur behou die reg om briewe te verkort. Boekie maak kosmaak makliker Wat staan ’n ma te doen as die kospryse genadeloos bly styg, die plakkate teen die lamppale weer ’n rentekoersverhoging aankondig, die kosbegroting klaar erger knyp as my skoene en my vier tieners reeds met ontbyttyd uitbundig wil weet: “En wat eet ons vanaand?” Die volstruistegniek wil nie werk nie. (Die volstruis druk mos glo sy kop onder die sand in as die gevaar vir hom te dreigend word.) Dis dieselfde as “leef van dag tot dag”. Dink en…

2 min.
dié kosboeke

KOOK UIT JOU KAS Vir die haastige kokke onder ons het François Ferreira nou goeie nuus: ’n hele boek vol maklike, alledaagse kos wat jy kan kook met bestanddele wat in jou koskas is. Koskas kos (Lapa, R230) help jou met idees vir alles van voorgeregte, hoofgeregte en bykosse tot soetgoed. SOETGOED Dit klink na suikerhemel, gebak wat na karamel, vanielje, sjokolade en ander lekkertes proe. Dit alles en nog meer kry jy in Sam Linsell se nuwe boek Sweet (Struik, R250). In elke hoofstuk is ’n ander bestanddeel of geur uit die soet spens. Die sjokoladewafels met bourbonsous is ’n moet-maak! RACHEL SE KOOKBOEK Uit die pen van een van die sterre op die Britse kostoneel kom die splinternuwe kookboek Rachel Khoo’s Kitchen Notebook (Michael Joseph, R320). Dit lyk soos die bekende dagboek waarmee…

2 min.
wyn

WAT VAN ’N GLASIE GRAPPA? Tradisioneel word skoon Grappa ná ’n maal saam met espresso genuttig, maar die alkoholinhoud van 43% slaan die meeste mense se asem weg! Distilleria Bottega, ’n vooraanstaande Italiaanse wyn-en-spiritusmaatskappy, produseer die regte teenvoeter vir hierdie probleem: ’n romerige, Grappa-gebaseerde likeur met net 17% alkohol. Geniet dit op sy eie of gooi ’n skeutjie in jou koffie. Kies tussen twee ewe lekker opsies: Bottega Gianduia, met sjokolade-en-haselneut-ondertone, of die Bottega Fior di Latte, wat proe na speseryagtige vanielje. Albei is beskikbaar vanaf uitsoek- wyn- en spiritushandelaars teen R209,50 vir ’n 500 ml-bottel. Muskadel voor die kaggel Wanneer die kaggels begin brand, is dit Muskadel-tyd. Hierdie gefortifiseerde dessertwyn word gemaak van muskaatdruiwe, en smaak op sy beste wanneer dit yskoud voorgesit word saam met sterk kase. Orange River Cellars is…

1 min.
langer vars

AVOKADO Sprinkel ’n bietjie suurlemoensap oor ’n halwe avokado en maak dit stewig toe met GLAD Wrap. Plaas in die yskas en dit sal ’n dag lank vars bly. WORTELS Plaas wortels in ’n GLAD Multi-Freshsakkie en bind stewig vas met ’n verseëldraadjie. Plaas in yskaslaai en dit sal 3 weke vars bly. UI Draai ’n halwe ui stewig toe met GLAD Wrap en plaas in die yskas. Dit sal 3 – 4 dae vars bly. SELDERY Seldery kan tot 2 weke vars bly in die yskaslaai as jy dit stewig met ’n draadjie verseël in ’n GLAD Multi-Fresh-sakkie. SUURLEMOEN Bedek daardie halwe suurlemoen wat altyd oorbly, stewig met GLAD Wrap en plaas in die yskas. Dit sal 2 – 3 dae vars bly. VARS GEMMER Jy gebruik altyd net ’n klein stukkie vars gemmer. Plaas die res in ’n GLAD…

2 min.
dié goed

KONFYT OP YS Lus om konfyt te maak, al is dit winter? Kry vir jou ’n sak vol bevrore frambose by jou supermark en maak só: Plaas 500 g bevrore frambose plus 335 g (420 ml) suiker in ’n pot. Bring tot kookpunt oor matige hitte. Roer nou en dan deur. Kook 45 – 60 minute of tot dik konfyt vorm. Bottel en gebruik. Maklik! GROOT KOPPIES Die bekende porseleinkoppies van Le Creuset is nou ook beskikbaar in ’n groter volume van 400 ml elk. Jy kry dit in hul hele reënboog van 7 kleure. Koop dit landwyd by Le Creuset-winkels teen R249 elk. FEES VAN SJOKOLADE Maak seker jy is van 25 – 26 Junie in die Somerset-Wes-omgewing, want daar word ’n hele fees net vir sjokolade gehou. Besoekers kan plaaslike en oorsese sjokolademeesters…