ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS June - July 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
barbara sê

Vir my is winter lang kuiers voor die kaggel saam met my familie en vriende. As ek in die oggend wakker word en dit reën paddas en platannas, trek ek die komberse stywer om my terwyl ek besluit wat ek vanaand gaan kook om warmte in hierdie koue dag te bring. En ek dink byna altyd eerste aan bredies en sop. In SARIE KOS van April/Mei het ek op Robertson gaan kuier, en in hierdie uitgawe is dit Jan-Georg Solms op sy plaas, Halfaampieskraal, in die Overberg. Ek gaan beslis dié winter Jan-Georg se heerlike skaapnek maak – ek het dit nog nooit só geproe nie. Ek eet ook graag kerries in die winter, maar nou het die Mexikaanse gogga my boonop gebyt. Jare gelede het ons ’n naweek by my skoonouers, Fritz…

1 min.
ons kook in afrikaans!

SARIE KOS is ryk in geure en kleure, en die smaaklikste Afrikaanse woorde is op ons tafel. Van hierdie uitgawe af vier ons opnuut ons taal met lekkersêkoswoorde. Ons eerste woord is #appelliefie, daardie blink geel bessie wat nou in seisoen is en jy vars kan eet of in gebak kan gebruik. Die woord is ’n vervorming van die Nederlandse appeltje der liefde. Die Engelse weergawe is Cape gooseberry – die cape verwys na die skurwe manteltjie om die gladde vrug. Gaan ook na Afrikaans.com “My appelliefie, my suikerlyfie, jy is so soet …” Elaine Coetzee, Karoo Eisteddfod…

3 min.
kyk hoe woel ons vriende!

Frankryk het haar nog altyd bekoor, sê Jeanine. “Ek was al twee keer in Parys, maar ek wil graag die Franse platteland besoek vir ’n ouwêreldse eetervaring. Ek kan my maklik laat omkoop met ’n vars baguette en ’n skyf verouderde camembert of ’n karamel-agtige canelé (fyngebak). En ek sou graag soupe à l’oignon (Franse uiesop) wou probeer, êrens in ’n château voor ’n kaggel met ’n glas rooiwyn in die hand. Die restaurant JAN (lees artikel op bl. 54) is vir seker ook op my doenlysie!” Ons begin die spyskaart vir #SARIESondag met Mariska se winter-salmviskoekies. “Die vorige keer toe ek dit gemaak het, het ek die salm met makriel vervang. Dis ’n heerlik anderste smaak.” Haar resep is op bl. 30. Dit was Deidre se taak om Herman se sampioensop…

1 min.
eet italiaans!

As jy lus het vir outentieke Italiaanse kos in ’n eetplek sonder fieterjasies, is Cousins die antwoord. Terwyl ek weglê aan vuurwarm diepvet-gebraaide Italiaanse brood, bekyk ek die aanloklike geregte op die spyskaart. Die tuisgemaakte pasta-dis wat Cousins genoem word, trek my aandag: gaar pasta wat in ’n uitgeholde Grana Padano-parmesaanskil geroer word voor dit in netjiese nessies gedraai word. Die lekkerste van alles is die tagliolini, gemaak van room, sampioene en wyn – ek reken dit gaan moeilik wees om iets anders te kies as ek weer daar gaan eet. Maar die porcini-risotto is ewe perfek, en die smelt-in die-mondaartappel-gnocchi is die beste wat ek nog in die stad geproe het. Ek loer om my rond om te sien wat die mense aan die buurtafel eet: borde vol klassieke…

4 min.
om te weet

SARIE.com wys hoe – in 60 s. Word ’n wenkok met die 1 minuut-video’s wat ons weekliks op SARIE se Facebook-blad laai. Een van ons kosredakteurs wys hoe jy iets lekkers kan maak, soos hierdie gewilde FUDGE-TERT: Breek 350 g donkersjokolade in stukke en plaas saam met 1 x 385 g-blik kondensmelk in ’n groot glasbak. Verhit in mikrogolfoond en roer elke 20 sekondes tot mengsel glad is. As dit lyk of mengsel gaan skif, gooi klein bietjie melk by en meng tot glad. Gooi mengsel in 25 cm-losboompan wat met kleefplastiek of bakpapier uitgevoer is. Laat stol 2 uur in yskas. Haal uit pan en sit voor met 375 g vars bessies. Kook geruisloos Jy sien die kleur deesdae oral – van juwele en klere tot dekor en selfs in die kombuis. Die…

1 min.
warm wyn

GLÜHWEIN 1 x 750 ml-bottel rooiwyn 1 lemoen, in ronde skywe gesny 250 ml heuning (of suiker) 250 ml brandewyn 8 heel naeltjies 3 stokke kaneel (1 vir garnering) 2 steranys-sade Kombineer al die bestanddele in ’n pot en verhit oor matige hitte tot dit begin prut (jy wil nie al die alkohol uitkook nie!). Laat prut minstens 15 minute, maar jy kan dit ure op die stoof laat oor lae hitte. Gooi deur sif en garneer met lemoen en kaneel. WENK Knoop speserye en sitrus toe in 'n moeseliendoek. Dis dan maklik om te verwyder wanneer die wyn gereed is. SARIE KOS-vriend RUDO VAN HEERDEN van Johannesburg ‘Ek maak hierdie maklike resep dubbel aan, want een pot is te min! Ek het nie die kaneelgarnering gebruik nie.’…