ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS October/November 2015

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

3 min.
kuier, kook & inspirasie

Michélle van Breda redakteur SARIE Ek’t ’n ding vir spyskaarte. Wat ’n mooi storie vertel van die kos wat voorgesit word. Niks uitgereks nie. Nie ’n boek waardeur jy moet blaai om ’n keuse te maak nie. Dit neem al die opwinding weg en laat jou net verward, en dan kies jy sommer verkeerd. Die spyskaart-ding het vir my klein-klein begin met Sondagmiddagetes wat ons almal so goed ken. My ma het gekook: lamsboud met aartappels en klein uitjies, soms gebraaide hoender met ’n kruiemengsel, ander kere varkboud met brosspek (crackling) en appel. En altyd rys, altyd blomkool met ’n kaassous en dan soetwortels, skorsies met ’n bietjie botter en fyn groenboontjies met uie en baie peper. En natuurlik ’n slaai en vir seker poeding. Dit was my werk om tafel te dek, en…

3 min.
jou briewe

WARM BORDE, WARM HARTE Gister kuier my verliefde kleinseun by my. Ons gesels heerlik. En oor wat anders as kos, want Lowaldo is ’n vlieënier wat ander lande besoek en van “snaakse” kosse hou. Hy verwonder hom aan my kruie, speserykeuses en my manier van kosgarnering en hy peper my met vrae oor resepte. So lekker om alles te beantwoord en “tips” uit te deel, sodat hy en Spikkie, sy meisie, kan eksperimenteer. Ek dek tafel, plaas die warm kosskottels op die tafel en laastens ons warm borde. Hy frons en vra: “En die warm borde?” En toe onthou ek my moeder se wyse koswoorde: “My kind, sorg dat daar altyd genoeg kos op warm borde op jou tafel is, dit laat jou gasvrye hart bons.” So waar! – Elna Kruger, Klein-Brakrivier Die wenbrief-skrywer, Elna…

2 min.
dié goed

PEUSELPEUSEL Dis ideaal vir die happies vir jou volgende onthaal, hierdie klein koperpotjies van Scanpan. Die potjies sal goed lyk op enige tafel, en jy kan hulle selfs in die oond sit om bv. ’n soufflé te bak. Koop landwyd vanaf R900 – dit sal ’n erfstuk word. OONDDOUGHNUTS Raak gesonder met doughnuts wat jy in die oond bak (sien resep op bl. 48). Koop hierdie pan aanlyn by www.yuppiechef.com teen R265. Hulle pos dit landwyd. 2 IN EEN Sit jou slaai voor in hierdie bottel-in-’nbottel van Consol. Jy pak die slaai in die groot fles en sit die sous in die kleiner flessie wat in die deksel inskroef. Gaste gooi dit self oor hul slaai – nadat hulle hulle verwonder het aan hoe mooi dit lyk. Besoek www.consol.co.za vir meer. KURKDROOG Hierdie afdroogdoeke van Kitchen Craft…

1 min.
dinge kook by sarie kom kuier saam!

IN ONS WÊRELD IS DINGE KREATIEF, KLEURRYK, BESIG EN GEMOEDELIK – INSPIRASIE VAN A TOT Z. Dís wat jy kan verwag wanneer jy in Maart saam met SARIE by die Gallaghar-konferensiesentrum in Midrand kom fees hou! Al ooit gewonder wat inspireer die tydskrif om te doen wat ons doen, of hoe ons kosredakteurs, Barbara en Herman, gedurig met nuwe smake vorendag kom, en hoe ons dekorredakteurs, Anita en Lounette, elke keer verstom met mooi en slim idees? Jy hoef nie meer te wonder nie, want ons gaan jou vertel en sommer wys ook. Jy gaan letterlik voel jy stap deur die bladsye van SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON. Ons kan nie wag om jou te ontvang nie; dit is immers ook jóú wêreld. Tot ons mekaar in die nuwe jaar sien! SPRING…

2 min.
dié kosboeke

ONTWERPERSKOEKE In Charlotte Neuville se nuwe bakboek Stylish Cakes (Harper Collins Publishers, R530) wag daar meer as 60 skouspelagtige ontwerperskoeke. Dit verg bakvernuf, maar selfs al hou jy nie van bak nie, is die foto’s mooi genoeg om net na te kyk. GEEN GLUTEN Vir mense wat met dié lastige proteïensamestelling sukkel, is The Gluten-Free Cookbook (Dorling Kindersley, R400) die antwoord. Dit bevat meer as 200 resepte sonder gluten – van bykosse tot nagereg en nog vele meer. GESONDHEID! Gesond eet hoef nie vervelig te wees nie, soos Ella Woodward wys in haar boek Deliciously Ella (Yellow Kite Books, R440). Sy kook met sade, peule en neute, en gebruik dit in smoothies, groentegeregte en nog baie meer – alles sonder gluten en suiwel. RESTAURANTKOS Andrew Dargue is eienaar/hoofsjef by die Londense restaurant Vanilla Black, wat daarin spesialiseer…

1 min.
teken nou in en spaar!

3 REDES WAAROM jy hierdie kans moet aangryp. Jou SARIE KOS-intekening beteken • Jy weet jy sal nie ’n uitgawe misloop nie • Jy kan kies: jy betaal maandeliks of eenmalig • Dis ’n kans om jouself – of iemand vir wie jy omgee – te bederf TEKEN IN of HERNU BEPALINGS EN VOORWAARDES IS VAN TOEPASSING. DIE AANBOD GELD NET VIR INTEKENING OP DIE GEDRUKTE SARIE KOS EN IS GELDIG TOT 24 NOVEMBER 2015 (NET IN RSA). *GEEN AFSLAG OP POSGELD EN BTW. SKAKEL 0877 401 020 E-POS sariekosinteken@media24.com EN ONS KONTAK JOU SMS SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU (’n tarief van R1 per SMS geld) WWW Besoek SARIE.COM vir gewone en digitale intekening…