ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Food & Wine
SARIE KOS

SARIE KOS October - November 2016

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Quarterly
BUY ISSUE
$4.38(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$14.23(Incl. tax)
4 Issues

in this issue

2 min.
barbara sê

Dis Oktober, die maand waaroor C. Louis Leipoldt so pragtig geskryf het in een van sy bekendste gedigte. Louis wie?, hoor ek die jongmense vra. Dis verstommend hoe min mense deesdae nog weet van hierdie man, sekerlik een van die grootste koskenners wat ons land nog opgelewer het. ’n Oud-redaksielid het juis kom vertel die bibliotekaresse op haar dorp kan sy naam nie eens spel nie! Leipoldt is in 1880 op Worcester gebore. As geneesheer, skrywer, digter en natuurkenner het hy oor die wêreld gereis en wye kennis oor kos opgedoen. Uit sy pen het kosbare boeke soos Kos vir die Kenner, Leipoldt’s Cape Cookery, Polfyntjies vir die Proe en Leipoldt’s Cellar and Kitchen verskyn. Die man was ’n ware koskenner, ’n avontuurlike kok en sy tyd ver vooruit, sê Kokkedoor-wenner Mynhardt…

4 min.
op jou bord dié somer

1 Ramen-noedels As jy van Oosterse geure en ligte geregte hou, sal hierdie Japannese noedels jou geval. Dit word van meel, water en soms eier gemaak en word binne sekondes gaar. Die tekstuur is baie fyn en die smaak neutraal. Dit word altyd voorgesit in ’n kragsop (broth) van vis, groente of vleis. Die sop is sterk gegeur en byna soos ’n geurmiddel vir die noedels. Kyk uit by jou naaste supermark vir die noedels, dis glad nie duur nie. 2 Mengelhappies Die teetafels gaan vir seker kreun onder soetgoed en gebak wat na mengeldrankies ruik en proe, soos die soet smake van aarbei-daiquiri in ’n yskastert of die geur van mojito se lemmetjie en kruisement in koeke. Die internasionale kostydskrif Delicious het vroeër vanjaar reeds ’n gin-&-tonic-tert op die voorblad van sy…

1 min.
somer in ’n glas

POMELO-BLOS ’n Verfrissende skemerdrankie wat jy vinnig kan aanmekaarslaan met die brandewyn in jou kas 1 deel brandewyn 2 dele pomelosap suiker (na smaak) 1 deel sodawater sitrusskywe Kombineer brandewyn, pomelosap en suiker. Roer tot suiker opgelos het. Skink oor ys tot glas driekwart vol is en vul glas met sodawater. Garneer met sitrusskywe. WENK Vir ’n groot groep gaste kan jy vooraf ’n stroop kook (een deel suiker plus een deel water). Skink dan net in elke glas ’n bietjie stroop en voeg die res van die bestanddele by. Dan hoef jy nie die suiker in elke glas te staan en roer nie. MARISKA VENTER van Durbanville As jy van 'n ekstra tikkie soet hou, maak eers die rand van die glas nat en doop dit in suiker voor jy die drankie skink.…

1 min.
oktober & november

Vrugte KYK UIT VIR Appels, avokado’s, appelliefies, kokosneute, piesangs, dadels, pomelo’s, koejawels, suurlemoene, nartjies, nektariens, lemoene, papajas, pere, pynappels, spanspek, appelkose, kersies, pruime, frambose Aarbeie Pleks van suiker kan jy eerder ’n klein bietjie balsemasyn en varsgemaalde swartpeper oor jou aarbeie sprinkel. Dit versterk die geur. Waatlemoen Maak ’n smaaklike vinnige slaai van vars waatlemoenstukke, fetakaas en vars basiliekruid. Groente KYK OOK UIT VIR Aspersies, eiervrug, murpampoentjies, beet, Brusselse spruite, rabarber, krulkool (kale) Mielies Heel mielies kan ’n jaar bevrore bly, die pitte net 3 – 4 maande. Wit mielies se pitte is harder as dié van geel mielies. Rooi-ui Dis baie soeter as wit uie. Ideaal vir slaaie, salsas, gemarineer en gerooster. Onthou, as jy rooiuie braai, sal die kleur ligter en soms ’n dowwe bruin word. Artisjokke Dit smaak die heel lekkerste saam met suurlemoen en knoffelbotter. Jy smul aan elke blaartjie en…

1 min.
soet uit oond

Croissant-poeding Net soos die brood vir broodpoeding kan die croissants ’n dag of wat oud wees. genoeg vir 6 Verhit oond tot 180 °C. Plaas 6 croissants in 6 individuele oondvaste bakkies – of in een groot bak. Maak 3 kepe in elke croissant en skep 90 ml aarbeikonfyt in die kepe. Klits 3 eiers en 500 ml melk saam. Gooi ewe veel van die mengsel in elke bakkie en stip 5 ml botter bo-op elke bakkie. Bak 30 – 35 minute. IN JOU MANDJIE AARBEI-SMEER All Gold se Connoisseur Strawberry Jam – sowat R33 vir 320 g by supermarkte – werk perfek in die poeding. GEBOTTER Praat van goeie gehalte, dis Ladismith se botter, gesout of ongesout. Sowat R36,99 vir 500 g. VARS VAN DIE PLAAS Die hoenders eet graan en hul eiers is altyd vars op die rak…

14 min.
leipoldt in die lente

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, So blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, So blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo. Uit Oktobermaand van C. Louis Leipoldt (1880 – 1947) Hy bly naby die stasie in die dak van ’n groot wit-en-pers gebou. Kom met die trap op tot in my kombuis, sê Mynhardt se SMS, en jy weet sommer iets besonders wag vandag hier in die Paarl by dié vryskut-sjef, kosstilis en bedrywige KWV-wynambassadeur. Met die intrapslag verraai ’n reuse-tafel, vrolik gedek met allerlei blomme in veelkleurige houers en nog kleurryker borde, dat dié spyskaart propvol lente-kos is: forel in Bismarck-marinade, keisersbrood met jong groente,…