EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Women's Lifestyle
SARIE

SARIE

January 2020

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
$4.68(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$45.61(Incl. tax)
12 Issues

IN THIS ISSUE

3 min.
michélle sê...

32-12. Hoef ons meer te sê? Nodig om so ’n bietjie uit te wei? Nie as jy ’n groen-en-goud, rooiwarm, bloubloed Suid-Afrikaner is nie! Behalwe dalk dit: In daardie groot Wêreldbeker-rugbytelling lê opgesluit vir ons land ’n klein juweel van ’n woord: Hoop. Wat ’n geskenk het Siya en die Springbokke nie kort voor Kersfees vir ons gegee nie. Net toe ons aan die einde van 2019 moedeloos-moeg was vir korrupsie, werkloosheid, misdaad (veral teen vroue en kinders), onenigheid, rassisme. Toe hopeloosheid ons begin verswelg en ons nie meer durf droom het nie. En daar kom die Bokke en wys ons is ongeag alles kampioene. Bokafrigter Rassie, Siya en die boys het die Webb Ellis-trofee huis toe gebring en oor vyf dae saam met die nasie feesgevier – Pretoria, Johannesburg, Soweto, Durban, KwaMashu, Oos-Londen, Mdantsane,…

1 min.
ons inspirasie

PERFEK SÁÁM Kombineer die kreatiwiteit van ontwerpers van juweliersware, vroueklere en tekstiele en jy het Plenty. ’n Modereeks wat sê vreugde en oorvloed, maar op ’n volhoubare manier. Skinny laMinx se daktuin was deels die inspirasie. Pescaroorbelle van glas, brons en varswaterpêrels (R1 900), Pichulik. Somerbaadjie (prys op aanvraag), Skinny laMinx. Vir meer: skinnylaminx.com en pichulik.com HY EN KLEI Ronnie van der Walt en klei is pasmaats. Vir die eerste keer in jare kan ons weer kuns geskep deur sy hande geniet – die potte wat hy maak vir vetplante in ’n nuwe rotstuin by Babylonstoren tussen die Paarl en Franschhoek. Vir meer: enquiries@babylonstoren.com KOSBAAR Elke resep is ’n herinnering aan sy ma, Susan Lensing. Haar geskenk aan haar seun – ’n liefde en begrip vir kos en die vriendskappe wat dit smee. Maar dis met die…

3 min.
ons wêreld

WÊRELDKLAS-triomf! Russiese ballet op sy beste en staande ovasies van Londen tot Hongkong. Vir twee weke in April gaan ook Suid-Afrika die balletdansers van die St. Petersburgballetteater in aksie sien in ’n vollengte-produksie van Tsjaikofski se klassieke liefdesverhaal Swanemeer. Hiermee vier die geselskap sy 25ste bestaansjaar. Met prima ballerina Irina Kolesnikova in die hoofrol kan jy dit nie mis nie! * Kaapstad, Kunstekaap (15-19 April), Johannesburg, Teatro by Monte-casino (22-26 April) Kaartjies by Computicket. Vir meer: facebook.com/ stpetersburgballet 1/3 . . . van werknemers het al bedank weens ongelukkigheid oor hul baas, volgens ’n plaaslike peiling deur die aanlyn werkportaal CareerJunction. Die mees “onaanvaarbare gedrag” was base wat hul witbroodjies voortrek (44%) of erkenning vir ander se werk aanvaar (13%), aldus die peiling. ’n Derde van bestuurders het verwag hul werknemers moet sonder vergoeding…

1 min.
het jy en jou geliefde op ’n vreemde manier ontmoet?

Chantal Leighton Ons het mekaar in Londen op ’n rooi bus ontmoet. Het 6 dae na mekaar daar geland. Marna Goosen Ek en my man was penmaats van laerskool en het dit nooit besef tot ons in matriek begin uitgaan het en ek die briefie oopmaak en besef dit was eintlik hy nie! Anica Opperman My ouers het in ’n CNA ontmoet en is hierdie Oktober 36 jaar getroud. Dankie tog vir skryfbehoeftes! Liezl MacLennan Ek is op 46 en my man op 57 albei vir die eerste maal getroud, ons het in 2015 by ’n besigheidsete by die Saxon Hotel ontmoet en het in 2017 “elope” . . . Ek was nog nooit in my lewe gelukkiger nie. Suzanne Potgieter Ek en my man het via Twitter ontmoet waar ons op dieselfde twiet kommentaar gelewer het. Ons is…

6 min.
julle sê ...

HIER WAAR ONS KAN BOU, BEHOORT ONS Op ’n gewone weeksoggend op pad werk toe luister ek Stef Bos en Koos Kombuis se “Avondland” en die trane loop vrylik oor my wange. Vir die 200 kollegas wat pas gehoor het dat hulle nie meer langer nodig is by die werk nie. Vir die ses vriende-van-vriende wat onlangs hul werk verloor het. Die vriendin wat drie maande gelede sak en pak Nieu-Seeland toe is en haastig moes terugvlieg vir haar Ma se begrafnis. Vir die vriend met sy meestersgraad in ingenieurswese wat steeds wag vir ’n foonoproep nadat hy 42 CV’s uitgestuur het. Vir die sekretaresse by die werk wat vroegoggend ’n verhouding oor Skype probeer bou met ’n kleinkind aan die ander kant van die wêreld wat nie haar grappies verstaan…

1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 INTEKENING, HERNUWINGS & NAVRAE HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE…