EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Tuis

Tuis

July 2020

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
Read More
BUY ISSUE
$3.95(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$35.56(Incl. tax)
12 Issues

in this issue

3 min.
hallo

I emand verwys nou eendag na daardie gevoel van “ops” en “afs” wat ’n mens tydens die Covid-19-pandemie ervaar as ’n “coronacoaster” – na aanleiding van rollercoaster, daai wipwaentjie in ’n pretpark. Behalwe dat die realiteit g’n pretpark is nie. Alles behalwe. Maar, soos in ’n wipwaentjie, klou mens maar verbete vas, want jy wil beslis nie uitval nie. En jy troos jouself dat dié op-en-af-rit wel iewers tot stilstand sal kom. Intussen werk baie van ons steeds by die huis – deesdae ’n kokon van veiligheid waarin ons ’n telefoonvergadering kan bywoon so tussen skottelgoed was of onkruid uittrek deur. (Jy moet net nie jou vinger met die snoeiskêr raaksny nie, dit lei jou én jou kollegas se aandag van die gesprek af…) Videovergaderings is natuurlik ’n gans ander saak. Jy moet…

3 min.
ons lesers sê

Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf. WENBRIEF Vrieskas-avonture Saartjie Muller van Pretoria skryf Na aanleiding van Wicus se vrieskas-storie in die Februarie-uitgawe moes ek net myne deel: Dis 1994, ek en my skoolliefde is pas getroud, so arm soos kerkmuise met ja-a-are se studieskuld, en ons woon in ’n ateljeewoonstel in Johannesburg. Ons het ’n Kelvinator-yskas met ’n vrieshokkie so groot soos ’n skoenboks. So kom my wederhelfte een somermiddag in sy noppies met ’n yslike waatlemoen by die huis aan. Die supermark had ’n spesiale aanbieding en hy kon nie die kans…

3 min.
wat’s nuut

SKEP EN INNOVEER WIE Zelda van der Walt WAAR Newcastle, KwaZulu-Natal BESIGHEID Blokk HAAR WERK Wat vir Zelda as ’n stokperdjie begin het, het twee jaar gelede ’n besigheid geword nadat al hoe meer vriende en familie gevra het vir haar handgemaakte houtteëls. “Dié kamma-teëls is versier met ’n verskeidenheid materiale, soos beton en verf, asook oordragmotiewe. Elke teël is met die hand gemaak en het ’n mat afwerking, wat die teëls ’n vintage-gevoel gee,” verduidelik sy. Die ontwerpe verander heeltyd en die versamelings word gereeld bygewerk; jy kan een teël (vanaf R95) koop, of ’n hele paar meng en pas vir ’n besonderse kunswerk. Blokk, wat by kuns- en kunsvlyt-feeste begin handel dryf het, het nou ook ’n aanlynwinkel, wat beteken jy kan dié handgemaakte mooigoed enige plek in Suid-Afrika koop. Sien die hele…

2 min.
slim herwin!

Van meet af ’n Kreatiewe uitstalling van kosbare maatkoppies en -lepels gee tonne sjarme en persoonlikheid aan Manuel en Jenny Cernades se nuwe kombuis in Linden, Johannesburg (sien die hele kombuis op bladsy 40). “Van dié lepels het ek by my oumas geërf, en ander het ek oor meer as 30 jaar bymekaargemaak,” sê Jenny. Sy het die uitstalbord gemaak van ’n deel van ’n ou tafelblad. Elke lepel of koppie hang aan sy eie spyker op sy plek, altyd gereed vir gebruik. Panele in verskillende kleure op die oorspronklike hout maak dit ’n interessante fokuspunt in die andersins monochroom kombuis. Die versameling het nou ’n ereplek tussen twee vensterrame van herwinde Oregondennehout. Vensterrame van Orejen Het jy geweet? Nadine het ons Rookie Stylist- kompetisie in 2019 gewen! Het jy ’n mooi hoekie in…

8 min.
waar kuns en kleur kotiljons

WIE WOON HIER? Mariëtte en Peter Bouwer, en oor naweke hul seun Martin (22) WAAR Bosplasie, Onrus GROOTTE 430m² Aan die oewer van die Onrusrivier digby die see staan ’n leiklipgrys huis gevul met die wondermooiheid wat net baldadige kunssinnigheid kan skep. Hier gaan jy saam met die huismense, die kunstenaar Mariëtte Bouwer en haar man, Peter, op reis – nie net na verre lande en die res van Suid-Afrika waar hulle kleurvolle memento’s versamel het nie, jy loop ook terug na vervloë tye tussen oudhede en erfstukke, heelparty in ’n helder nuwe baadjie. Dis ’n skouspel waarin jy jou met hart en siel kan verlustig. Geen wonder dat Mariëtte sê sy’s ’n dromer nie. “Ek sou graag ’n reisiger van beroep wou wees ...” Maar dan voeg sy gou by: “My huis is vir…

10 min.
heeltyd speeltyd

WIE WOON HIER? Duan Wanty en Reg Hart en hul kat, Harley WAAR Victory Park, Johannesburg GROOTTE Woonstel 60 m² en ’n stoep van 24m² By Duan Wanty en Reg Hart se tuinwoonstel voel jy met die instrapslag tuis, nog voor hulle jou ’n koppie koffie of ’n glas wyn aanbied. Die rede? Jou oog val eerste op die vrolike geel muur naby die voordeur – groot en helder, gelaai met kunswerke, afdrukke, handwerk en aandenkings, ’n fokuspunt wat jou dadelik iets van die gashere vertel. Dié sitkamermuur vorm die kern van hul woonplek, vertel hulle. Dit versinnebeeld wie hulle is en ook hul lewensuitkyk. En die gevoel van déjà vu wat jy ervaar, is nie onbedoeld nie. Daardie kassie of daai lamp, ornament of handwerk … jy’s oortuig jy het dit al iewers in…