ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans

12/3/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
BUY ISSUE
$2.76(Incl. tax)
SUBSCRIBE
$53.85(Incl. tax)
26 Issues

in this issue

1 min.
van lucia

Dit is tans vir my byna onmoontlik om rustig te sit en TV kyk. My dogtertjie dink wanneer die TV aan is, mag sy video's kyk op YouTube Kids en raak baie ongelukkig wanneer Mamma nie haar foon wil gee nie. Wanneer sy saans gaan slaap, is daar skaars tyd om ’n episode van iets saam met my man te kyk voor ek verder moet werk en dan gewoonlik sommer ook aan die slaap raak. Ek dink 2020 het ons almal tot op die been uitgeput! DStv Catch Up en stroomdienste is dus my redding deur die dag wanneer my kleinding by die babawagter of skooltjie is. Dikwels is die TV op een kanaal ge-pause omdat ek letterlik net 10 minute van Legacy (lees meer op ble. 6 en 33)…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag DANS IN JOU TAAL NUWE SEISOEN! Seisoen 5 VIA (*147) 19:00 Episode 1 (realiteit) 2 Desember Sowat 1 700 inskrywngs is vir die reeks ontvang waaruit 230 deelnemers gekies is, wat video’s moes instuur waarop hulle solodanse in verskillende dansstyle doen. Die beoordelaars moet vanaand twee hip-hop-dansers uit 12 kies. • Lees meer op bl. 43. MINKI Seisoen 6 VIA (*147) 19:30 Episode 10 (leefstyl) 9 Desember ’n Stampvol episode waarin gesels word oor kos, velsorgwenke tot raad oor seks en verhoudings. Minki se gas is die bekende hip-hop en kletsrymer Early B. Sy verras hom met een van sy goeie vriende, C-Jay Jansen, wat ’n bekende gospel-musiekster is, Early B. se mentor was en ’n belangrike invloed op sy loopbaan gehad het. Donderdag BOLHUIS Seisoen 2 kykNET (*144) 20:00 Episode 8 (ware misdaad) 3 Desember Wanneer ’n saketransaksie te…

1 min.
agter die skerms

THE THIRD DAY Seisoen 1 M-Net (*101) Maandag 7 November 22:30 Episode 1 (drama) Die verfilming van die ril-minireeks The Third Day (2020) het nie net die akteurs beproef wat met temas soos selfdood, gedagtebeheer en moord moes werk nie – dit het ook die filmspan tot die uiterste getoets, vertel die uitvoerende vervaardiger, Adrian Sturges (skepper en uitvoerende vervaardiger van die 2017-dra-ma-minireeks Fearless). “Getye was een van die probleme. Osea-eiland is klein en met die vasteland verbind deur ’n spoelbrug wat tydens hooggety oorstroom is.” Die eiland is in werklikheid ’n weelderige vakansieoord met 18 huisies. Maar Moeder Natuur het seker gemaak hul verblyf is nie weelderig nie. “Dit was moeilik om volgens die weer te voorspel hoe lank dit gaan duur vir die gety om te styg. Ons het mense van…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer, ná 2020 is ek ’n dier wat deur spertye doodgery is. Ek kyk nou: Die realiteitstalentprogram The Masked Singer, seisoen 2 (2019-nou) op Show-max (slegs dié seisoen was beskikbaar). My mening oor die reeks: Ek het versot geraak vanweë die absurditeit om na geheime sterre te kyk wat liedjies sing in lawwe kostuums. Daar is reëls, maar jy hoef dit eerlikwaar nie te verstaan om te geniet hoe ’n boom en ’n roomys met sang meeding terwyl die beoordelaars (oor verskeie episodes) probeer raai wie dit is nie. Indien jy kettingkyk, kan jy al die twakpraatjies in die episode oorslaan en net die binnekomste en optredes geniet. Maar hou die gemaskerde sangers dop, want die beste kunstenaars gee aan daardie uitrustings karakter: parmantig en vol komedie. My gunsteling-oomblik:…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Daar is ander programme wat jy nie durf misloop nie. Kettingkyk die volgende programme wat sangers in die kollig geplaas het. • Parow To Parowfest Afrikaanse spesiale dokkie, 2020, Showmax vanaf Donderdag 10 Desember. • Song Exploder seisoen 2 musiekdokkie, 2020, Netflix vanaf Dinsdag 15 Desember. • Bruce Springsteen’s Letter To You musiekdokkie, 2020, Apple TV+. • Behind The Story: Cassper Nyovest musiekdokkie, 2017, Showmax. • Francois & Tasché musiekdokkie, 2020, Showmax. • Mariah Carey’s Merriest Christmas verskeidenheidsdokkie, 2015, Netflix. • Dolly Parton Here I Am musiekdokkie, 2019, Netflix. • Dumbest Music Videos seisoen 1 komedie, 2020, Amazon Prime Video.…