ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Promis & Gesellschaft
HuisgenootHuisgenoot

Huisgenoot

29-Aug-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 61.01
51 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time2 Min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

access_time7 Min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK WAS VERLIG TOE MY MA STERF’ Die Britse skrywer Deborah Moggach se openhartige vertelling oor haar ma se pad met demensie het baie lesers se hartsnare geroer Dis ’n verskriklike siekte. Om jou ouer so te sien vermoor jou siel en breek jou. Ek was ook verlig toe my ma se hel eindelik verby was. My moeder, my beste vriendin. ANSIE Dis hel om jou ouer so te sien. My pa ly ook daaraan, en ’n mens kom agter hoe die siekte sy menswees bietjies-bietjies vernietig. Dis ’n bitter moeilike pad. KATRYN Ons is al 16 jaar op dié aaklige pad. My man is bedlêend, met doeke, ’n kateter en maagbuis. Ek versorg hom met al my liefde, maar dis eensaam en stroop jou menswees. LINA My ma het dit ook gehad. Eers moes ons haar…

access_time13 Min.
ek is miché én zephany

DIT is vroegskemer in Kaapstad; teen die pienk sonsondergang vlieg die eerste swaeltjies wat die naderende lente bo Tafelbaai aankondig. Op die promenade by Seepunt, die voetpad teenaan die see, staan sy en kyk om haar rond. “Dis so mooi hier,” sê sy en vra: “Oukei, wat moet ek doen? Waar moet ek staan?” Eers skamerig en toe ál gemakliker poseer sy vir foto’s. Dis die eerste keer dat sy haar mooi gesig vir Huisgenoot se kamera wys. Geduldig glimlag sy terwyl die kamera klik. Op die skerm verskyn die foto’s van die vrou wat die wêreld tot nou toe nie kon sien nie – haar lang bruin hare, die olyfgroen amandelvormige oë en vlekkelose vel. Die afgelope vier jaar is haar storie al hoeveel keer in Huisgenoot vertel; die storie van die…

access_time6 Min.
poppie het my ‘mamma’ genoem

DIS soos ’n riller wat snags keer op keer in haar drome afspeel: ’n Blonde kleuter steek haar handjies na haar uit terwyl trane uit haar rooigehuilde ogies oor haar wange rol. En elke keer – net voor die droom eindig – sê die fyn stemmetjie vir haar: “Mammie, help …” Marlise Els is nie die klein blondekoppie se ma nie; sy is haar ousus. Nou, drie jaar ná die wrede moord op die driejarige Poppie van der Merwe, leef Marlise steeds met die hartseer en selfverwyt saam. “Poppie het my dikwels mamma genoem,” vertel Marlise (18). Haar stem is skor. “Maar ek was nie haar mammie nie. Want as ek was, sou sy dalk nooit soos ’n vuil ondier doodgeskop gewees het nie.” Vir die eerste keer sedert die nuus die land in…

access_time6 Min.
heel ná my miskraam

BYNA al haar drome is bewaarheid; die enigste een wat nie is nie, vul haar nie meer met seer nie. As jong meisie het Cindy Nell-Roberts reeds groot gedroom: “Ek was dol oor modelwerk, en ek het vir mense vertel ek gaan eendag Mej. Suid-Afrika word en baie ryk wees.” Sy wou ’n suksesvolle sakevrou word, en sy het. Sy wou gelukkig getroud wees met ’n man wat sy as haar beste vriend beskou, en sy is. En sy wou ma word, en ook dít is sy. Net een droom het die pragtige donkerkop bly ontwyk: om die lewe te skenk aan ’n kleinsus of-boet vir haar spruite, Ethan en Aenea, en ’n groot gesin van vyf te bou. En toe, sowat drie jaar gelede, kry sy die blye nuus dat nog ’n babatjie…

access_time6 Min.
vrees vir leerders laat my bedank

DIE onderwyser in die video val ná die eerste vuishoue op die vloer neer. Hy probeer met sy arms die houe afweer wat die skoolseun op hom laat neerreën en wend oënskynlik geen poging aan om terug te baklei nie. Die res van die leerders kyk toe hoe hy in sy eie klaskamer aangerand word. In die 49-jarige Richard Prinsloo se kop speel daardie skokkende toneel by die Hoërskool Bergvlam in Mbombela oor en oor af. Want hy is die man wat in daardie video deur ’n skoolseun (toe 17) platgeslaan word. Die man wat nou al langer as ’n jaar saamleef met die bitter wete dat sy vernedering, voor sy eie leerders, herhaaldelik in die sosiale media gedeel en aanskou is. Sy gekneusde ribbes en bloeding in die linkeroog het al…

help