ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad

23-Aug-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 58.66
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou. VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www.landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224…

access_time3 Min.
dié week in die landbou

LANDBOUMAN ONTVANG PROTEAKLEURE Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, het Proteakleure in fietsry en tennis ontvang en gaan Suid-Afrika vandeesmaand verteenwoordig op die wêreldspele vir atlete wat orgaanoorplantings ondergaan het. Hy het in 2014 ’n nier van sy suster, me. Tinks Long van Adelaide in die Oos-Kaap, ontvang nadat hy ’n geruime tyd aan nierversaking gely het. Die spele word vanaf middel Augustus in Newcastle, Brittanje, gehou. Hier is Bradfield en sy vrou, Elmarie. STAATSGROND GEREED VIR OORDRAG Die departement van openbare werke het 100 stukke grond geïdentifiseer vir restitusiedoeleindes en meer as 20 stukke vir behuising, het me. Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê. In ’n poging om grondhervorming te versnel, het die staat vroeër aangedui dat hy grond wat hy…

access_time1 Min.
syfers

368 In Julie vanjaar is daar 368 trekkers in Suid-Afrika verkoop, wat 30% minder is as die 525 wat in Julie 2018 verkoop is. In die eerste sewe maande van vanjaar was die verkope 22% laer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Stroperverkope van 8 eenhede in Julie was 4 minder as die 12 wat in Julie verlede jaar verkoop is. Die afname in verkope word toegeskryf aan onsekerheid op die mark weens politiek, die wisselkoers, finale oesvooruitsigte en kontantvloeiprobleme. — SA Landboumasjinerievereniging R1,7 miljard Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy neem met groot kommer kennis van R1,7 miljard wat aan 37 920 mense oorbetaal is as finansiële vergoeding vir grondeise nadat die meeste nie in grond belang gestel het nie. Die verslag is deur minister Thoko Didiza in die parlement ter tafel…

access_time1 Min.
in ’n blik

HERVESTIG. Die wêreldnatuurlewefonds (WWF) in Suid-Afrika se Black Rhino Range Expansion Project (BRREP) het onlangs ’n groot mylpaal bereik met die hervestiging van sy 200ste swartrenoster en daarmee saam die skep van nog ’n nuwe swartrenosterbevolking. ’n Groep swartrenosters is onlangs per helikopter en padlangs na hul nuwe tuiste, ’n reservaat van 14 000 ha in die Oos-Kaap, geneem. Private grondeienaars, die plaaslike gemeenskap en die provinsiale regering tree as die renosters se beskermhere op. Die BRREP se doel is om swartrenosters te help aanteel. Sedert die projek in 2003 begin het, is 12 nuwe swartrenosterbevolkings begin en 90 swartrenosterkalfies is gebore in die reservate wat by die projek betrokke is.…

access_time1 Min.
die ander sê

Die verbouing van dagga gaan binnekort ’n baie vooruitstrewende bedryf wêreldwyd word, voorspel prof. Mzukisi Qobo van die Witssakeskool en mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz. Hulle wys in ’n meningstuk daarop dat dagga reeds in meer as 50 lande gewettig is, met ander lande wat ook dié voorbeeld gaan volg. Die organisasie Green Fund raam dat die wêreldmark sowat $150 miljard werd is en Barclays voorspel die waarde van die sektor op $272 miljard teen 2028. Qobo en Sihlobo wys daarop dat Lesotho die eerste land in Afrika is wat dagga gewettig het, met ander lande, soos Botswana, Swaziland, Zimbabwe en Uganda, wat ook in die proses is om ’n lisensiestelsel te begin ten einde beleggings te lok. Hulle kritiseer Suid-Afrika se owerhede wat nog voete sleep weens die…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘Die jongste bedreiging van ooskuskoors moet in ’n ernstige lig beskou word. Suid-Afrika het die siekte reeds meer as 65 jaar gelede binne sy grense uitgeroei, en ons is bekommerd oor die risiko wat bewegingsbeheer van buurlande kan inhou.’ MNR. GERHARD SCHUTTE, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie, oor die nuwe bedreiging. Bl. 14 ‘Die regering gaan die moontlikheid ondersoek om gesubsidieerde landbouversekering te ontwikkel vir klein- en kommersiële boere.’ ME. THOKO DIDIZA, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in antwoord op ’n parlementere vraag van me. Thandeka Mbabama, die DA se adjunk-skaduminister vir landbou. Bl. 15 ‘Die ekonomie het die potensiaal om die landbou te onteien vóór die populiste dit kan doen.’ MNR. FRANCOIS WILKEN, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), op dié organisasie se kongres in Bloemfontein. Bl. 17 ‘Dit is ’n skande!’ PROF. ANTHONY TURTON, waterhulpbronbestuurskenner,…

SONDERAUSGABEN

help