ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 22-Mar-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 55.25
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time3 Min.
dié week in die landbou

BIELIEPAMPOENSEISOEN Mnr. Jacob du Plessis van Vyeboom by sy pampoen van 601,8 kg, vanjaar se wenner op die reuse-pampoenfees wat verlede naweek op Heidelberg in die Wes-Kaap gehou is. Dit is weliswaar 11,2 kg ligter as die 613 kg-bielie van mnr. Peet Joubert van Centurion, wat dieselfde naweek op die Walkervillelandbouskou in Gauteng aangeteken is, maar Du Plessis het met sy inskrywing bewys aanhouer wen, want dit was die derde keer dat hy aan die kompetisie deelgeneem het. “My vorige beste was in 2017, toe ek ’n vierde plek met my pampoen van 300 kg behaal het.” Die kompetisie is deur Shoprite en Checkers geborg. KORTGEKNIP Die ad hoc-komitee wat opdrag gekry het om ’n wetswysiging wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, in die Grondwet in te skryf, het nie tyd om sy werk…

access_time1 Min.
syfers

21% Trekkerverkope vir Januarie en Februarie was amper 21% laer as in die ooreenstemmende tydperk in 2018, met 914 eenhede vergeleke met 1 150 verlede jaar. In Januarie is 388 trekkers verkoop, en in Februarie 526. Vanjaar is altesaam nog net 19 stropers verkoop, teenoor 29 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Mnr. Greg Cadman, voorsitter van die SA Landboumasjinerievereniging, sê boere in die meeste gebiede is nie seker oor die onmiddellike vooruitsigte op oeste nie. — SA Landboumasjinerievereniging 33% Die sukkelende suikerprodusent Tongaat Hulett se aandeelprys het op 8 Maart met 33% gedaal ná hy aangekondig het hy sal dalk sy resultate moet herverklaar ná “sekere praktyke” aan die lig gekom het tydens ’n strategiese hersiening van sy bedrywighede. Dit was die derde keer in drie weke dat die maatskappy meer as…

access_time1 Min.
in ’n blik

GEILGROEN AARDE. Die Ottosdal-geenbewerkingsklub se demonstrasiepersele vir verskillende mieliestande en ’n dekgewasmengsel skyn groen, geil en gesond uit die lug, al het dit so min gereën. Mnr. George Steyn, op wie se plaas die persele geplant is, sê hulle het dit eers in Januarie geplant en het tot dusver net 230 mm reën, meestal ligte buie, gekry. Die langtermyngemiddelde reënval op die plaas is 550 mm-600 mm. Die persele lewer merkwaardige resultate, soos dat mielieplantstande van tot 60 000 moontlik is, en saad vir ’n dekgewasmengsel wat mielies, soja, sonneblom, lablab (dolichos), sunhennep, babala, sorghum, radyse, akkerbone en tef insluit, net sowat R500/ha kos. Die groot en klein sade is in verskillende bewerkings geplant. Nadat die dekgewasse bewei is, gaan daar volgende seisoen mielies geplant word.…

access_time1 Min.
die ander sê

DIE bygewerkte konsep van die geïntegreerde hulpbronprogram (GHP) vir 2019, die land se strategiese plan vir kragverbruik in die komende dekades, toon duidelike tekens van politieke beleidsinmenging en die paai van verskeie belangegroepe deur amptenare van die departement van energie. Die energiekenner mnr. Chris Yelland skryf dié konsepdokumente behoort apolitiese, tegniesekonomiese studies te wees. Beleidsbesluite behoort aan Nedlac en politici oorgelaat te word. Die dwingendste en belangrikste vraagstuk, om die kritieke ingrype aan die voorsienings- en vraagkant van elektrisiteit vir die komende vyf jaar te identifiseer, word nie in die bygewerkte 2019-konsep-GHP aangeroer nie. Soos die 2018-konsep-GHP, wat vir openbare kommentaar uitgereik is, is daar geen kosteberamings by enige van die voorspelde elektrisiteitsvoorraad-scenario’s nie. Dus kan nóg Nedlac, nóg die kabinet, of inderwaarheid enigiemand, enige van die scenario’s wat uiteengesit word,…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘Dit is onaanvaarbaar dat boere wat reeds die koste aangegaan het om sonkraginstallasies te bou, en dus reeds die kapitaal en rente moet delg, moet wag vir goedkeuring en terselfdertyd steeds hul volle Eskom-rekening moet betaal.’ MNR. NICOL JANSEN, Agri SA se hoof van handel en ekonomie, oor die gesloer om hernieubare kraginstallasies aan die Eskom-netwerk te koppel. Bl. 22 ‘Ek hoop hierdie is die begin van ’n konstruktiewe verhouding waardeur ons ’n voorbeeld vir ander kan stel.’ MNR. GORDON BROWN, voorsitter van die Tlakgameng-boerevereniging, oor hul samesprekings met hul buurgemeenskappe om plaasbesettings af te weer. Bl. 20 ‘Op die oog af lyk dit asof ons geen Golden Deliciousappels sal uitvoer nie.’ MNR. DANIEL ROSSOUW, voorsitter van die Kooboerevereniging, oor erge haelskade in die Koo- en Montagu-vrugteproduksiestreke. Bl. 23 ‘As ’n Safex-leweringsilo wegval, kan die fisiese…

access_time2 Min.
die goeie nuus

Is dit werklik moontlik om minder insette te gebruik, sonder om opbrengs in te boet? Minder werktuie, minder kunsmis en minder chemikalieë? Dít is sekerlik die belangrikste vraag in die landbou namate kommoditeitspryse aanhou sywaarts beweeg, terwyl ál meer kapitaalintensiewe insette nodig is om opbrengste te handhaaf. Ná die twee herlewingslandboukonferensies wat Landbouweekblad verlede week saam met Graan SA en onderskeidelik die Riemland-studiegroep van Reitz en die Ottosdal-geenbewerkingsklub aangebied het, blyk dit dat dit wat oënskynlik onmoontlik is, tog moontlik is. Van Jason Carter van Suid-Carolina in Amerika tot Danie Slabbert van Reitz en George Steyn van Ottosdal hoor ’n mens wanneer grond se gesondheid herstel, is minder insette nodig om dieselfde opbrengs te kry. Dit gebeur op uiteenlopende soorte grond en met verskillende hoeveelhede reën, maar met dieselfde doel voor oë:…

help