ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 29-Mar-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 59.70
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Produksiebestuurder Gretchen Peiser Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Bibliotekaresse Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels…

access_time3 Min.
dié week in die landbou

UITGELESE WINGERD Die Paarlse wynmakery Nederburg is die vierde agtereenvolgende jaar op Drinks International se gesogte lys van die 50 mees bewonderde wynhandelsmerke ter wêreld. Hy was vanjaar ses plekke laer as verlede jaar, op 47. KWV, nóg ’n bekende wynmaker van die Paarl, is nommer 45 – soos verlede jaar. Dit plaas dié Kaapse kelders in uitgelese geselskap, soos Australië se Penfold en Spanje se Torres, wat onderskeidelik die eerste en tweede plek beklee. Meer as 200 van die wêreld se voorste wynhandelsmerke word vir die lys oorweeg. Om ’n plek daarop te behaal, moet ’n handelsmerk deurlopende of beter gehalte toon, die land van oorsprong weerspieël, reageer op sy teikenmark se behoeftes en smake, en uitstekende bemarking en verpakking hê. Die opname word gedoen met die…

access_time2 Min.
syfers

R9,2 miljoen Die Wes-Kaapse departement van landbou het die afgelope vyf jaar amper R9,2 miljoen uit sy alternatiewe-gewasfonds tot die navorsing van alternatiewe gewasse bygedra. Hy staan ook boere wat dié gewasse verbou, by met marktoegang. Die gewasse sluit in bessies, kersies, neute, granate, olywe en heuningbos. Dié gewasse lewer kleiner opbrengste, maar is arbeidsintensief en benodig minder water as ander. Dié gewasse is ook in groot aanvraag op uitvoermarkte en behaal hoër pryse. — Wes-Kaapse regering R53,85/kg Die gemiddelde prys per kilogram vir hoender wat as braaivleis verkoop word, is in die Oos-Kaap R53,85 – die duurste van ál die provinsies. In KwaZulu-Natal is dit teen R41,82/kg die goedkoopste. Lamsvleis is die duurste in Mpumalanga op gemiddeld R169,37/kg en die goedkoopste in…

access_time1 Min.
in ’n blik

STAAN VAS! Op ’n boeredag word enigiets van ’n miershoop tot ’n trekkermodderskerm ’n podium. As dit in ’n tyd van droogte ’n prop-vol plaasdam is, dan staan die gehoor sommer nóg nader. Mnr. Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery het op die Maluma-simposium van een avokadoproef na die ander vir kwekers en belangstellendes vertel waar en hoe die nuutste navorsing gedoen word om die Malumakultivar in die binnebaan van avokadoproduksie te plaas. Hier vertel hy hoe hy 2 300 bome per hektaar in ’n dubbelry aanplant vir ’n proef met Tutula-opleistelsels. Daar was vanjaar 515 afgevaardigdes op die simposium waarvan 54 internasionale gaste was, 53 was staatsamptenare en 56 opkomende boere. Byna die helfte van die gaste was avokadokwekers wat beteken amper 70% van Suid-Afrika se kwekers was bymekaar…

access_time1 Min.
die ander sê

TALLE mites oor Eskom doen tans die ronde. Een is die risiko van ’n landwye ineenstorting van die netwerk (oftewel ’n blackout). Só ’n risiko bestaan wel, maar die gedwonge vermindering van vraag is ’n manier om dié wanbalans te bestuur. Eskom sal aanhou om 1 000 MW te verminder op ’n metodiese en beheerde manier tot die stelsel in balans is. Dit beteken nie langer onderbrekings nie, maar eerder meer gereelde kragonderbrekings.Daar is ook die aanname dat dinge veel erger sal wees in die winter. Daarmee saam is daar die aanname dat die heeltemal onverwagte krisis weens die verlies aan transmissielyne uit Mosambiek (en daarmee saam die verlies aan 1 100 MW) die nuwe normaal is. Dit is nie die geval nie. Eskom doen die meeste van sy…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘Jy is nie ’n perd omdat jy in ’n stal geslaap het nie.’ MNR. EGON ZUNCKEL, bewaringsboer van KwaZulu-Natal, oor die feit dat dit ’n denkskuif eerder as toerusting is wat van iemand ’n bewaringsboer maak. Bl. 19 ‘Dit reën nie geld nie, maar dit reën darem hoop.’MNR. HEINRICH VICTOR, bedryfsbestuurder van vesel by OVK, oor produksietoestande in die Vrystaat. Bl. 21 ‘In die verlede het onderlinge twis die produksietoestande vir boere en vir voerkrale ondermyn.’MNR. DEWALD OLIVIER, uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, oor pogings tot groter samewerking in die rooivleiswaardeketting. Bl. 20 ‘In die Oos-Kaap word kameras reeds op strategiese plekke langs paaie opgestel en deur ’n private maatskappy gemonitor.’MNR. DOUG STERN, voorsitter van Agri Oos-Kaap, oor stappe om veediefstal in dié provinsie hok te slaan. Bl.…

SONDERAUSGABEN

help