ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 5-Apr-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 59.70
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Produksiebestuurder Gretchen Peiser Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Bibliotekaresse Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO  Artikels en…

access_time3 Min.
dié week in die landbou

ROUXVILLE SE PADBOUERS Nadat ’n deel van die Kalkfonteinpad, die R376 tussen Rouxville en Aliwal-Noord, op 23 Maart in ’n wolkbreuk beskadig is, het boere in die distrik blitsig ingespring om dit te herstel, sonder hulp van die plaaslike owerhede. Teen druktyd is geraam dat R15 miljoen tot R20 miljoen se skade aan private eiendom alleen aangerig is. Volgens mnr. Jacobus Stroebel, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, is tientalle damme, asook paaie, heinings en ander infrastruktuur beskadig. Die wal van een van die distrik se grootste damme, die Grootdam, het gebreek. “Baie van ons kon glad nie op dele van ons plaas kom nie.” OP STRAAT Mnr. Rubben Mohlaloga, voorsitter van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa), is van sy pos onthef nadat hy in Februarie 20 jaar tronkstraf opgelê…

access_time1 Min.
syfers

2,9% Die inflasiekoers van kos en niealkoholiese drankies het in Februarie gedaal van 3% tot 2,9% op ’n jaargrondslag. Prysstygings op ’n maandgrondslag is aangeteken by vrugte (4,5%), brood en grane (1,8%), koue drankies (0,9%), vis (0,6%) en soetgoed (0,6%). Prysdalings is aangeteken by vleis (-1,5%), warm drankies (-0,9%), groente (-0,5%) en olies en vette (-0,1%). Die verbruikersprysindeks was 4,1% in Februarie, teenoor 4% in Januarie. – Statistieke SA 4,4 miljard Die brouer SAB het saam met die Stad Kaapstad en die Stad Tshwane die afgelope jaar ’n verlies van 4,4 miljard liter water voorkom deur opknappingswerk aan plaaslike waterinfrastruktuur. Verlede jaar het die brouer pompstasies by Groenkloof en Kentron in Pretoria help opknap, wat 7,5 miljoen liter water per dag bespaar en die stad minder afhanklik…

access_time1 Min.
in ’n blik

Sewentien teesnyers het onlangs aan die Olyfenboschkraal-landbouvereniging by Clanwilliam se rooibostee-snykompetisie deelgeneem. Hulle het 7 minute gehad om soveel moontlik tee te sny. Hulle het altesaam 670,75 kg gesny, ’n gemiddelde van 39,45 kg per deelneemer. Nege deelnemers het elk meer as 40 kg gesny. Mnr. Adrian Witbooi (24) van die plaas Elandsfontein het byna 9 kg tee per minuut gesny en was die wenner met 62,95 kg tee. Mnr. Rosvel Prima (26) was tweede met 61,95 kg en mnr. Frank Ndovu (27) derde met 58,9 kg. Mnr. Krisjan Mouton, voorsitter van die Olyfenboschkraal-landbouvereniging, sê hulle beoog om die kompetisie volgende jaar na ’n groter gebied uit te brei, en hoop om meer landbouverenigings daarby te betrek.…

access_time1 Min.
die ander sê

DIE jongste vlaag politieke beroepe vir grondhervorming vind byval omdat miljoene swart Suid-Afrikaners grondloos en arm is. Dit maak van die kwessie ’n magtige wapen in die hande van populistiese politici.Die ANC én die EFF stel egter veel meer daarin belang om stemme te werf as om werklik die langdurige rasse-ongelykhede te pak. Die gevolg is dat baie sleutelvrae nie goed ondersoek word nie, en die meeste daarvan raak verlore in die politieke lawaai oor onteiening sonder vergoeding.Dié vrae sluit in hoe grond vir onteiening en herverdeling geidentifiseer behoort te word, wie voordeel moet trek uit grondherverdeling in landelike gebiede en watter instellings dit behoort te laat gebeur.Prof. Michael Aliber, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van Fort Hare, meen herverdeling behoort die talle redes hoekom mense grond wil hê,…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘Dit is waarskynlik ’n groter risiko as wat grondhervorming nou is. ’MNR. JANNIE DE VILLIERS, uitvoerende hoof van Graan SA, oor die stand van somergraanboere se winsgewendheid. Bl. 14 ‘Tog moet besef word dat politiek en die mark maar ewe vuil is.’PROF. JOHANN KIRSTEN, direkteur van die buro vir ekonomiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, oor die ongeregtighede wat in die staat se grondhervormingsprogramme en die private grondmark geskied. Bl. 18 ‘Die hoër prys wat ons in normale jare kan verdien, is nie altyd die risiko werd nie.’MNR. CHARL VAN DER MERWE, uieboer van die Koue-Bokkeveld, oor die uitvoermarkte in die EU en Brittanje. Bl. 19 ‘Hoewel mense vanuit die noorde ons baie help met voer, is dit nie volhoubaar nie.’MNR. PETER KNOESEN, voorsitter van die Steytlerville-boerevereniging, oor hoekom…

SONDERAUSGABEN

help