ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 12-Apr-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 59.70
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Produksiebestuurder Gretchen Peiser Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Bibliotekaresse Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO  Artikels en…

access_time3 Min.
dié week in die landbou

PROEBRIGADE Me. Nadin Pospech, sjef en eienaar van die Top Nosh-sjefskool, was een van die 75 beoordelaars in Agri-Expo se Qualité-suiwelkampioenskapskompetisie. Bykans 900 inskrywings van 70 vervaardigers is ingeskryf. Die Bapsfonteinse boetiekkaasmakery Belnori se bok-en-beesmelkkaas St. Francis of Ashisi is aangewys as Suiwelproduk van die Jaar. Dié kaas word gemaak met die melksuurkoagulasie-metode wat veral in Frankryk bekend is. Daar groei wit, eetbare swamme op die kaas se kors, en plant-as word daarop gesprinkel om te help om die melksuur in die kaas te beheer. Die eienaars van Belnori, me. Rina en mnr. Norman Belcher, spog met talle internasionale pryse vir hul kase. HOOG TYD Ná meer as ’n jaar se gewag het die Suid-Afrikaanse regulatoriese gesag oor gesondheidsprodukte die eerste plaaslike lisensies vir medisinale daggaproduksie goedgekeur,…

access_time2 Min.
syfers

$80 miljoen ’n Hof in San Francisco, Amerika, het skadevergoeding van $80 miljoen (R1,13 miljard) aan die 70-jarige mnr. Edwin Hardeman toegestaan agt dae ná dit beslis het Hardeman se gebruik van die onkruiddoder Roundup het daartoe bygedra dat hy kanker gekry het. Hardeman het jare lank Roundup gebruik om ongewenste plante en onkruid op sy eiendom te vergiftig. Duisende soortgelyke hofaansoeke is tans hangende reg oor Amerika. Bayer, Monsanto se nuwe eienaar, gaan teen die uitspraak appelleer. — USA Today R385 000 Old Mutual het onlangs R385 000 aan die Dare to Care-rampverligtingsveldtog geskenk. Dié hulpfonds is gesamentlik deur die Namibiese Landbou-unie en die Namibiese unie vir opkomende kommersiële boere (NECFU) begin om deur middel van ’n subsidieskema verligting aan boere te verleen. Die land gaan…

access_time1 Min.
in ’n blik

NOODHULP. Mnr. Basie Adams, wat die leisels vashou, en sy vriend, mnr. Klaas Esquire van Van Wyksvlei, neem ’n baal voer huis toe wat deel is van ‘n droogtehulpskenking wat Omnia Kunsmis na Van Wyksvlei in die Noord-Kaap gestuur het. Twintig vragmotors het op 30 Maart die 1 360 km-lange tog van Middelburg, Mpumalanga, na Springbok in die Noord-Kaap aangepak om voer en ander skenkings vir boere in die droogtegeteisterde Namakwaland te bring. Mnr. Carel Opperman, voorsitter van die Broodsnyersplaas-boerevereniging, wat die skenking gekoördineer het, sê hulle het oulandsgrasbale, mielies, mieliesemels en ‘n gebalanseerde voerrantsoen wat hulle verkorrel het, geskenk. “Van die boere het mieliemeel ook geskenk, want dis nie net die diere wat sukkel in die droogte nie.” Ander boere het voer, vragmotors én bestuurders beskikbaar gestel. Omnia…

access_time1 Min.
die ander sê

DAAR is weinig verband tussen die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar en die kwessies waaroor politieke partye mekaar in hul verkiesingsveldtogte aanvat, skryf prof. Steven Friedman, hoogleraar in politiek verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand.Die kernprobleem is ’n swak ekonomie wat nie kan groei teen ’n tempo wat mense se lewenstandaarde behou nie. Dít is die gevolg van diepgewortelde probleme wat dateer uit die land se minderheidsbeheerde verlede en ná 25 jaar van demokrasie bly vasbyt.Al die politieke partye is ten gunste van werkskepping, maar niemand weet hoe nie. Niemand pak die werklikheid dat die werkgeleenthede wat hulle beweer hulle gaan skep, jare gelede uitgewis is en dat dié krisis sal aanhou tot hulle begin praat oor hoe om die honderdduisende mense wat nie formele werk…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘As 1 cm wegwaai, is dit 100 ton. Vog kan ons moontlik terugkry met die volgende reënbui, maar die grond gaan ons nooit weer terugkry nie.’ MNR. PETRUS ROUX, boer van Hoopstad, oor wat vir hom die keerpunt was en hom laat besluit het om met herlewingslandbou te begin. Bl. 36 ‘Baie van die massas gesofistikeerde inligting kos baie geld, maar dra dikwels min tot winsgewendheid by.’MNR. JAN-HENDRIK JOUBERT, Dohne-Merinoboer van Riversdal, praat kaalvuis oor Blup-syfers en die terugkeer na basiese praktyke. Bl. 40 ‘Ons het kolle gehad waar die gesaaides nog goed gelyk het, maar ons kort nou dringend reën.’MNR. NAUDÉ PIENAAR, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, oor die benarde stand van Noordwes se somergraanaanplantings. Bl. 15 ‘Dit is baie goeie nuus en ons is opgewonde daaroor. Die ekstra…

SONDERAUSGABEN

help