ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 19-Apr-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 59.70
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Produksiebestuurder Gretchen Peiser Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Bibliotekaresse Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO…

access_time3 Min.
dié week in die landbou

HET HY KRAGSTUUR? By die onlangse oorhandiging van transportaktes aan lede van die Ebenhaesergrondeisergemeenskap het pres. Cyril Ramaphosa en me. Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, sommer ook van die 50 Case IH-trekkers besigtig wat die werktuigverskaffer Northmec by dié geleentheid gelewer het. Dit is die nuutste bestelling deur die regering in ’n reeks bestellings vir plaastoerusting by Northmec, wat insluit agt JX45T-trekkers van 33 kW, 27 JX95 Straddle-trekkers van 70 kW, en 15 JX100-trekkers van 82 kW. Ramaphosa het in sy toespraak benadruk dat die grond so produktief as moontlik gebruik moet word. WOLWENDING Die hooggeregshof in Lesotho het verlede week die regulasies wat die land se wol- en bokhaarboere verplig om hul vesel aan die staat se aangewese agent te verkoop,…

access_time2 Min.
syfers

R100 miljoen Die belastingbetaler het tot dusver sowat R100 miljoen opgedok vir bouspanne en toerusting wat sedert 2014 na Clanwilliam verskuif is om die wal van dié dam te verhoog, sê mnr. Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Dié projek, wat die besproeiing van ’n bykomende 5 000 ha moontlik sal maak, sou in Mei 2018 voltooi gewees het, maar is onderbreek deur die voormalige minister, me. Nomvula Mokonyane. — Wes-Kaapse regering R143 miljoen Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) eis R143 miljoen van die plaaslike tak van die internasionale tabakreus British American Tobacco (BAT-SA) vir beweerde belastingbedrog en die ontduiking van aksynsbelasting. Volgens ’n brief van die SAID het BAT-SA onregmatig rabatte van die SAID ontvang, maar BAT-SA beweer die SAID…

access_time1 Min.
die ander sê

Beleggersvertroue in mnr. Werner Baumann, uitvoerende hoof van Bayer, is aan die kwyn in die nadraai van dié maatskappy se verkryging van die landboutegnologiemaatskappy Monsanto verlede Junie teen $63 miljard (R889 miljard). Sedertdien het die maatskappy twee hofgedinge in Amerika verloor oor bewerings dat Monsanto se glifosaatproduk RoundUp kanker veroorsaak.Die gevolmagtigde adviseur Glass Lewis & Co bevraagteken Baumann se leierskap, en dring aan op ’n mosie van wantroue in hom en ander bestuurslede op Bayer se jaarvergadering op 26 April. Glass Lewis het die direksie onder meer gekritiseer oor die goedkeuring van ’n verhoging van 28% in Baumann se kontantbonus, tot €1,7 miljoen (R26,7 miljoen) vir 2018.In een aanduiding van aandeelhoueropstand het mnr. Christian Strenger, ’n korporatiewe bestuurskenner, ’n mosie voorgelê wat voorstel dat direksielede nie kwytgeskeld word van…

access_time1 Min.
het jy gehoor?

‘Ons het ’n probleem met brucellose in die Vrystaat, maar dit is geensins so omvangryk vergeleke met die voorkoms daarvan in die noordelike provinsies nie.’ DR. PETRA KITSHOFF, staatsveearts, na aanleiding van ’n verslag van die Openbare Beskermer wat krities was oor die provinsie se hantering van ’n uitbreking by Ventersburg. Bl. 36 ‘Boere wat winterkoring wil aanplant, veral in die Vrystaat, kan wag om later te plant, aangesien nog reën in Mei verwag word.’MNR. JOHAN VAN DEN BERG, klimatoloog by Santam Landbou, oor die reën- en rypvooruitsigte in die Vrystaat en wat dit vir graanboere beteken. Bl. 15 ‘In ’n goeie jaar, met ’n hoë aanbod, sal daar druk op die prys wees.’MNR. MARTIN BERGH, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad, oor lae produsentepryse weens die groot aanbod wat…

access_time3 Min.
’n lang kortpad

Dit is ’n bitter ironie dat dit veel goedkoper vir die Zimbabwiese regering sou gewees het om uit die staanspoor markwaarde vir kommersiële boere se plase te betaal. Om die plase gewelddadig af te vat, was toe bloot die duur opsie. Dit is byna 20 jaar later en dié land se ekonomie is steeds aan flarde. Met sy beste mense elders in die wêreld is die kans op herstel net soveel taaier. Nou is daar sprake dat Zimbabwiese boere minstens vir die verbeterings op hul onteiende plase betaal sal word. Dit is welkome nuus en sal baie van ’n armsalige aftrede red, maar ongelukkig is die werklike skade reeds aangerig. Eerstens is daar die enorme en heel moontlik permanente verlies aan beleggersvertroue, en tweedens is die monetêre waarde van…

SONDERAUSGABEN

help