ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
 / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 25-Oct-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 57.33
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www.landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh…

3 Min.
dié week in die landbou

LIMPOPO SE DROOGTEGEBED Inwoners van Mokopane (Potgietersrus) en die omliggende landbougebiede in Limpopo het die eerste naweek in Oktober op die Hoërskool Piet Potgieter se sportterrein saamgekom om te bid vir reën. Die dorp gaan al maande lank gebuk onder erge watertekorte, en reservoirs verskaf net sekere tye van die dag water. Die nabygeleë Doorndraaidam in die Sterkrivier het op 30 September 10,5% water gehad. Boere op die Springbokvlakte sê dit is die droogste in jare. Mnr. Wayne Knight, ’n beesboer van die omgewing, het van September verlede jaar tot Augustus vanjaar net 329 mm reën gehad, teenoor die langtermyngemiddelde van 568 mm. Leraars van verskeie kerkgroepe en gemeentes het die biddag gelei, en mense van die distrik Mogalakwena het die skool se paviljoen volgesit. DAWID TEEN GOLIATTE Mnr. Nazeer Sonday, ’n boer…

1 Min.
syfers

R147m. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het aangekondig dat R147 miljoen in beginsel goedgekeur is vir droogtehulp in die huidige boekjaar, wat op 31 Maart 2020 eindig. Hy het op Agri-Expo Livestock naby Stellenbosch gesê hy het ook die Wes Kaapse regering versoek om ’n verdere R50 miljoen onmiddellik beskikbaar te stel vir droogtehulp Verder sal die provinsie R100 000 beskikbaar stel vir sielkundige hulp aan boere wat emosioneel ly weens die droogte. – Johan Coetsee €10/ton Duitse ekonome en aktiviste is ontevrede oor die €10/ton (sowat R167/ton) koolstofbelasting op vervoer en gebouverhitting met fossielbrandstof wat vanaf 2021 in dié land ingestel word. Hulle het gehoop dit sal minstens €40/ton(R667/ton) wees, en wys daarop dat die koolstofbelasting vir verhitting met fossielbrandstof in Switserland €90/ton (R1 500/ton) beloop. Die heffing is deel…

1 Min.
in ’n blik

VAN WATTER JERSEYS IS JY? Heidi (3) is een van drie Bulterriërs op die plaas van die Samber-boerdery van mnr. Gabrie en me. Sunell van Eeden by Kruisrivier, Riversdal, in die Wes-Kaap. Sy het onlangs op ’n staptog op die plaas groot belangstelling ontlok by dié spannetjie Jerseyversies. Sunell sê Heidi is ’n uitstekende waghond, maar sy kom bitter goed met die plaasdiere oor die weg. “Sy sal rustig tussen die beeste stap en hulle selfs ’n lek gee.” Die Van Eedens het vroeër ook met Angusse en skape geboer, maar het nou net die melkboerdery. “Ons melk net van aangeplante weidings af, en is gelukkig om genoeg water te hê in die gebied waar ons woon. As dit lekker reën in die berg, kom die rivier mooi af en…

1 Min.
die ander sê

’N PANEEL kundiges onder leiding van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het ’n voorstel aan die minister van omgewingsake voorgelê dat eMalahleni in Mpumalanga, Klerksdorp in Noordwes en Beaufort-Wes in die Wes-Kaap as voorrangliggings vir wind- en sonkragprojekte verklaar word. Dit kan vir ontwikkelaars groot besparings meebring danksy ’n vinniger en eenvoudiger omgewingsgoedkeuringsproses, en dus die koste van hernubare krag verlaag. Dit kom teen die agtergrond van die regering wat gesprekke met onafhanklike kragverskaffers begin het oor maniere om energiekoste te verlaag. Mnr. Gwede Mantashe, minister van mineralehulpbronne en energie, het die sektor verseker hernubare energie sal deurslaggewend bly in Suid-Afrika se toekomstige energie-aanbod binne die geïntegreerde hulpbronplan (IRP), wat verlede week voor die kabinet sou dien. Die voorlegging is deur die departement van omgewingsake aangevra om ontwikkelingsones vir hernubare energie te…

1 Min.
het jy gehoor?

‘Ons is by die heup aan mekaar verbind. Ons het geen keuse as om saam te werk nie.’ ME. THOKO DIDIZA, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, oor hoekom sy kwartaalliks met die landbou wil begin vergader. Bl. 14 ‘ ’n Mens moet besluit of jy ongelukkig of gelukkig gaan wees.’ ME. ANNELI YOUNG, boervrou van die Gamtoosvallei, oor haar gesin se besluit om nie te emigreer nie. Bl. 17 ‘Regerings se ingryping op landboumarkte lei selde tot die situasie wat hulle wil bereik.’ MNR. WANDILE SIHLOBO, ekonoom by Agbiz, oor die Zimbabwiese regering se prysingryping op die mieliemark, wat tekorte vererger het. Bl. 18 ‘Dit is baie moeilik om in dié toestande kalm te bly en nie emosionele besluite te neem nie.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, weerkundige by Santam Landbou, oor moeilike boerderytoestande in…