ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
 / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 1-Nov-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 57.33
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www.landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger…

3 Min.
dié week in die landbou

ALDAM SE JONGSTE KAMPIOEN NÓG Mnr. Derick le Roux (27) van Coligny, die Pick n Pay Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2019, is die jongste teler nóg wat dié titel ingepalm het. Hy het dit ontvang op die onlangse Aldam-veeskool by Ventersburg, wat deur die Lewendehaweregistrerende Federasie, Breed-plan en Landbouweekblad aangebied is. Le Roux en sy familie besit die Xourel Limousin-stoetery en boer ook met graan. Prof. Frikkie Neser, beoordelaar van Bloemfontein wat die finaliste elke jaar besoek, sê dit was een van die beste boerderye wat hy deur die jare besoek het. Die presisie waarmee Le Roux boer, asook sy toewyding en geesdrif, het hom opgeval. WOL STABIEL Op die sewende veiling van die 2019-’20 wolseisoen, op 17 Oktober, het die aanwyser met 0,4% gedaal en teen R169,07 gesluit. Die Australiese…

2 Min.
syfers

2,54 kg ’n Avokado van 2,54 kg is verlede maand deur die Guinness Book of World Records aangeteken as die swaarste wat tot dusver gekweek is. Dit is deur ’n familie in Kailua, Oahu, Hawaii, gekweek, en dit het sowat 10 maande vir die vrug geduur om só groot te word. Die vorige rekord vir die swaarste avokado was 2,49 kg in Januarie 2018 vir ’n vrug wat in Hilo, ook in Hawaii, gekweek is. Mnr. Lo’ihi Pokini, die nuwe rekordhouer, sê sy wen-avokado het genoeg guacamole vir 20 mense gemaak, en hy wil dié rekord verbeter. — CNN 38 588 Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het in die 2018-’19-boekjaar 38 588 kennisgewings van afleggings ontvang, waarvan hy 15 787 poste kon red. Mnr. Cameron Morajane, direkteur van die KVBA,…

1 Min.
in ’n blik

MENINGSVERSKIL. Sit meer as een bul in ’n kampie en dis net ’n kwessie van tyd voor hulle aan mekaar begin stamp. Dié drie Bonsmarabulle van mnr. Gerrit Meyer, eienaar van Meyer Bonsmaras naby Paterson in die Oos-Kaap, was geen uitsondering nie. Meyer boer met Bonsmaras, asook met sitrus naby Addo in die Sondagsriviervallei. Hy is een van vyf lede van die groep Frontier Bonsmaras wat diere lewer wat aangepas is vir siektetoestande soos hartwater, rooiwater en galsiekte wat in die Oos-Kaap voorkom. Die horisontale lyne op die middelrif van die bul heel regs word “happy lines” genoem, en is ’n teken dat die dier en sy hormone in balans met die omgewing is.…

1 Min.
die ander sê

“ BENEWENS ’n paar administratiewe besonderhede, sal ’n Suid-Afrikaanse uitvoerder dieselfde toegang en ervaring met uitvoer na Brittanje hê as wat hy tot dusver gehad het.” Dís hoe mnr. Nick Latta, raadslid vir welvaart by die Britse hoëkommissie in Suid-Afrika, die handelsituasie tussen dié twee lande ná Brexit beskryf het. Hy was ’n spreker op die Africa Ports and Rail Evolution-konferensie in Durban, en het gesê hy wil die gevoel van onsekerheid oor Brexit en daarna verminder. “Ons wil meer handel skep, nie versper nie. Ons wil meer voorspoed in Suid-Afrika en Brittanje skep,” het hy gesê. “Brexit is taamlik gekompliseerd. Ek wil nie probeer voorspel wat (teen 31 Oktober) gaan gebeur nie. As ek ’n goeie antwoord daarop gehad het, sou ek ’n geldeenheidverhandelaar gewees het, nie ’n diplomaat nie,” het hy…

1 Min.
het jy gehoor?

‘Spierwit gaan nie werk nie.’ MNR. PIET POTGIETER van VKB se afdeling vir ontwikkelende landbou oor die rol van bemagtiging in boere se langtermyn-sukses. Bl. 22 ‘Die grondwetlike plig om toegang tot geskikte behuising te voorsien, rus op die staat.’ ME. BERNICE ERASMUS, prokureur vir die wynplaas Oak Valley, oor ’n hofgeding van tydelike werkers oor behuisingstoestande op die plaas. Bl. 20 ‘Nou is nie die tyd om lou te wees nie. Sê vir jouself, ja, daar is probleme, maar ek gaan iets daaromtrent doen!’ MNR. NICK SERFONTEIN van die Sernick-groep, oor hoe boere in die huidige politieke klimaat bemagtiging moet benader. Bl. 19 ‘Een van die groot gevare is dat someraanplantings kan doodwaai weens die uiters droë grondoppervlak en sand.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, weerkundige by Santam Landbou, oor vooruitsigte vir die vroegsomer. Bl. 14 ‘Ek…