ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
 / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 8-Nov-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 57.33
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www.landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies Duan de Beer 079…

3 Min.
dié week in die landbou

DUBBELE VERRASSING Mnr. Robert Jooste van die High Riding-landgoed in Somerset-Wes het onlangs die tweede alpakka-boer in Suid-Afrika geword om ’n alpakka-tweeling op sy plaas te verwelkom — twee ooitjies wat Genevie en Gemma heet. Die ander tweeling, ook ooitjies, is in 2009 gebore. Jooste, wie se seun, mnr. Michael Schutte, die twee in die foto vashou, sê die tweeling se ma, Amalite, het so klein gedra dat hulle aanvanklik nie besef het sy is dragtig nie, wat die twee-ling se koms ’n nóg groter verrassing gemaak het. “Vir die eerste paar dae het sy nie geweet wat om met die tweeling te doen nie! Ons moes hulle met ’n bottel voed. Sy het egter later besef dit is haar babas en nou is sy ’n goeie ma.” Jooste se Vicuna…

1 Min.
syfers

7 600 ha Nagenoeg 7 600 ha kommunale grond rondom die Krugerwildtuin val nou onder bewaringsooreenkomste met Bewaring Suid-Afrika (CSA) nadat twee plaaslike boerderygemeenskappe hulle by CSA se program om die grasvelde in dié omgewing volhoubaar te bestuur, aangesluit het. Voorheen was 78 boere en 3 600 ha betrokke, maar nou is 167 boere betrokke. Die boere onderneem om rotasiebeweiding toe te pas, te help met monitering, om rommel te verminder en diere volgens wet te merk. – CSA 1,73% Landbou-produktiwiteit met bestaande of minder insette moet jaarliks teen 1,73% groei om teen 2050 volhoubaar in voedselbehoeftes wêreldwyd te voorsien. Tans is die groeikoers 1,63%, luidens die 2019-produktiwiteits-verslag oor wêreldlandbou van Virginia Tech. Produktiwiteit groei sterk in China en Suid-Asië, maar verlangsaam in die sleutelgebiede Noord-Amerika, Europa en Latyns-Amerika. Produksie van die wêreld…

1 Min.
in ’n blik

GROEN KRAG. Melkbeeste wei naby die Kouga-windplaas, een van 28 windplase van die departement van energiesake se eerste ronde in sy verkrygingsprogram vir onafhanklike produsente van hernubare energie (REIPPP). Dit het in Maart 2015 in werking getree en verskaf 80 MW aan die kragnetwerk. Die windplaas beslaan 2 948 ha, en die infrastruktuur neem sowat 28 ha in beslag, volgens die windplaas se webwerf. Volgens die regering se jongste geïntegreerde hulpbronplan kan windkrag teen 2030 sowat 18% van Suid-Afrika se krag lewer. Bouwerk het ook onlangs begin aan die Oesterbaai-windplaas, ook in die Kouga-munisipaliteit, wat 140 MW sal lewer.…

1 Min.
die ander sê

DAAR is ’n gebrek aan ’n politieke wil by die parlement om die grondkwessie by te lê, sê die voormalige pres. Kgalema Motlanthe. Hy het op ’n onlangse eiendomsimposium in Sandton in die verslag van die hoëvlakpaneel wat onder sy leiding saamgestel is, gesê ’n “eenvoudige aanbeveling” is gemaak wat binne ’n maand of twee teen geen ekstra koste in werking gestel kan word. Hy sê egter die parlementslede het nie sy verslag gelees nie, en sê oor die algemeen hou parlementslede nie daarvan om te lees nie. Die paneel het aanbeveel ’n wet vir algemene toepassing word opgestel wat riglyne daarstel vir die aankoop en waardasie van grond vir hervormingsdoeleindes. Dié versoek het op dowe ore geval. Hy sê die leiers wat by die opstel van ’n wysiging aan die eiendomsklousule van…

1 Min.
het jy gehoor?

‘Ons bestel saad en beraam ander planne.’ MNR. PIETER GILDENHUYS, koringboer van Heidelberg, oor hoe boere die rampspoedige oestyd benader. Bl. 17 ‘Waar daar altyd ’n klomp bakkies voor die koöperasie gestaan het, is dit nou baie stil.’ MNR. COENIE FOURIE van die Bultfontein-bewusmakingskomitee, oor die uitwerking van opeenvolgende droogtejare op die dorp se ekonomie. Bl. 15 ‘Politici wat voortdurend die doelpale verskuif, beteken ons kan nie vir die toekoms beplan nie.’ MNR. STEFAN CRAMM, voorsitter van die Duitse jongboervereniging, oor die onsekerheid wat met nuwe omgewingswetgewing gepaardgaan. Bl. 22 ‘Die aansluitingskoste beloop R1 miljoen tot R2 miljoen, na gelang van die omvang van die Eskomvereistes vir die aansluiting.’ MNR. CHRIS SCHUTTE, direkteur van Sonfin, oor die koste om ’n mediumvolt-sonkraginstallasie aan die Eskomnetwerk te koppel. Bl. 14 ‘Dink net as verbruikers gaan kies om nie meer melk…