ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
 / Reisen & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad 15-Nov-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 57.33
50 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 www. landbou.com Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0124859361 RudolphBurger…

3 Min.
dié week in die landbou

KAMPIOENBOER Die kaptein van die rugby-wêreldkampioene, Siya Kolisi, se bloed is Springbok-groen én boerdery-groen. Kolisi en sy spanmaat, Pieter-Steph du Toit, die Wêreld-rugbyspeler van die Jaar, het kort voor druktyd bevestig hulle sal vandeesweek die Landbouweekblad-PALS-simposium op Ceres (14 en 15 November) bywoon. Kolisi sal vertel van sy belangstelling in en hart vir die landbou. Kolisi meen die landbou kan ’n belangrike rol speel om Suid-Afrikaanse jong mense hoop op ’n beter toekoms te gee en harmonie tussen mense te bewerkstellig. Hier is hy saam met mnr. Gerrit van Vuuren, prokureur van Ceres en medestigter van die Witzenberg-PALS-inisiatief. ROOIBOS DEEL Die rooibosbedryf het ’n ooreenkoms met die nasionale Khoisanraad en die Suid-Afrikaanse Sanraad gesluit wat dié twee tradisionele gemeenskappe in staat sal stel om voordeel te trek uit die kommersialisering van rooibos. Me.…

1 Min.
syfers

$20 miljoen ’n Besending van 500 trekkers, 200 werktuie en 40 stropers van $20m. (R300m.) het onlangs in Durban geland vanwaar dit na Zimbabwe vervoer sou word. Die toerusting is deel van die eerste besending werktuie wat kragtens ’n ooreenkoms tussen John Deere en die Zimbabwe-regering gesluit is as deel van ’n projek om die landbou te meganiseer. Die ooreenkoms is beklink ná onderhandelinge tussen pres. Emmerson Mnangagwa en mnr. Mark von Pentz , wêreldwye voorsitter van die maatskappy. — Sunday Mail R34,8 miljard Suid-Afrika se uitvoer na Amerika, wat R34,8 miljard werd is, gaan onder hersiening geneem word deur die kantoor van die Amerikaanse handelsverteenwoordiger ná etlike Amerikaanse maatskappye gekla het oor ongunstige implikasies van Suid-Afrika se nuwe kopieregwetgewing op hul intellektuele eiendom. Dit sluit uitvoer onder die wet op groei en…

1 Min.
in ’n blik

TOT NIET. ’n Wegholbrand het op 28 Oktober reuse-skade aangerig op die plaas van die bekende geenbewerkingsboer mnr. Egon Zunckel van Zunckel Farming by Bergville in KwaZulu-Natal. Nagenoeg 500 ton hoendermis en kalk, asook ’n deklaag wat oor 15 jaar op 170 ha graanlande van Zunckel Farming opgebou is, is binne ’n paar uur vernietig ná ’n brand wat in ’n naburige informele nedersetting ontstaan het, oorgespring het tot op hul landerye. Zunckel en sy seuns het vergeefs die brand met skottelploeë probeer keer. Groot skade is ook aan twee spilpunte aangerig “Dit het ons hartseer gelaat en is ’n groot verlies, maar ons beraam planne en is steeds in ’n bevoorregte posisie,” het Zunckel kort ná die brand gesê. Lees meer by bit.ly/34q3pha.…

1 Min.
die ander sê

DIT wek kommer as senior tesouriemense, wat nie juis bekend is dat hulle oordryf nie, openlik oor die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) begin praat. Dit is nie omdat hulle te kenne gee Suid-Afrika loop die gevaar om hom binnekort tot ’n lening van die IMF te wend nie, maar eerder uit frustrasie en die aanvaarding dat niks anders sommige lede van die ANC-alliansie sal oorreed dit is noodsaaklik om ’n middeweg oor beleidskwessies te vind nie. Dit is ’n verleentheid dat die delging van rente die snelgroeiendste staatsuitgawe is, want dit beteken eenvoudig meer geld vir houers van staatseffekte en minder vir skole en hospitale. Gegewe dat daar geen realistiese verwagting is dat die kredietagentskap Moody’s Investment Services – die laaste agentskap wat Suid-Afrika nog nie tot rommelstatus afgegradeer het nie –…

1 Min.
het jy gehoor?

‘ ’n Titelakte is die geskikste middel in die oorgang van armoede tot middelklas.’ MNR. PERRY FELDMAN, bestuurder van Khaya Lam, ’n projek wat titelaktes vir huisbewoners borg. Bl. 26 ‘Verkoop ons ons produk reg aan die verbruiker?’ MNR. JACQUES JORDAAN, uitvoerende hoof van die Inmaakprodusentevereniging (IPV), oor die bemarking van ingemaakte groente en vrugte. Bl. 24 ‘Die reg om water te gebruik (is) bepalend van die waarde van plaasgrond.’ MNR. CASPER LÖTTER, namens die Doornkraalboerderytrust, oor die belangrikheid van waterregte in grondwaarde en ’n boerdery se kredietwaardigheid. Bl. 14 ‘Wees gereed om ’n plan B of plan C in werking te stel vir elke vertakking van jou boerdery.’ MNR. HERMAN DU PREEZ van die plaas Grysfontein, Lichtenburg, oor hoe hy finansiële beplanning benader. Bl. 21 ‘Die polisie voer nie sy regsplig uit nie, probeer deurlopend die skuld…