ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans

2/12/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 39.34
26 Ausgaben

In dieser ausgabe

1 Min.
van lucia

Wanneer iemand my vra watter werk ek doen, sê ek altyd ek werk by ’n tydskrif. Die volgende vraag is watter tipe tydskrif, waarop ek antwoord: "tvplus. Ja, ek kyk TV vir ’n lewe." Dit klink natuurlik soos ’n droomwerk, en glo my, ek kla glad nie! Maar daar is darem ’n klein bietjie meer aan tvplus as om net ure en ure TV te kyk op verskillende platforms en van kanaal na kanaal te spring. Ons onderhandel ure lank met die woordvoerders en hoofde van sepies, programme en kanale oor watter stories ons kan kry, wat ons kan skryf en hoe ons die beste moontlike artikels vir julle kan gee. Om nie te praat van al die kanaalveranderinge waarmee ons probeer kophou nie. Indien daar dus iets anders is…

1 Min.
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Gerda Engelbrecht, Mariette Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur DRUKWERK Novus Print VERSPREIDING On the Dot…

3 Min.
moenie mis nie

Woensdag 12 Februarie SPYSKAART NEEM ’N BLAASKANS! Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:00 Episode 13 (leefstyl) Lindé en Yolani sit Mexikaans geïnspireerde geregte voor en vir nagereg maak Lindé ’n tres leches-koek met ingedampte melk. Donderdag 13 Februarie THE BACHELOR SOUTH AFRICA NUWE SEISOEN BEGIN! Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Episode 1 (realiteit) Op julle merke, gereed, weg! Ons kan regtig nie meer wag om die meisies se strategieë te sien vir die uiters belangrike eerste indruk op Marc Buckner nie. Maar wie kan nou Alex D. geklee in ’n luidierkostuum in The Bachelor US in 2019 oortref? Vrydag 14 Februarie TOKS & TJOPS NUWE SEISOEN BEGIN! Seisoen 7 kykNET (*144) 20:00 Episode 1 (gesels) Die oud-Springbokke Toks van der Linde en Breyton Paulse, die sportkenner Janina Oberholzer en sjef Tommy is terug om die sportseisoen met die kletsprogram af te skop. Sjef Tommy is…

1 Min.
tergende vraag!

Ons het agtergekom daar is ’n toenemende neiging die afgelope ses maande dat ál meer reekse skuif of uit programroosters weggelaat word. Dit het ook gebeur terwyl ons hierdie tydskrif beplan het – drie reekse is weggelaat. Hoekom? Daar is verskeie redes. SABC3 het Billions (2016-nou) in Desember 2019 weggelaat omdat die bande nie betyds opgedaag het nie. “Ons kry digitale afskrifte van episodes wat ons vir uitsending gebruik,” verduidelik die reklame-agent Doulha Domingo, “maar ons kry regte bande as rugsteun ingeval iets met die digitale kopie verkeerd loop. As die regte bande nie opdaag nie, saai ons as ’n voorsorgmaatreël nie die program uit nie.” M-Net City het die fantasiereeks Legacies (2018-nou) twee keer sedert November geskuif omdat hulle net nie plek gehad het nie. “Ons moes dit herskeduleer om…

2 Min.
veep se heel beste

Selina Meyer (Julia Louis-Dreyfus) is ’n vrou met ’n missie in Veep (2012-2019, sien al sewe seisoene op Showmax). Sy is ’n politikus met haar visier op die grootste prys: die Withuis. Alles verloop egter nie altyd volgens plan nie. En Selina maak keer op keer splinternuwe foute nadat sy gerieflikheidsonthalwe haar vorige foute vergeet het. Dit is die waarheid! “Die doel daarvan is om die gordyn weg te trek en die werklikheid agter toe deure te openbaar,” sê Julia. “Die taalgebruik (gevloekery) help ook om die kontras tussen agter die skerms en voor die publiek te skets: voor en agter die kamera.” Daar is net 65 episodes. Dit is kort en wissel van oulik tot verregaande en moet gekyk word. Diegene wat op soek is na ’n bekoorlike romantiese…

4 Min.
quanita adams

Quanita Adams weet hoe om die hartsnare te roer. In die sepie Arendsvlei (2018-nou) is sy die liefdevolle, hawelose vrou Laetitia, en in die dramareeks Sarah Se Geheim (2017-nou) laat sy kykers skaterlag as die bekkige Lizzie. In die regte lewe is sy meer soos Lizzie, sê sy. “Nie so bekkig soos sy nie, maar ek hou van lag,” erken die aktrise. Haar liefde vir toneelspeel en TV kom uit haar kinderjare in die laat 1970’s. “Daar is so baie TV-reekse wat my in daardie tyd gevorm het in die aktrise wat ek vandag is.” Sy vertel meer. Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma saam met jou vriende gespeel het? Daar was baie! Dallas (1978-1991), The Facts Of Life (1979-1988), 227 (1985-1990), The Wonder Years (1988-1993), en Fame (1982-1987)!…