ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Promis & Gesellschaft
TV Plus AfrikaansTV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 7/3/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
ABONNIEREN
CHF 40.02
26 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time1 Min.
van lucia

Dis nooit lekker wanneer ’n sepiekarakter, veral ’n gewilde een, uit ’n reeks geskryf word nie. Dink maar net aan Hendrik Lategan se onlangse skokvertrek uit Isidingo. Gérard Rudolf, die man agter Hendrik, onthul hy was glad nie gelukkig oor hy Horizon Deep moes groet nie (bl. 9). Dis ook nie die laaste sien van hom nie. Gérard maak eersdaags sy terugkeer – in Suidooster. En hy skud sy TVskurkreputasie af en slaan ’n nuwe blaadjie om as die eerbare besigheidskonsultant Pierre. Gepraat van skurke. Dit het omtrent gegons oor die superfeeks Cherel (Michelle Botes) se vlugtige terugkeer na die Deep. En net voor druktyd kom nog skoknuus uit sepieland: Hilda verlaat 7de Laan einde September! Maar voor jy die sneesdoekies nader trek, is daar darem goeie nuus: Annelisa Weiland is…

access_time1 Min.
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho AFRIKAANS-TEKSREDAKTEUR Elize Cornelius SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Lara Atson, Gerda Engelbrecht, Mariëtte Immelman, Tuduetso Mankuroane TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299 / 011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur Kopiereg: tvplus behou alle regte voor – gedeeltelike of algehele reproduksie sonder die redakteur se toestemming is ontoelaatbaar. Let wel wanneer jy aan enige tvplus-kompetisie deelneem,…

access_time2 Min.
hoogdrama

Komedies en aksiereekse is een ding, maar as jy drama en spanning soek, het die stroomdiens Showmax beslis iets wat in jou smaak gaan val – en nog meer. Maar moenie dink daar is net een nuwe program uit die 2010’s wat jou vasgenael voor die kassie gaan hou nie. Showmax het ál 86 episodes van die grootste rampokkerreeks: The Sopranos (1999-2007). As jy dit misgeloop het toe die reeks nie so bekend hier in Suid-Afrika was nie en PVR nog nie bestaan het nie, kry jy nou die kans om te sien hoe die mafiabaas Tony (wyle James Gandolfini) sy gesinslewe, terapiesessies en werk as georganiseerde misdaadbaas balanseer. Ná die marathon-kyksessie, gee hierdie dramareekse ’n kans . . . BILLIONS (SEISOENE 1-4) Geld is die spil waarom als draai vir diegene…

access_time3 Min.
leigh-anne williams

Die aanbieder met die borrelende persoonlikheid kuier weekdae douvoordag in ons sitkamers tussen 06:00 en 09:00 op die ontbytprogram Expresso (2010-nou). “Ek het nooit in ’n miljoen jaar gedink ek sou my droom uitleef en op ’n nasionale platform kan werk en vir ’n lewe gehore met inligting vermaak nie,” sê Leigh-Anne Williams (37). Die Kapenaar is boonop ’n vrou van vele talente: Sy het al haar lyf aktrise gehou in dramareekse soos Montana (2009-2010) en 2010 se sokkerreeks League Of Glory, en was die naaswenner in seisoen 8 van die danskompetisiereeks Strictly Come Dancing South Africa (2006-nou). Trouens, sy is byna net so versot op TV kyk as wat sy is om op die kassie gesig te wys . . . Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma met…

access_time3 Min.
moenie mis nie

Woensdag 3 Julie WILL & GRACE SEISOEN BEGIN! Seisoen 11 M-Net (*101) 19:30 Episode 1 (komedie) David Schwimmer van Friends-faam (1994-2004) en Debra Messing kibbel alte lekker wanneer hul karakters Noah en Grace stry oor alles wat hulle haat van New York – en mekaar. Grace se pel Jack gaan ook deur absurde uiterstes om ’n piesang te eet terwyl sy gesig verlam is. Saterdag 6 Julie BLOOD & TREASURE NUWE REEKS! Seisoen 1 M-Net (*101) 20:00 Episode 1 (aksie) Die stelle van Antony en Cleopatra se grafte is ongelooflik mooi en sal jou asem wegslaan. Aanhangers van avontuurflieks sal dit nie wil misloop nie. • Lees meer op ble. 36 en 37. Sondag 7 Julie DIE BYL Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Episode 11 (aksie) Byl (Waldemar Schultz), ’n speurder wat hom op reeksmoorde toespits, en sy meisie, Nicky (Milan…

access_time1 Min.
tergende vraag!

Hoekom het e.tv The Wild halfpad deur die seisoen na eExtra geskuif? Nie almal van ons het dit nie en nou gaan ons die res van die storie misloop. – ELAINE, E-POS Die skuif is al in Januarie vanjaar beplan toe e.tv The Wild (2011-2013) begin uitsaai het, wat oorspronklik ’n M-Net-produksie was toe dit die eerste keer ons kassies tref. “Daar was ’n halfuurgleuf op eExtra se skedule en The Wild het perfek ingepas,” verduidelik die reklameagent Joe Strydom. The Wild skuif op Maandag 15 Julie om 18:05 na eExtra (*195). “The Wild is deel van ons daaglikse sepieblok, dit het dus sin gemaak om dit oor te skuif, terwyl ons op e.tv ’n nuwe Afrikaans oorgeklankte telenovelle Die Vreemdeling bekendstel – als in dieselfde trant as Gebroke Harte en…

help