ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 7/17/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Biweekly
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 32.50
26 Ausgaben

in dieser ausgabe

1 Min.
van lucia

Hier by tvplus kyk ons sommer baie TV. Noem ’n reeks en die kans is goed dat een van die span al ál die seisoene kaf gedraf het. Sekere reekse maak ’n mens nie net warm onder die kraag nie, dis ook die spulletjie waarom gesprekke draai om die etenstafel en in die kuberruim. Survivor SA: Island of Secrets is een van hulle. Gekonkel, rugstekery . . . hoe meer, hoe beter! Wie sou nou kon dink Nicole, wat lyk of botter nie in haar mond kan smelt nie, sou haar bestie Nathan onder die bus gooi en uitstem – en dit sekondes nadat hy gesê het sy is soos ’n suster vir hom? Ander reekse laat ons gons oor als van die kamerawerk tot waagtoertjies – dink aan die…

2 Min.
moorddossier

Die plaaslike misdaadreeks Die Byl het kykers op die punt van hul stoele gehou toe die eerste seisoen in 2016 ons kassies tref. En die tweede seisoen, wat vanaf Maandag 15 Julie eksklusief en eerste op Showmax beskikbaar is, is geen uitsondering nie. Die hele seisoen is boonop op een slag beskikbaar vir ure se kettingkyk-genot! In die 14 naelbyt-episodes gaan baasspeurder Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) en sy span weer die legkaartstukke aanmekaar sit om reeksmoordenaars vas te trek. Die forensiese sielkundige kapt. Lena Evans (Lika Berning) is terug en dié keer getroud en ’n ma. “Die tweede seisoen is verseker grusamer as die eerste,” laat Lika hoor. “Kolonel Byl word persoonlik uitgedaag wanneer hy ooreenkomste begin raaksien in van die moorde wat die eenheid ondersoek. Met die verloop…

1 Min.
bederfbrokkie

• Jody Abrahams, Lionel Foster van Arendsvlei (2018-nou), is in die eerste episode te sien as kaptein Willem Ruiters wat hand bysit met ’n moordondersoek van ses lede van die Sons of Samson, ’n bende op die Kaapse Vlakte. • Jana Kruger van Swartwater (2014-nou) speel in episode vier Esti Willemse, ’n plat-op-dieaarde ma wat deel is van ’n groep vriende wat op Facebook geteister word – en dan die een na die ander koelbloedig vermoor word. • Marius Weyers, wat nou as Peet de Villiers te sien is in Alles Malan (2019), speel in episode 6 Petrus “Priester” Lotz, die bloeddorstige hoof van een van die grootste misdaadsindikate in die land, wat tot politici se toutjies trek. • Denise Newman, Bridgette October in Suidooster (2015-nou), vertolk in episode 14 kapt. Juan Stuurman…

3 Min.
wayne van rooyen

Die oud-swendelaar Vernon “Stokkies” Jacobs in Scandal! (2005-nou, lees meer op bl. 27) is ’n man met ’n plan – al is dit nie altyd goed nie. In 2018 moes hy juis in ’n rok vlug vir sy lewe van ’n ontstoke bende oor ’n piramideskema. Stokkies konkel alewig in sy kop. En in die regte lewe is Wayne van Rooyen (41), die man agter Stokkies, net so bedrywig . . . maar met sukses. Benewens al die sepiepret maak die akteur, wat al in reekse soos Fluiters (2016-nou) te sien was, ook in September ’n draai op die silwerdoek as Selling Komoetie in die fliekweergawe van Dalene Matthee se boek van 1985, Fiela Se Kind. Wat was die eerste TV-program wat jy en jou vriende kamma-kamma gespeel het? Dit was…

3 Min.
moenie mis nie

Woensdag 17 Julie LETHAL WEAPON Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Episode 2 (aksie) Riggs se reaksie op Palmer se terugkeer bevestig wat ons in sy terapiesessies sien – hy vorder werklik in die treurproses en ’n bietjie vreugde kom terug in sy lewe in hierdie prettige episode. Die feit dat hy steeds ’n roekelose cowboy is wat eers skiet en later vrae vra, is nie regtig ter sake nie. Saterdag 20 Julie MOM NUWE SEISOEN! Seisoen 6 M-Net (*101) 18:00 Episode 1 (komedie) In ’n toneel so reg uit ons nagmerries, laat Christy se professor die hele klas 20 minute lank in stilte na haar staar nadat hy haar gedwing het om te erken sy het nie haar huiswerk gedoen het. • Lees meer op bl. 37. Sondag 21 Julie MODERN FAMILY SEISOEN EINDIG! Seisoen 8 e.tv (*194) 19:30 Episode…

1 Min.
tergende vraag!

Hoekom kan Zolisa Xaluva net omruil tussen The Queen en The Throne as Diamond en Sello, maar Gérard Rudolf (Isidingo se Hendrik) en Annelisa Weiland (7de Laan se Hilda) moet hul sepie verlaat vir nuwes? – ANGELINA, FACEBOOK Drie faktore speel ’n rol. Eerstens kan die span die karakter uitskryf, soos met Gérard. “Dis nie die eerste keer nie en seker ook nie die laaste keer nie,” sê Gérard. “Ek was nie gelukkig dat Hendrik sterf nie, maar dis wat die span gemeen het die beste vir die sepie is.” Tweedens verhuis akteurs, soos Annelisa. 7de Laan word in Johannesburg verfilm, terwyl haar nuwe sepie, Suidooster, in Kaapstad geskiet word, waarheen Annelisa verhuis. En derdens, die Mzansi-sepies (The River, The Queen, The Throne en ander) word soms deur dieselfde maatskappy vervaardig en…