ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 5/21/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Biweekly
Mehr lesen
Angebot: Get 40% OFF with code: DIGITAL40
ABONNIEREN
CHF 32.34
26 Ausgaben

in dieser ausgabe

1 Min.
van lucia

Dit het soos ’n ewigheid gevoel, maar ons is uiteindelik weer op die rak. Ons is oorval met boodskappe van mense wat wou weet hoekom tvplus nie te koop is nie, waar hulle dit kan kry en wanneer dit weer beskikbaar sal wees. Dit gaan my soveel plesier verskaf om weer ’n tvplus in ’n winkel te sien. Maar as jy nuuskierig is oor alles wat jy misgeloop het in die vorige drie uitgawes wat net digitaal uitgegee is, kan jy gerus op Netwerk24 gaan loer. Vir net R99 kan jy al die tydskrifte en koerante in ons stal na hartelus lees. En tvplus is ook daar. Probeer dit en dalk is jy verbaas oor hoe maklik dit is om aanlyn te lees. Al is ons inperking nou tot vlak…

4 Min.
moenie nis nie

Woensdag MAGNUM, P.I. NUWE SEISOEN BEGIN! Seisoen 2 M-Net (*101) 20:00 Episode 1 (aksie) 20 Mei Dit lyk asof die skrywer Robin Masters sy inspirasie by ’n sekere private speurder vir sy jongste roman kry. Terwyl hy in Magnum al skreeuend op ’n motorfiets oor China se Groot Muur ry en dit deel van die boek vorm, het Thomas ander werk wat hom besig hou. • Lees meer op bl. 43. COME DINE WITH ME SOUTH AFRICA NUWE SEISOEN BEGIN! Seisoen 6 BBC LIfestyle (*174) 20:00 Episode 1 (realiteit) 27 Mei Dis tyd om te snuffel en te oordeel, Suid-Afrika. Daar is ’n heerlike sensasie daaraan om – ná al die sosiale afsondering – te sien hoe vreemdelinge mense se huise binnegaan en hul kos eet. Eet, drink en wees vrolik! Donderdag MAAK MY FAMOUS Seisoen 2 kykNET (*144)…

1 Min.
agter die skerms

Ons gee een program in dié uitgawe ’n in-diepte kykie. CASTLE ROCK Seisoen 2 M-Net (*101) 22:00 Episode 2 (sci-fi) Saterdag 23 Mei Kathy Bates het die Oscar gewen as beste aktrise vir haar rol as die psigotiese houtkapper Annie Wilkes in die 1990-fliek van Stephen King se roman Misery. ’n Ietwat jonger weergawe van die karakter word uitgebeeld in Castle Rock (2019-nou), vertolk deur Lizzy Caplan (Virginia in Masters Of Sex, 2013-2016). Annie is ’n verpleegster en enkelma wat van haar verlede probeer wegkom. En te oordeel na die seisoen se eerste episode, kan sy ’n skep roomys in iemand se keel afdruk sonder om ’n oog te knip. Hoe het Lizzy by haar weergawe van Annie, met haar vreemde platvoet gewaggel, uitgekom? “Ek is nie lank of fisiek imposant nie, ek moes…

1 Min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 Min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer op soek na assosieerbare inhoud. Hou van: Sci-fi waarin ongewone verskynsels karakters regstreeks beïnvloed en hul besluite en gedrag bepaal. Hou nie van: Kletsreekse waarin ’n paneel “vriende” hul menings debatteer deur mekaar dood te praat nie. (Snap, Ipeleng!) Ek kyk nou: The Iliza Shlesinger Sketch Show (2020) seisoen 1 op Netflix. My mening oor die reeks: Elke televisie-genre word in dié sketse so briljant geskep en verskerp, van die beligting en kleredrag tot musiekwenke en die styl van aanbieding, dat dit onmiddellik herkenbaar is. Nie almal is treffend nie, maar ek het dié wat nie my lagspiere geprikkel het nie, net oorgeslaan. My gunsteling-oomblik: In episode 5 is vriende gaande oor “trefferreekse” op TV, maar erken kykers moet deur ’n paar swak episodes worstel, want nie alles is só…

1 Min.
kyk ook

Daar is talle nuwe bekendstellings op stroomplatforms asook programme wat net aanlyn uitgesaai word. • NOS4A2 seisoen 1, sci-fi, 2019, Amazon Prime. • Trying seisoen 1, komedie, 2020, Apple TV+. • Snowpiercer seisoen 1, sci-fi, 2020, Netflix (kettingkykdatum in Mei moet nog bevestig word). • My Bubble Tea seisoen 1, romantiese fantasie (Thai met Engelse onderskrifte), VIU (kettingkykdatum in Mei moet nog bevestig word). • Dillan Oliphant – Good Kid, MAAD Witty spesiale komedieprogram, 2018, Showmax vanaf Do. 21 Mei. • History 101 seisoen 1, dokkie, 2020, Netflix, kettingkyk vanaf Vr. 22 Mei. • On Becoming A God In Central Florida, komedie, seisoen 1, 2019, DStv Catch Up, kyk vanaf Ma. 25 Mei. • Sweet Magnolias seisoen 1, romantiese drama, 2020, Netflix, kettingkyk vanaf Vr. 29 Mei.…