ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 7/16/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Biweekly
Mehr lesen
ABONNIEREN
CHF 32.34
26 Ausgaben

in dieser ausgabe

1 Min.
van lucia

Sjoe, die Kwarantyn-storie het omtrent kykers ontstel. Indien jy dit misgeloop het: Een van die deelnemers aan die loerbroer-tipe-reeks, Kwarantyn (lees meer op bl. 17), is uit die reeks geskors nadat sy ’n onaanvaarbare woord gebruik het. kykNET het haar uit die huis verwyder, wat tot gemengde reaksie gelei het. Sommige kykers het kykNET geprys vir sy daadwerklike optrede, terwyl ander gesê het hulle gaan kykNET begin boikot, want dit was nie so erg nie. By tvplus raak ons nie maklik by sulke debatte betrokke nie – ons gee bloot die feite weer en skryf oor heerlike TV-stories (al mis ek soms my tyd by koerante en die skryf van meningstukke). My belangstelling in die program, moet ek erken, het bietjie getaan. Maar nie weens die voorval nie; daar is net…

4 Min.
moenie mis nie

Woensdag DOUBLE SHOT OF LOVE WITH DJ PAULY D AND VINNY NUWE SEISOEN! Seisoen 2 MTV (*130) 21:30 (realiteit) 15 Julie Nadat Maria en Nikki in seisoen 1 se laaste episode verwerp is, het Jersey Shore (2009-2012) se Pauly D en Vinny hulle na Vegas teruggenooi. Dapper en ongemaklik! In dié seisoen word die liefde ter wille van vriendskap opsy geskuif. THE SINNER NUWE SEISOEN Seisoen 3 M-Net (*101) 22:00 Episode 1 (aksie) 22 Julie Die manier waarop dié antologiereeks iets wat soos ’n gewone dronkbestuurongeluk lyk, in ’n misterie omskep, is boeiend. Jamie se optrede by die ongelukstoneel sal jou laat wonder wat hy en Nick alles op skool aangevang het. • Lees meer op ble. 5 en 55. Donderdag LIEFDE SONDER GRENSE NUWE SEISOEN! Seisoen 2 kykNET (*144) 20:30 Episode 1 (geselsprogram) 16 Julie Die seisoen begin met Stanley en Vanessa wat…

1 Min.
agter die skerms

THE SINNER Seisoen 3 op M-Net (*101) vanaf Woensdag 22 Julie om 22:00 Episode 1 (aksie) Indien jy van Chris Messina as dr. Danny in The Mindy Project (2012-2017) gehou het, moet jy dalk nie na The Sinner (2017-nou) se bloederige ongelukstoneel kyk nie. In dié toneel sterf sy karakter, Nick, stadig terwyl hy halflyf deur die windskerm hang, en sy vriend Jamie (Matt Bomer, Neal in White Collar, 2009-2014) hulpeloos toekyk. Chris het die toneel onverwags uitdagend gevind. “Ons was in die motor met een regisseur, en dan om middernag of 01:00 in die oggend, besmeer met grimering terwyl ek uithang, het ’n nuwe regisseur gekom en ’n ander deel van die toneel, wat in ’n ander episode is, geregisseer. Ek het dit nog nooit ervaar nie, ons was in die middel…

1 Min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 Min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer, grotvrou. Ek kyk nou: RuPaul’s Drag Race All Stars (2012-nou), seisoen 5, op Netflix. My mening oor die reeks: Die sappige drama van realiteits-TV se veeleisende talentprogram, maak die marteling om ’n week tussen die nuwe episodes te wag die moeite werd. Die beste fopdoskoninginne van RuPaul’s Drag Race (2009-nou) van al die seisoene is in All Stars bymekaar om te spog hoe hulle hul optredes verfyn en verbeter het. Ek hou van hul humor en kuns, maar een van my gunstelinggoed van die All Stars is dat die koninginne van aansien met ontwerpers, soos Florence D’Lee en Patrick Isorena, saamwerk om asemrowende optredes en loopplankuitrustings te skep. So baie Instagram-rekeninge om te volg! My gunsteling-oomblik: Die vrees, genot en afwagting op die gesig van die wenners terwyl…

1 Min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie, maar ook na programme soos dié tekenprente vir volwassenes wat jy in Julie kan kettingkyk. • Mr Pickles S1-3 komedie, 2014-2018, Showmax. Mr Pickles, ’n bose hond, verdedig sy geliefde eienaar. • South Park S19-23 komedie, 2015-2019, Showmax. ’n Vuilbek kindanargis maak amok. • Undone S1 sci-fi, 2019, Amazon Prime. ’n Vrou reis deur tyd in dié reeks wat die realiteit verdraai. • Banana Fish S1 aksie-anime, 2018, Amazon Prime. ’n Bendeleier beskerm ’n onskuldige joernalis. • Pets, Robots & Melons S1 2019, sci-fi, Amazon Prime. Robotte, spanspekke in die ruimte, verliefde skeerbekmuise en baie meer! • Bojack Horseman S1-6 dramedie, 2014-2010, Netflix. Geestesiektes word verken met behulp van mensagtige diere in Hollywood.…