DÉCOUVRIRBIBLIOTHÈQUE
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Presse Feminine
Sarie WoonSarie Woon

Sarie Woon

2018

Sarie Woon fokus op stemming en mooi oomblikke. Dit bring die beste in dekor (plaaslik en internasionaal) en slim handwerk en doen-dit-self bymekaar, en vang só ‘n ware SA leestyl vas. Dit kos dikwels net ‘n eenvoudige idee om ‘n huis te verander in ‘n liefdevolle tuiste. Kyk hoe sulke sleutel-idees oorloop op elke bladsy en floreer in die huise van gewone Suid-Afrikaners wat buitengewoon kreatief en innoverend is.

Pays:
South Africa
Langue:
English
Éditeur:
Media 24 Ltd
Lire pluskeyboard_arrow_down

DANS CE NUMÉRO

access_time1 min.
michélle sê …

En hier is dit, ons 10de SARIE Woon! Dat dié SARIE-tydskrif diep in die harte van baie lesers (en adverteerders) gekruip het, is altemit. Vandat ons die aparte tydskrif begin het einde 2009, juis omdat ons besef het ons lesers soek méér dekorinspirasie as wat ons hulle in die maandelikse SARIE kan bied, word elke jaar se SARIE Woon landwyd met afwagting ontvang. Van die begin af het ons geweet, dié tydskrif sal anders wees. ’n Kombinasie van internasionale trends en Suid-Afrikaners se eie huisstyle. Die beste winkelgoed gemeng met die mooiste woninggoed. So het ons getoer, van Paternoster aan die Weskus tot doer in Pretoria. Al met die stofpaaie van Roete 62 wat raak-raak aan die Klein-Karoo, en toe weer kuslangs met die Tuinroete. Elke keer die eiesoortige styl van huise…

access_time2 min.
die pienk revolusie

PIENK STEEL ONS HART Dink aan die kleurbenamings: babapienk, roospienk, skulppienk. Dit alles roep gedagtes op van skoonheid en geborgenheid. Dit is ook die kleur wat grense laat vervaag tussen geslagte. Wat is nou mooier as ’n man in ’n sagpienk hemp? 1 PLAK 'N FOKUSMUUR Rooi-en-pienk is ’n treffende duo. Vir so ’n stoel sal jy ongeveer 2 m materiaal benodig, maar die held in hierdie vertrek is die fokusmuur met Eijffinger se Pip paneelplakpapier (186 cm breed x 280 cm hoog) wat lyk asof dit geborduur is. Dit word in Suid-Afrika eksklusief deur Dreamweaver Studios versprei (dreamweaverstudio.co.za). 2 ’N TIKKIE PIENK Antieke geborduurde tapisseriepanele is gebruik om ’n los oortreksel vir ’n vierkantige ottoman te maak. Omdat die panele te klein was, is dit op linne vasgestik om die regte grootte te verkry.…

access_time5 min.
paarl stad met die hart van ’n dorp

Die pêrel van die Kaapse wynlande, sê brosjures. ’n Raak beskrywing! Paarlberg loer oor die mooi strate, historiese en moderne geboue, reusagtige akkerbome en vele wynplase. Met inwoners wat nuwe dinge dink en doen, maar trots is op hulerfenis Anders as met baie ander dorpe wat om ’n dorpsplein ontstaan het, het die Paarl – 331 jaar jonk – so stuksgewys langs sy hoofstraat ontwikkel. Waar nie gebou is nie, het lappies wingerd agtergebly, wat vandag deel van die dorp se bekoring is. Stadstatus (sekondêr) is in 2017 toegestaan, maar almal praat van dorp. Hoe kan jy nou anders met so ’n landelike gevoel en as jy kort-kort ’n eekhoring teen die stam van ’n akkerboom sien opskarrel. Die historiese geboue in Hoofstraat en elders vertel nie net van die verlede nie, maar…

access_time1 min.
dis my plek!

Janet Malan, ma van Dawid Malan wat vanjaar vir Engeland krieket gespeel het, het in Londen grootgeword, met ’n Suid-Afrikaner getrou en, ná ’n tyd in Verwoerdburg, Paarl toe getrek. “Die mense is vriendelik en ek voel veilig. Jy kan met jou hond gaan stap en die berg op ons drumpel is net wonderlik. Ons gaan dikwels daar rondloop”. Die Humans, sien hul huis op bl. 62, het “agter die goeie skole aan” Paarl toe getrek, vertel Ronel. Hulle het al in Pretoria, Simonstad, Durbanville en Milnerton gewoon. Sy hou van die karakter van die dorp, die mense en die feit dat als wat hulle benodig hier is. “Dis ook naby genoeg aan Kaapstad” as sy vir werk soontoe moet gaan. Mari Hudson, ’n joernalis wat onder meer ’n mediese program op…

access_time2 min.
nog besoekplekke

AFRIKAANS Die Taalmuseum op die dorp, met onder meer ook ’n multimedia-uitstalling en die Taalmonument op die berg, is bekende bakens. Somertyd kan jy van Oktober tot Maart met volmaan by die Taalmonument piekniek hou. Bestel eetgoed by die Volksmond-koffiewinkel (021 863 2800) of pak jou eie in. Die uitsig hiervandaan laat almal fone of kameras uitpluk. ARBORETUM ▪ Die boomtuin langs die Bergrivier, wat deur die dorp vloei, bevat bome van Europa, Afrika, Suid-Amerika, Asië, Noord-Amerika en Australië. Saterdae draf en stap ’n horde mense en vierpotiges deur die arboretum – almal Parkrunentoesiaste. www.parkrun.co.za/paarl SPICE ROUTE ▪ Aan die voet van die Paarlberg, Suid-Agter-Paarl se kant, kan jy nie net wyn proe (en koop) nie, maar ook jenewer, sjokolade, bier en selfs roomys, met ’n keuse van eetplekke. En vir diegene met rooimiere, is…

access_time1 min.
vinnige feite

▪ Interskole tussen die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) en Paarl Gimnasium, en tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr, is groot gebeurtenisse. Oudleerlinge van oral in die wêreld ruk op Paarl toe vir dié kragmetings op die rugbyveld, wat albei op TV uitgesaai word. ▪ Vanjaar se Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, is ’n Paarliet. So ook Carli Coetzee, wat vanjaar gekroon is as Miss Magnificent Woman Icon International, ’n prys wat nie net op skoonheid fokus nie, maar ook op gemeenskapsdiens. Carli is betrokke by etlike liefdadigheidsprojekte en het haar prys in Moembai ontvang. ▪ Verblyf is volop, van gastehuise en bed-en-ontbytplekke tot die Grande Roche-hotel met sy spogrestaurant. Jy kan die inligtingsentrum (sien onder) kontak of ook airbnb google. ▪ Die ATKV-Rieldans-kompetisie word in Desember by die amfiteater naby die Taalmonument…

help