ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
Huisgenoot

Huisgenoot

27-Feb-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
1,46 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
56,57 €(Inkl. MwSt.)
51 Ausgaben

In dieser ausgabe

2 Min.
huisgenoot

REDAKSIE REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe, Jody-Lynn Taylor VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay de Freitas SINDIKASIE Jennifer…

7 Min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 NUWE AANBIEDER VAN ‘BOER SOEK ’N VROU’ Die voormalige Mej. SA-finalis Marciel Hopkins is die program se nuwe aanbieder. En dit val baie lesers by dat sy die eerste donkerkop in dié rol sal wees Gaan kyk na haar bekendstellings-video. Sy is mooi en het ’n oulike persoonlikheid. Ek het dadelik van haar gehou. Geniet die reis saam met die boere. MAGDA Is die program nou regtig besig om teen blonde mense te diskrimineer? Die vervaardigers moet pasop dat die blondines hulle hof toe sleep. CHANTAL Almal het nou iets te sê. Sy’s onbekend, maar wat daarvan? Solank sy dit goed aanbied, gee ek nie om of sy blond is of nie. Ek wens haar net die beste toe. LEON Dis gaaf dat die vervaardigers die net wyer gegooi het. Dis ’n totaal nuwe persoonlikheid en gesig.…

10 Min.
geregtigheid, maar die seer bly

HY IS brandmaer waar hy in die beskuldigdebank met sy rug na die regter toe staan. Hy’t pas die woorde gehoor wat sy naastes al maande lank vrees, maar oor sy gesig flits geen sweempie emosie nie. Kiertsregop staan hy met sy hande in sy broeksakke en wag sy ma in wat vorentoe hardloop om hom te omhels. Sy druk haar enigste kind styf teen haar vas. En dan is dit hý wat gerusstellend met die snikkende vrou praat terwyl hy haar hande styf tussen syne vashou. Hier in die snikhete hofgebou in Mmabatho in Noordwes het die skokkende Stella-moordsaak pas ’n dramatiese einde bereik. Met die eentonige ge-druis van ’n enkele waaier as klankbaan het regter Ronald Hendricks saaklik sy bevinding uitgelees: Xander Bylsma (20) is skuldig op twee aanklagte van…

6 Min.
verwoes deur stoute video

DIS net ná sononder op ’n Vrydagaand, en Sandton, die hart van Johannesburg se korporatiewe mag en weelde, is ’n gewoel. Die gedreun van die spitsverkeer breek soos branders teen die kranse van glas en beton. In die vele kuierplekke trek bankiers en prokureurs hul dasse losser en koop skemerkelkies, terwyl ander hul spykerhakskoene uitskop. Nog ’n harde werkweek is verby en dis partytjietyd … Maar in ’n gebou in Katherinestraat is twee kollegas salig onbewus van die geroesemoes buite in die helder verligte strate. Hulle bly laat op kantoor vanaand – maar nie om ’n dringende kontrak of groot saketransaksie af te handel nie. Want die rooiwarm tonele wat in die kantoor afspeel, sou selfs die akteurs in Fifty Shades of Grey laat bloos. Nie eens húlle het dit op…

6 Min.
skoot op skoot in die moot

EENMAAL, nie so lank gelede nie, was Môregloed net so ’n rustige, vreedsame buurt soos wat die naam beloof. Maar dit was voor ’n naamlose skieter losgetrek en die gekletter van glas wat aan skerwe spat, die gedawer van ysterballetjies op sinkdakke en die gille van verskrikte inwoners die stilte wreed kom versteur het. “Ons noem hom die skieter van Môregloed – ’n ongure karakter wat op ongereelde tye ’n kettie gebruik om ysterballetjies op die huise te laat neerreën. Dan sneuwel glasruite, potplanthouers en sinkdakke. Die arme honde hardloop verwilderd die strate in,” sê André le Roux, ’n pastoor van dié boomryke buurt in die Pretoriase Moot. Dié kwajong se streke sorg vir sonde met die bure op sy ergste – behalwe dat niemand weet wie die sondige buurman is nie. Net…

11 Min.
’n derde woelwater

SY MAAK haar gereed vir ’n lieflike chaos, want met drie woelige seuntjies in een huis kan dit mos nie anders nie. “Ek het altyd ’n prentjie van vier seuns in my kop gehad,” vertel Riana Nel, en die donkerkopsangeres straal van afwagting. “Ek het om die een of ander rede gedink dit sal lekker wees om deur soveel manne omring te word.” Die kleinding in haar groeiende babamagie is nóg ’n seun, haar derde, deel sy die groot nuus eksklusief met Huisgenoot. Riana (38) en haar man, Cornel de Beer (36), is reeds die trotse ouers van twee woelwaters, Tristian (4) en Sebastian (2). En hul kleinboet sal na verwagting in Maart sy opwagting maak. “Ek dink ek het nou my vier seuntjies,” sê Riana. Dan lig sy vir die eerste keer die…