ZINIO logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
Huisgenoot

Huisgenoot Huisgenoot: Het jy Geweet? 2018

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Weekly
AUSGABE KAUFEN
1,42 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
55,41 €(Inkl. MwSt.)
51 Ausgaben

in dieser ausgabe

1 Min.
speel gou klaar met skoolwerk

WATISBINNE? • Die voedselketting • Die Groot Vyf • Bye • Metamorfose • Die brein • Spiere • SA se erfenisgebiede • Oseane, woestyne en wolke • Mars • Die son • Sterre • Antieke Egipte en nog baie meer BESTEL DIT SO DIGITAAL Laai dit af by mysubs.co.za. BEL 021-406-4962 E-POS koop@huisgenoot.com met die naam van die titel wat jy wil bestel in die onderwerpreël GAAN NA huisgenootwinkel.com ARTIKELS EN INFOGRAFIKA OM TE HELP MET HUISWERK &TAKE INSEKTE EN DIERE • DIE GROOT • MY LYF • MY LAND • DIE AARDE • DIE RUIMTE • DIE ANTIEKE WêRELD…

2 Min.
van die redakteur

HET JY GEWEET? EEN aand terwyl ek vir my sesjarige voorlees, vra sy hoe dit gebeur dat haar kamerlig aangaan. Sonder om veel daaroor te dink antwoord ek Eskom skakel dit aan, en ek lees verder. Sy was nie tevrede nie. “Maar hoekom gaan dit aan wanneer ek die skakelaar druk?” wou sy weet. Ek het onthou dat dit iets met positiewe en negatiewe en stroombane te make het, maar kon nie regtig antwoord nie en het dus liewer haar aandag afgelei. Kort daarna het die werk aan die tweede Het Jy Geweet? begin en ek is so bly ons kon ’n illustrasie van ’n elektriese stroombaan insluit – dis eintlik eenvoudig! Dít is ons doel met hierdie tydskrif. Dit beantwoord daardie vrae wat kinders graag aan hul ouers stel en waarop ouers…

1 Min.
hulp met huiswerk

klaskamer.huisgenoot.com Kry temas in ’n verskeidenheid leerareas, soos: ▪ fisiese wetenskappe▪ natuurwetenskappe▪ sosiale wetenskappe▪ tegnologie▪ rekeningkunde▪ wiskunde▪ wiskundige geletterdheid▪ besigheidstudies▪ kuns en kultuur▪ lewensoriëntering NET R10 OF R15 PER ARTIKEL! KOOP DIT SO KIES JOU ARTIKELS ▪ Gaan na klaskamer.huisgenoot.com en tik die onderwerpe in waaroor jou kind inligting nodig het. Jy kan eers kyk hoe die artikels lyk.▪ Plaas die aankope in jou mandjie. Elke artikel kos tussen R10 en R15. Beweeg na die betaalpunt. VEILIGE EN BETROUBARE BETAALPROSES ▪ Kies of jy met ’n kredietkaart of elektroniese oorplasing (EFT) gaan betaal.▪ As die kredietkaarttransaksie afgehandel is, sal jy die inligting onmiddellik kan aflaai. Jy sal ’n e-pos ontvang met skakels waar jy dit kan aflaai.▪ As jy ’n elektroniese oorplasing doen, sal jy eers jou aankope ontvang wanneer die betaling in ons rekening wys. Jy sal…

3 Min.
oorleef so in die wildernis

JY HET VERDWAAL! WAT NOU? Bly kalm. Om paniekerig rond te hol gaan net energie verbrand. Bestudeer jou omgewing. Is daar enige bekende landmerke soos ’n berg of ’n koppie? Dit kan jou ’n beter idee gee van waar jy is en jou help om weer jou pad te vind. Moenie te ver wegdwaal van waar jy is nie. Hopelik het iemand in jou stapgroep besef jy is weg en stuur hulle iemand om jou te soek. As jy weet hoe om weer op die plek te kom waar jy van die roete afgedwaal het, probeer om daar te kom. Maar as jy geen benul het nie, bly eerder net waar jy is. As jy lank vir die reddingswerkers wag en baie dors word, kan jy water gaan soek. Maak…

3 Min.
hierdie tegniek is baie nuttig as jy sonder water in die wildernis is

’NMENS kan tot 30 dae sonder kos klaarkom, maar jy sal gelukkig wees as jy drie dae sonder water oorleef. Daarom is dit noodsaaklik om water te vind. As daar geen riviere of stroompies naby is nie, kan jy sonkrag gebruik om water te versamel. Dié manier om water te kry is honderde jare gelede die eerste keer deur die mense van die Andesgebergte in Suid-Amerika gebruik. Moderne plastiek maak dit nog makliker om ’n vogvanger te bou en maak dit baie doeltreffender. Bou dit in die oggend wanneer dit nog klam buite en daar baie sonlig van die dag oor is. Dis ook ’n wonderlike manier om water te versamel as jy in ’n droogtegeteisterde gebied met waterbeperkings bly. Jy kan die water gebruik om plante nat te maak. STAP VIR STAP 1…

3 Min.
gevaar! verkeerde pad!

KAN JY NIE SOMMER NET OP DIE GROND SLAAP NIE? Jy kan, maar dan raak dit ál gevaarliker. ’n Goeie skuiling is om ’n paar redes belangrik: Dit beskerm jou teen die elemente soos reën, sneeu, wind of selfs die son. Jy is beskut teen allerhande gediertes. Dit sal jou gerusstel as jy ’n warm slaapplek het. Dan kan jy aan ander dinge aandag gee, soos om kos en water te soek. DIE PLEK Dit is baie belangrik waar jy jou skuiling bou. As jy water gekry het, probeer jou skuiling daar naby bou (maar maak seker die grond is droog). Dan hoef jy nie kosbare energie te mors om water te gaan haal nie. Maar wees versigtig vir die diere wat daar water kom drink. Bly naby aan die wrakstukke as jy…