ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
Huisgenoot

Huisgenoot 26-Dec-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
1,22 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
47,70 €(Inkl. MwSt.)
51 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 Min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘HY IS DIE LIEFDE VAN MY LEWE’ Nianell vertel sy is op 48 jaar ná die hartseer van haar egskeiding weer smoorverlief – dié keer op ’n Engelsman wat sy as die antwoord op haar gebede beskryf Min mense trou met hul sielsgenoot. Al het dit jou 14 jaar geneem om jou sielsgenoot te vind, was dit die moeite werd. Ek sou dit ook gedoen het. Ek gun julle dit. AMANDA Bly vir jou. Maar agt maande is vrek vinnig. Maak seker jy gebruik hom nie as ’n rebound nie. Ek is al ses maande sonder my geliefde en kan nie oor hom kom nie. LIZA Gee kans. Almal smag na geluk en verdien dit. Maar dit verg harde werk van albei. Liefde is blind en trou is die bril. Dis altyd wonderlik aan die…

10 Min.
hg kuier in die prins se paleis

DIS byna slaaptyd en jy kan sien die kleingoed se gô is uit, maar die woelige tweeling se ma bly koel en kalm nes dit ’n koninklike betaam. Ja, ons is hiér tydens dié intieme oomblik tussen die wêreldberoemde ma en haar oulike spruite – in die hartjie van Monaco en in die huishouding van prinses Charlene. Ons kuier in haar pas opgeknapte kantoor in die Prins Se Paleis, en selfs toe ’n klein chihuahua op die nuwe mat piepie, bring dit haar nie van stryk nie. “Ag, dis oukei, kom hier, Harley,” lag Haar Deurlugtige Hoogheid en gaan op ’n luukse wit fluweelrusbank sit. Honde en kinders klouter op die kussings langs haar en almal soek tegelyk haar aandag, maar die prinses bly rustig. Geklee in ’n sjiek wynrooi wolpakkie en bleek Louis Vuitton-hakskoene…

2 Min.
ons vir jou, monaco

MONACO is op 19 November omskep in ’n see van rooi en wit. Mense het in hordes bymekaargekom om hul nasionale dag, wat ook as La Fête du Prince (Die Prins se Fees) bekendstaan, te vier en hulde aan die prinslike familie te bring. Prinses Charlene was die middelpunt van die feesvierings – met Albert en die tweeling aan haar sy. MILITÊRE PARADE Die dag het begin met ’n militêre vertoning waaraan troepe van Monaco en Amerika deelgeneem het. Prins Albert het sy militêre regalia gedra vir dié geleentheid saam met Charlene – beeldskoon in ’n wit pak deur die Switserse modehuis Akris – en sy twee susters, prinses Caroline en prinses Stéphanie. KERKDIENS Die familie het later die oggend die tradisionele Te Deum-diens in die Monaco-katedraal bygewoon. Marie Chevallier en haar man, Louis…

6 Min.
moedig tussen al die trane

SOOS elke vorige jaar is die yslike Kersboom vroeg Desember al in die plaashuis langs die Vaalrivier staangemaak en met ’n groot ster van Betlehem gekroon. Hoe nader aan die feestyd, hoe hoër het die stapel geskenke aan die voet van die boom gegroei. Op Oukersaand sal die familie, soos dit hul tradisie is, eers ’n kerkdiens in Vanderbijlpark bywoon voor hulle die geskenke uitdeel en oopmaak. Op Kersdag sal almal vir die Kersmaaltyd aansit. Maar vanjaar se Kersfees sal ’n hartseer geleentheid wees. Want een naam sal nie uitgeroep word wanneer die geskenke uitgedeel word nie en een plek aan die Kerstafel sal leeg wees. Terwyl haar familie op Kersdag pynlik bewus sal wees van haar afwesigheid tydens die vierings, sal die laerskoolonderwyseres Tharina Human, die beweerde “baasbrein” agter die ontvoering van…

7 Min.
ons leë kersfees

DIS al haar tweede Kersfees sonder haar enigste kind; die tweede Kersdag wat Mercia Bylsma nie saam met haar seun kan deurbring nie. In vroeër, gelukkiger jare was ma en seun altyd in die feestyd saam langs die viswaters op ’n plaas in Noordwes, of by haar ouers se strandhuis op Gouritsmond in die Wes-Kaap. Maar vanjaar sal haar seun, Xander (20), Kersdag in die Rooigrond-gevangenis buite Mahikeng in Noordwes slyt terwyl die verhoor voortduur waarin hy aangekla word van die dubbele moord op sy eksmeisie Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16). Mercia weet dié Kersfees – Xander se tweede agter tralies – sal vir hom net ’n gewone dag tussen vier mure wees. Sy mag nie daar vir haar seun gaan kuier nie, want Kersdag val nie op…