ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
Huisgenoot

Huisgenoot 16-Jan-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
1,22 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
47,70 €(Inkl. MwSt.)
51 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 Min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘KATE GAAN CAMILLA OORSKADU’ Prins William se vrou, Kate, die hertogin van Cambridge, is baie gemaklik in haar rol as koninklike, sê waarnemers. Sy het die harte van die Britse volk verower O ja, beslis. Sy laat my so baie aan prinses Diana dink. Ek is dol oor haar; sy sal altyd my gunsteling bly. William het ’n vrou met goeie waardes en ’n hart van goud.AMANDA Kate pas ten volle by die Britse koningsgesin in. Ek lief haar styl en die nederige manier hoe sy met alle mense omgaan – haar man, kinders en die publiek. You go, girl!MINNIE Ek het my mening oor Camilla verander. Ek dink sy is die beste ding wat met prins Charles kon gebeur. Ek gun hulle elke dag wat hulle saam kan wees.RENÉ Vandat Charles met Camilla…

9 Min.
ewig saam ná die kronkels

OP DIE kassie speel hy ’n prokureur wat moet bontstaan vir al die regstameletjies van die inwoners van die Laan, maar hier, net ’n paar dae voor Kersfees, maak die akteur Theodore Jantjies reg om op ’n bedompige, warm dag in die Bosveld ewige trou te beloof aan ’n regte, egte prokureur. Vandag is die 36-jarige akteur nie die bedrewe regsman Xander Meintjies van die SABC2-sepie 7de Laan nie, maar ’n opgewonde bruidegom wat in die kapel by die Tsekama-trouvenue in die distrik Modimolle in Limpopo op die liefde van sy lewe, Tammy van der Merwe (32), wag. Hy lyk omtrent spoggerig in sy swart broek, wit hemp en baadjie toe hy saam met sy drie vriende hul plek voor die kansel inneem. En hy straal weer soos op sy TV-troue toe…

5 Min.
’n vlammehel sonder weerga

Volgens wetenskaplikes is dít die skrikwekkende gesig van die klimaatskrisis VOËLS val uit die lug in ’n landskap wat bedags bloedrooi is weens die digte rook wat die son verberg. Die karkasse van diere lê oral oor die dorre aarde besaai. Die wurggreep van die skynbaar onblusbare brande laat die temperatuur skerp styg en lei tot verwoestende winde. Die vure is so intens dat dit hul eie plaaslike weerstelsels skep. Desperate mense vlug na bote op die see om van die vlamme en versengende hitte te ontsnap. Dit klink soos iets uit ’n rolprent oor die einde van die wêreld: Mad Max, dalk, of Armageddon. Tog is dié apokaliptiese tonele tans die aaklige werklikheid wat Australiërs die afgelope maande al beleef. Dagin, daguit. Volgens wetenskaplikes is dit die skrikwekkende gesig van die klimaatskrisis.…

6 Min.
hoop op ’n gesonde voet

WANNEER Nathan van Aswegen nuwe mense ontmoet, kyk hy altyd eers na hul voete en dan op na hul gesig. Dalk is dit omdat dié blondekopseuntjie op die ouderdom van drie jaar besef mense kyk altyd eers na sý groot linkervoet, vertel sy ouma Selona van Wyngaard – en omdat hy besef dit maak hom anders as ander kleuters. Toe ons by Selona (49) se huis in Roodepoort, Gauteng, aankom, hardloop die seuntjie eers sku weg van die kuiergaste. Met ’n streep honde op sy hakke gaan maak hy hom eenkant op ’n rusbank tuis met sy ouma se selfoon. “Boss Baby !” sê hy dan en hou die foon na haar uit. Hy wil hê sy moet vir hom dié animasiefliek aflaai om te kyk, verduidelik Selona. Dis ’n koel, mistige oggend…

6 Min.
poef! toe’s hy weg

DIE een oomblik klim hy in ’n reuse-basviooltas, en siedaar – hy duik aan die ander kant van die wêreld op. Dit klink soos een van die kulkunstenaar Harry Houdini se verbysterende ontsnaptoertjies, of hoe? Maar die man oor wie die wêreld nou gons, is Carlos Ghosn (65) – die gewese grootbaas van die Japannese motorreus Nissan. Sy verstommende ontsnapping uit huisarres in Tokio na sy land van herkoms, Libanon, kort voor die nuwe jaar het hom oornag die wêreld se bekendste voortvlugtige gemaak. En nes met Houdini se toertjies is die groot vraag op almal se lippe: Hóé het Carlos – wat van bedrog van miljarde rande beskuldig word – dit gedoen? Die Libanese MTV-televisiekanaal het kort ná sy aankoms in Beiroet berig Carlos het tydens ’n musiekkonsert by sy huis in…