ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Promis & Gesellschaft
Huisgenoot

Huisgenoot 30-Jan-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
1,39 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
54,18 €(Inkl. MwSt.)
51 Ausgaben

In dieser ausgabe

2 Min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 Min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘DIS ONS BEGEERTE OM ONAFHANKLIK TE WEES’ Prins Harry en Meghan het uit hul rolle as senior koninklikes getree. Harry het die Britse media daarvan beskuldig dat hulle Meghan teister en verneder Goeie besluit. Hulle is ’n jong paartjie wat nog ’n lang pad saam moet loop. Sy kans om koning te word is in elk geval minimaal. Ek wens hulle alle geluk toe.GERDA Harry weet wat met sy ma gebeur het en weier dat dit met sy vrou gebeur. Niks fout daarmee nie. Ek sou gedink het William sou hom ook onttrek het.JANIE-REYNETTE Meghan hoef nie meer die Britse publiek tevrede te stel nie. Hulle dink hulle kan haar verneder net omdat hulle belasting betaal. Mooi so, Meghan.FAMIDA Harry het nog nooit oor die trauma van sy ma se dood gekom nie.’n Mens…

12 Min.
verby, my jare van hel

WEER en weer het dieselfde droom haar jare lank geteister: In haar slaapwêreld sien sy hoe haar dogter se vermeende moordenaar vasgetrek word, selfs hoe hy geboei word. Haar trane vloei wanneer die polisievangwa in die verte verdwyn. Maar elke keer, sonder uitsondering, skrik sy wakker. Dan lê Suzette Barnard natgesweet in haar bed, uit haar nagmerrie teruggeruk na die selfs wreder werklikheid. Opnuut teleurgestel omdat dit net nog ’n droom was waarin geen waarheid steek nie. En dan het die ou vrees weer by haar kom spook: die gedagte dat die man wat haar geliefde dogter, Chantelle, glo gemartel, verkrag en vermoor het toe sy net 20 jaar oud was nooit gevang sal word en vir sy misdade sal boet nie. Toe, ná die nagmerries van soveel jare, het Suzette op 16 Januarie…

12 Min.
troue met ’n áánloop

LANKLAAS is daar met soveel swier – en soveel verskillende feesvierings – hier op eie bodem getrou. Want al het ’n stormsterk suidooster hul Kaapse trounaweek deurmekaar kom krap, was die Suid-Afrikaanse skoonheid en die Amerikaanse steratleet se mooiste dag so glansryk soos ’n spogtroue in Hollywood. Trouens, toe ons voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters en die bofbalspeler Tim Tebow afhaak, het hulle dit nie net met één makietie op één dag gevier nie; hulle het sommer ’n paar dae lank élke dag partytjie gehou. En elke geleentheid was asemrowender, en spesialer, as die vorige een . . . Zavion Kotzé, die troubeplanner en aanbieder van die werklikheidstelevisie-program The Wedding Bashers op M-Net, het nie verniet vooraf gespog nie: “Dit gaan ongelooflik wees!” Demi-Leigh (24) en Tim (32) se trouvenue was tot op 20 Januarie…

6 Min.
sak en pak vir die liefde

JY SIEN net tande toe sy oor die groen plaaswerf aangehol kom. Dis nou Tessa, die eenjarige skaaphond en tot onlangs nog die enigste vrou in die huis. Maar sedert haar baas vir Boer soek ’n vrou ingeskryf het, het hulle hier op die rooibosteeplaas naby Clanwilliam in die Wes-Kaap “enetjie bygekry’’, soos boer Willem sê. “Jy moet breed glimlag,” sê dié platjie vir Tessa. “Dis nie meer net ek en jy nie.” In die plaashuis bespeur jy die hand van ’n vrou noudat Sanel Prinsloo, ’n 23-jarige onderwyseres, hier by Willem Pool (30) en Tessa kom nesskop het. Op die stoep is woorde op ysterplaatjies teen die sandsteenmuur onder mekaar vasgemaak: Hoop. Liefde. Samesyn. Waardeer. Vriende. “Die garage is vol van bokse met haar goeters in. Daar is badsout in die badkamer,” spot die…

5 Min.
kragkrisis: operasie regruk

BY DIE flou flonkering van kerslig voel dit dalk soms of daar vir Eskom geen lig op die horison wink nie. Die kragreus se treurmares ken geen einde nie, en dit laat baie Suid-Afrikaners wanhopig wonder of die einde van beurtkrag ooit sal aanbreek. Nadat fase 6-beurtkrag in Desember die eerste keer aangekondig is en die krag plek-plek tot 10 uur per dag af was, word daar gegis dat fase 8 die land kan tref as sake vorentoe selfs meer beroerd sou gaan. Dit sou beteken dat kragonderbrekings van tot 17 uur per dag plekplek ons voorland kan wees. Eskom sê dis nie iets wat ons hoef te vrees nie, maar tog laat baie Suid-Afrikaners hulle nie maklik troos nie. Jabu Mabuza, voorsitter van die kragvoorsiener se direksie, het onlangs bedank nadat daar…