ENTDECKENBIBLIOTHEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Handarbeit
IdeesIdees

Idees

Jul/August 2019

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Idees Fabriek
Mehr lesenkeyboard_arrow_down
Angebot: Don't Miss Out!
AUSGABE KAUFEN
4,46 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
24,54 €17,17 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

IN DIESER AUSGABE

access_time2 Min.
van die redakteur

Dit is nou twee en ’n half jaar dat ons ons eie potjie krap, soos die oumense sou sê. En daarom dat ek uitgawe vir uitgawe hierdie brief in my tuiskantoor sit en skryf. Wanneer mense my vra of dit nie ’n eensame lewe is nie, wys ek hulle altyd daarop dat ek onverstoord kan werk, dat ek met ’n kombers oor my bene kan sit sonder dat enigeen vir my kyk, en dat ek my verwarmer tot styf teen my kan trek sonder om ’n brandgevaar vir die maatskappy in te hou. Ook dat ek darem gereeld ander spanmaats sien. Maar ja, dit is nie die mees sosiale lewe nie en ek mis dit soms om sommerso oor die koffiekan idees uit te ruil en te hoor en sien wat…

access_time1 Min.
idees

REDAKTEUR Terena le Roux E-pos terena@ideasfactory.co.za ATELJEE & naaldwerk Dala Watts BEMARKING & GELDSAKE Marweya Smal NAVRAE info@ideasfactory.co.za TAALWERKERS Johan van Zyl, Marié Smidt STILERING Hannes Koegelenberg, Dala Watts, Carin Smith FOTO’S Ed O’Riley MEDEWERKERS KOS Louisa Holst, Tani Kirsten HANDWERK & SELFDOEN Carin Smith, John Letherbarrow, Hannes Koegelenberg, Tenille Theron SKOONHEID Elsa Krüger NAALDWERK Karen Adendorff, Anelle Britz Elizabeth Fester, Elsbeth Eksteen, Gina Ross KREATIEWE KALENDER Lara Foreman REPRODUKSIE Willie Koen SOSIALE MEDIA Carien Eloff UITGEWER & VERKOPE Terena le Roux Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg…

access_time5 Min.
teken dit aan

creativecalendarideas@gmail.com Julie 9 Julie Skole heropen 18 Julie Nelson Mandela-dag WES-KAAP Junie- Augustus Die Swellendam Winter School bied meer as 40 kreatiewe kortkursusse aan. Vir meer inligting, gaan na winterschool.co.za. 14-16 Junie en 21-23 Junie Gordonsbaai hou sy jaarlikse Winter Wonderland Festival of Lights oor twee opeenvolgende naweke. Maak jou reg vir ’n straatoptog, kermis, kostrokke, kuns- en handwerkstalletjies en jolige musiek. Meer inligting: winterwonderland.co.za. 5-14 Julie Bespreek jou kaartjies vroegtydig vir die gewilde Stellenbosse Internasionale Kamermusiekfees by Computicket. Vir meer inligting, besoek sicmf.co.za. 11-13 Julie Loer in by die Tops at Spar-wynskou by die GrandWest Casino waar jy voortreflike wyne kan proe en koop, fynproewerskos eet en jou ore op goeie musiek trakteer. Vir meer inligting, gaan na wineshow.co.za. 13-14 Julie Franschhoek vier oudergewoonte weer Bastilledag met die dorp se beste wyn en kos, musiek, markte en veel meer. Gaan na franschhoekbastille.co.za vir…

access_time1 Min.
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie: Grasuie, kappertjies, laventel, lourierblare, marjolein, meerjarige basilie, ment, origanum, perdeblom, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, aspersies, beet, blaarkool, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, brusselse spruite, ertjies, komkommer, kool, pampoen, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado, grenadellas, kiwivrug, koejawels, koemkwats, lemmetjies, lemoene, lukwarte, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Blomme: Affodille, anemone, angeliere, aronskelke, barbertonse madeliefies en dwergmadeliefies, bergbruidjies, erikas, freesias, geelbos, gipskruid, goudroede, gousblomme, heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, krisante, leeubekkies, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, proteas, ranonkels, ridderspore, sintjosefslelies, soetemaling, speldekussings, sterretjies, stokrose, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe.…

access_time5 Min.
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Fiksie ’n Spook in die huis – François Loots (Umuzi, R260) Die spook in sy huis kry die alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani-saak by die nuuskantoor waar hy werk. ’n Skaduwêreld kom tydens die Dewani-ondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan die ander hoofkarakter, die staatswerker Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkiebroer. As die gedaante van die vermoorde Anni lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie. Wat jaag…

access_time1 Min.
redakteur se keuse

Lost dog - Kate Spicer (Ebury Press, R396) Die Britse leefstyljoernalis Kate Spicer is ’n middeljarige vrou wat halt probeer roep in ’n lewe wat besig is om te ontspoor. Wanneer sy Wolfy, die ontredderde brak, by ’n hondeskut aanneem, raak hy háár redding. Maar dan verdwyn hy en Kate vaar die strate van Londen in om hom te gaan soek. Soos sy straatop en straataf na hom roep in die skamele hoop om hom te vind, kruis haar pad met dié van ander mense, hulle landskappe en lewens. Sy vind bondgenote in sieners, bloggers en misterieuse middernagtelike drawwers. Die soektog na Wolfy plaas druk op haar verhouding en beproef haar geestelike gesondheid – en in die proses begin sy dink oor haar lewe en waar dinge vir haar begin skeefloop…

help