ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Landbouweekblad

Landbouweekblad

4/2/2020

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
1,22 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
45,87 €(Inkl. MwSt.)
50 Ausgaben

In dieser ausgabe

1 Min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ina Ferreira, Aletta Pretorius-Thiart Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO Artikels en nuus Jasper Raats E: jasper.raats@landbou.com VRYSTAAT EN NOORD-KAAP Redakteur Johan Norval Artikels en nuus Vida Booysen T: 051 404 7764 Willem van der Berg OOS-KAAP Artikels en nuus Fredalette Uys T: 041 503 6090 Webredakteur AlaniJaneke 0214062414 Digitale uitgewer Corli van der Merwe Joernalis MichellevanderSpuy 0214062196 Advertensies DuandeBeer 0798875224 RinaHattingh 0726054897 Veldtogbestuurder…

3 Min.
dié week in die landbou

BUITELUGSKOOL Die landboutegnologiemaatskappy Cerealis het onlangs ’n tegnologie-instituut op die Lezar-opstal naby Heidelberg in Gauteng aan die publiek bekend gestel. Op dié proefplaas van 25 ha kan boere meer oor presisietegnologie leer. Die impak van elke stuk tegnologie word ondersoek en geverifieer. Mnr. Lourens van Rensburg, streekbestuurder vir Sentraal-Suid-Afrika, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap by Cerealis, het die projek begin ná ’n besoek aan Precision Planting se hoofkantoor in Amerika hom laat besef het dat hy nie presies weet wat die impak van tegnologie op sy boerdery se syfers is nie. Hy het self die 144 verskillende verstellings, waaronder kunsmispeile, rywydte, plantdigtheid en oesbeskermingsprodukte, op die planter aangebring en die verskillende kultivars aangeplant. VIRUS TREF WOLBEDRYF Die Suid-Afrikaanse wolprys het met 12,5% verswak tot R155,69/kg weens die uitwerking van die koronavirussiekte Covid-19 op wêreldmarkte.…

1 Min.
syfers

177 Transnet het die afgelope nege maande landwyd sowat 177 vragtreine per maand opgeskort weens ’n reusetoename in kabeldiefstal. Graanuitvoerders, uitvoerders van mynboukommoditeite en voertuigvervaardigers is die swaarste getref. Padvervoer is sowat 20% duurder as treinvervoer. Die Pretoria-kompleks is die swaarste getref. Omleidings weens kabeldiefstal het vir sommige kliente vertragings van tot sewe dae tot gevolg gehad. Daar was ook ’n snelle toename in skrootmetaalhandelaars. – Business Day 300 Sowat 300 wit kommersiële boere in Zimbabwe is reeds vergoed vir die onteiening van hul plase sonder vergoeding tydens dié land se chaotiese grondhervormingsprogram, volgens mnr. Ben Gilpin van dié land se kommersiële landbou-unie. Altesaam 3 500 boere wag nog op vergoeding. Die Zimbabwiese regering het vanjaar sowat $21 miljoen (R367 miljoen) begroot vir vergoeding aan boere wat hul grond verloor het, benewens die…

1 Min.
in ’n blik

GEIL EN GESEËND. Die Vrystaat was lanklaas so mooi soos nou. In sommige dele sê mense selfs dat hulle dit nog nooit so groen en fraai gesien het nie. Hierdie foto is tussen Wesselsbron en Bothaville geneem waar die rooi lande swaar dra aan pragtige mielie- en sonneblomoeste. In die veld en om lande is oral silwer poele vol watervoëls, flaminke en swiepende kiewiete wat jou probeer weghou van neste met eiers. ’n Mens kan sommer voel hoe dankbaar die Vrystaat is nadat dit die afgelope paar jaar swaar gegaan het weens ongunstige weerstoestande. Lees op bl. 16 meer oor produksietoestande.…

1 Min.
die ander sê

R EGS LU I en die howe speel wêreldwyd ’n ál groter rol om die uitwerking van klimaatsverandering te beperk, op maniere wat tien jaar gelede nog ondenkbaar was. Een van die belangrikste voorbeelde daarvan is ’n deurslaggewende beslissing deur die Nederlandse hooggeregshof ten gunste van die nie-regeringsorganisasie Urgenda, wat sewe jaar gelede druk op die regering begin plaas het om kweekhuisgasvrystellings teen 2020 met 25% te verminder, pleks van die Europese Unie se teiken van 20%. ’n Distrikshof het in 2015 ten gunste van Urgenda beslis, en die land se appèlhof en hooggeregshof het intussen dié bevinding bekragtig. Die appèlhof het bevind die staat misluk in sy pligsorg teenoor sy burgers, nadat die regering aangevoer het ’n beslissing ten gunste van Urgenda sou inmeng met die skeiding van magte en die…

1 Min.
het jy gehoor?

‘Hoekom dan nie net vra nie?’ ME. LYDIA MONAKALI, Oos-Londense landdros, tydens die weiering van ’n interdik aan die dierebeskermingsvereniging, wat aangevoer het hy weet nie wanneer ’n skip vol skape vertrek nie. Bl. 21 ‘Ons het die mark versadig met die teel van skaars spesies en nie die res van die wildbedryf bevorder nie.’ DR. JOHAN KRIEK, wildboer en veearts, oor die wanbalans op die wildmark. Bl. 22 ‘Dit kan nog erger raak voor dit beter raak.’ ME. MARYAN CALOW, woordvoerder van Wines of South Africa, oor die impak van Covid-19 op wyntoerisme. Bl. 24 ‘Nou kan ons egter nie “oes” nie, want ons “stroper” mag nie reis nie.’ MNR. WIAAN VAN DER LINDE, wildboer, oor trofeejagondernemings wat ’n fortuin aan bemarking bestee het, maar nou besprekings moet kanselleer weens Covid-19. Bl. 22 ‘Die hulpbronne wat ons…