ENTDECKENBIBLIOTHEKZEITSCHRIFTEN
KATEGORIEN
  • Kunst & Architektur
  • Boote & Flugzeuge
  • Business & Finanz
  • Autos & Motorräder
  • Promis & Gesellschaft
  • Comics & Manga
  • Handarbeit
  • Kultur & Literatur
  • Familie & Kinder
  • Mode
  • Essen & Trinken
  • Gesundheit & Fitness
  • Haus & Garten
  • Angeln & Jagen
  • Kids & Teens
  • Luxus
  • Männerzeitschriften
  • Filme, TV & Musik
  • Nachrichten & Politik
  • Fotografie
  • Wissenschaft
  • Sport
  • Tech & Gaming
  • Reisen & Outdoor
  • Frauenzeitschriften
  • Nicht jugendfreie Inhalte
EMPFEHLUNGEN
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg!

March 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Mehr lesen
AUSGABE KAUFEN
3,10 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
30,30 €(Inkl. MwSt.)
12 Ausgaben

In dieser ausgabe

2 Min.
meer as net papiertiere

Onthou jy The Buggles se treffer “Video Killed the Radio Star”? In 1980 het ons op Vrydagaande in die Padvindersaal op my tuisdorp woes los gedans op dié liedjie, min wetend dat dit eintlik ’n nostalgiese aanklag teen snelle tegnologiese vooruitgang was. Dis ironies dat radio 40 jaar later steeds pomp terwyl VHS en Betamax lankal bokveld toe is. Vandeesweek lees ek dat boekverkope wêreldwyd aan die toeneem is – spesifiek boeke wat op papier gedruk word. In die Verenigde State van Amerika is $26 miljard se boeke in 2018 verkoop. Die verkope van digitale boeke was skaars 10% hiervan en is aan die afneem. Daar is wel plek vir albei, maar die gevoel van ’n mooi boek of tydskrif in jou hande moet nooit onderskat word nie. Nie net is daar…

2 Min.
agter die skerms

Waar het jy van die staptog gehoor? Ek het jare gelede die Grand Raid-ultramarathon op die eiland voltooi. Dele van die 162 km-roete het die GR R1-voetpad gekruis. Die resies was fantasties, maar ek het ná die tyd gevoel die eiland se natuurskoon verdien meer aandag. Dis moeilik om jou omgewing in te neem wanneer jy mooi moet kyk waar jy trap, of wanneer jy die langste stuk van die marathon eers in die aand klaarmaak. Dié keer wou ek teruggaan om in die dorpies rond te drentel, kaas te eet en wyn te proe! Wat was die hoogtepunt? Die dag waarop ons Piton des Neiges geklim het, het ons vroeg opgestaan om die spits teen sonopkoms te bereik. Die eiland se hoogste piek (3 070 m) het ’n asemrowende uitsig en…

1 Min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER: MEDIA24 LEEFSTYL NERISA COETZEE PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com MEDIA24 LIFESTYLE CREATE STUDIO KUNSDIREKTEUR MICHAEL DE BEER 021 406 3512 KOMMERSIËLE BESTURENDE REDAKTEUR: GERDA ENGELBRECHT 021 406 2217 MEDIA24 LIVE HOOF VAN SPESIALE PROJEKTE FRANCOIS MALAN 021 406 2376 HOOF VAN BORGE NIKKI RUTTIMANN 011 713 9147 BEMARKINGSBESTUURDER ANDILE NKOSI 021 406 2257 ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA…

1 Min.
trap suutjies in die veld

Ek en my vrou, Maria, het die afgelope Desember ’n paar dae lank by die Olifants River Lodge tussen Witbank en Middelburg gekamp. Ons het vroeg een oggend langs die rivier gestap en sommer ons eie pad deur die plantegroei gebaan. My vrou se skerp oog het ’n klein flapnekverkleurmannetjie op die grond gesien. Toe ons mooi kyk, sien ons ’n hele broeisel tussen die plante. Ek het rofweg tien getel. Volgens die eienaar van die lodge het dié verkleurmannetjies pas uitgebroei. LEON PRINSLOO, Boksburg Die reptielkenner JOHAN MARAIS sê: Verkleurmannetjies kom natuurlik in baie mense se tuin voor en kry jaarliks kleintjies. Dwergverkleurmannetjies gee geboorte aan lewende kleintjies, maar flapnekverkleurmannetjies lê eiers. Die wyfie grawe ’n gat in die grond met haar voorpote, lê ongeveer 25 tot 65 leeragtige wit eiers…

5 Min.
sê jou sê

Pienk en prettig op Suapan Ek en my man, Marco, het onlangs ’n kamptoer deur Botswana voltooi. Ons was die enigste mense by die Nata Bird Sanctuary op Suapan in die noordooste van die land. Die kampgeriewe was baie eenvoudig, maar ons Zimbo’s maak mos altyd ’n plan. Dit was ons derde besoek aan dié reservaat, en dié keer was ons gelukkig: Nie net het ons vir die eerste keer flaminke op die pan gesien nie, maar ook baie ander voëls, wildebeeste en sebras. Daar was mooi donderwolke in die lug en ons het ook ’n dubbele reënboog gesien! LUCINA FACCIO, Harare Méér as net ’n meer Die Kenmo-meer is ’n prentjiemooi meer op ’n plaas net buite Himeville in KwaZulu-Natal. Die eienaars van die plaas het die meer oopgestel vir die publiek en dis…

2 Min.
v&a

SEBASTIAN SCHWABE (9) van die Paarl skryf: Ons het onlangs op omtrent sewe van dié interessante seediertjies afgekom wat op die strand by Hartenbos uitgespoel het. Kan julle ons dalk meer vertel? Die seelewekenner GUIDO ZSILAVECZ antwoord: Dis ’n seeswaeltjie of blouseeslak (Glaucus atlanticus). Hulle dryf gewoonlik net onder die oppervlak van die water en hou in die diepsee. Dis seldsaam om hulle naby die kus te sien, maar die wind en getye laat hulle soms in rotspoele beland. Hulle dryf “onderstebo”; dus is die blou deel eintlik die onderkant van die seeswaeltjie se lyf. Hulle eet veral bloublasies en is immuun teen dié prooi se giftige tentakels. Seeswaeltjies kan wel die bloublasie se netelselle na hulle eie tentakels oordra – moenie aan hulle vat nie, want dit gaan brand! DEON VAN ONSELEN…