ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! December 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

1 Min.
volgende maand in weg

‘Hier stap jy deur die Namib, een van die wêreld se ongerepste plekke. Oor oeroue duine met net jou gedagtes as geselskap. Op verlate strande waar sonverbleikte walvisbene en skeepswrakke uit die mis opdoem...’ – Pierre Steyn SKEDELKUSSTAPROETE Stap vir vyf dae tussen die woestyn en die see in Namibië, waar duine bedags bo jou uittroon en sterre saans regeer WITSAND Raak rustig op dié dorpie by die monding van die Breërivier waar suidelike noorkappers elke jaar draai en onwaarskynlike karakters bymekaarkom MY DESEMBERVAKANSIE Die Weg-redaksielede onthou somervakansies…

2 Min.
’n lekker kombi(nasie)

Jy kruie teen ’n pas uit, waarskynlik in donkierat sodat jy die rotse en slote kan vermy. Jy draai na jou geliefde wat met strak oë na die afgrond aan die linkerkant loer en sê: Skattebol, dís hoekom ons ’n 4x4 gekoop het. Verbeel jou ons het hierdie probeer doen in ons ou…” Maar jou selfregverdigende monoloog word onderbreek deur ’n Honda Jazz wat regs verby skiet. Gevolg deur ’n Toyota Hi-Ace propvol passasiers en bagasie wat twee keer toet voor dié jou ook verbysteek. Niks krenk die ego van ’n 4x4-eienaar soos ’n padreis deur Lesotho nie! Ek het breed geglimlag toe ek Rey Janse van Rensburg se storie op bl.130 lees oor sy avonture in ’n kanniedood Kombi uit die jare sewentig. In hierdie era van verbruikersdruk waar bemarkers jou…

2 Min.
agter die skerms

Waarna sien jy uit by Weg? Om nuwe bestemmings te ontdek, avonturiers en lesers se reiswenke te lees en om interessante dinge oor die natuur te leer (wat ek graag met my kinders deel). Dis natuurlik ook lekker om die nuutste toerusting vir die buitelewe te toets! Ek gaan kamp nooit sonder... sonroom nie. Dit klink dalk na ’n cliché, maar min dinge bederf ’n vakansie soos om ná dag een soos ’n bloedrooi kreef te lyk. O, en my Waboba-bal – dié bons op water! Wat maak jy oor naweke? Ek vat gereeld my kinders, Georgie (5) en Carter (2), na Boulders, Kommetjie of Muizenberg se strand. Ek en my vrou, Jess, probeer om een keer elke twee maande ’n nuwe plek saam met vriende te verken. Ons noem dit ons…

7 Min.
vooraf

In die leeu se bek Die Krugerwildtuin het my bederf met ’n paar mooi oomblikke, maar hierdie was die hoogtepunt. Ek het op die S112 suid van die Skukuza-ruskamp gery, en toe ek om ’n draai kom, kom dié trop van voor af aangestap. My hart het omtrent geklop! Toe hulle almal verby is, het ’n groot mannetjie ook uit die verte aangestap gekom, maar hy was ongelukkig te stadig vir die gesinsportret. JP VAN ZYL, Brits Jagluiperds kry tuisonderrig Op ’n besoek aan Pilanesberg het ek gehoor dat ’n jagluiperdwyfie en haar drie kleintjies die vorige dag ’n vangs gemaak het. Ek het toe in dié omgewing gaan ry. Toe ek die verkeer sien, weet ek iets is aan die gang. En sowaar, Ma was besig om die kleintjies te leer jag. Hulle het…

2 Min.
v&a

RIKA VAN VUUREN van Sasolburg skryf: Dié kalant het my gebyt op ’n vakansie in die Laeveld. Die bytplek het verskriklik gebrand vir omtrent drie uur. Weke daarna het ’n jeukerigheid opgevlam. Is dit ’n soort honderdpoot? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis gewis ’n groothonderdpoot. Ons kennis oor honderdpote is beperk – ons het die afgelope 40 jaar geen honderdpoot-kenner in die land gehad nie. Ek kan ongelukkig nie die spesie identifiseer sonder om die insek se agterpote en tande te ondersoek nie. ’n Honderdpoot byt met hulle eerste stel knyperagtige voorpote (forcipule in Engels) – die angel steek in die vel in en spuit gif in die wond. Streng gesproke is die wond nie ’n bytplek nie – die knypers is eintlik ’n eerste stel pote eerder as monddele. Die…

4 Min.
goed om te weet

Maak vol buite Etosha Jy is op pad na die Etosha- nasionale park wanneer jy besef jou brandstof raak min. Maar los eers die jerrykanne op die dak... Daar’s nou ’n ander oplossing! Die nuwe Etosha-handelspos is ’n paar kilometer buite die park se hoofhek en bedien die plaaslike gemeenskap. Boere en besoekers kan ook brandstof ingooi en inkopies doen. Hier is ’n bandeherstelwinkel op die perseel, aandenkings word op ’n dek uitgestal en ’n stalletjie verkoop koeldranke en peuselhappies soos enorme koeksisters (R15), varsgebakte brood (R20) en quiche (R35). Jy kan ook ’n tuisgemaakte lasagne, bobotie of herderspastei vir die langpad bestel (R45 elk). Oorweeg dit selfs om by die handelspos te bly – hier is kampopsies vir klein en groot groepe, en dis in die algemeen goedkoper as binne die park. Hier…