ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! January 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
siklusse en sirkusse

Ek vind dit moeilik om van die euforiesneltrein af te klim ná die Springbokke se oorwinning in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Die leierskap van Siya Kolisi, strategiese meesterplan van Rassie Erasmus, vlugvoetige briljantheid van Cheslin Kolbe, onbaatsugtigheid van Lukhanyo Am, hardekwasgeit (en aweregsheid) van Faf de Klerk, daai skrums (!) en die gefokusde kameraadskap van die hele span het bewys waartoe ons in staat is as ons saamstaan. Ek het die wedstryd nou al drie keer weer gekyk, en menige stuk analise (veral in die bitterbek Britse pers) gelees. Vrek, dit was nou ’n lekker sirkus om te beleef. Een van die punte wat so terloops genoem word, is dat ons die beker in 12-jaarsiklusse wen: In 1995, 2007 en 2019. Ek hoop wraggies nie ek moet tot 2031 wag om…

2 Min.
agter die skerms

Hoe het jy ’n illustreerder geword? Ek was van kleins af gaande oor teken. Ná skool het ek eers op ’n perdeplaas in Belfast, Mpumalanga, gewerk, want ek is ook baie lief vir diere. Ek wou arbeidsterapie studeer, maar net toe ek hoor ek is aanvaar, verander ek van plan en studeer grafiese kuns aan die Universiteit van Pretoria. Dit was die regte keuse. Ek het later my meestersgraad in illustrasie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en my as vryskut gevestig. Watter van die vakansiestories het uitgestaan? Al die stories het my geraak, maar ek het veral aanklank gevind met Marcelle van Niekerk s’n. My pa, Faure Louw, en sy vier susters is baie na aan mekaar. As kind het die hele lot Kersfees deur die jare saam op verskillende plekke deurgebring. Daar…

1 Min.
go!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES n HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152…

1 Min.
moenie met mamma mors nie

Ons het die Manapoele- nasionale park in Zimbabwe in 2018 besoek en het 10 dae in een van die satellietkampe langs die Zambesirivier deurgebring. Daar was deurentyd olifante in en om die kamp en ons het hulle goed leer ken. Dié jong koei het ’n avontuurlustige kalfie van sowat vier maande oud gehad. Sy het haar vir ons vererg wanneer die kalfie te ver van haar af weggedwaal het en sou ons dan fopstormloop. Sodra die kalfie weer naby haar was, het sy ontspan. My vriend Jaco Jordaan het in die kamp geskilder en was onbewus van die olifant agter hom. Ek het eers later vir hom daarvan vertel – dit sou te gevaarlik wees as hy op daai oomblik beweeg het. VICTOR LUUS, Kaapstad…

7 Min.
sê jou sê

’n Luiperd in die bos... Ons het die Krugerwildtuin vir die dag besoek, natuurlik met die hoop om leeus te sien. Ons het dié twee maanhare eers laat die middag op die oewer van ’n droë rivierbedding naby die Orpenhek teëgekom. Hulle het in die skaduwee gelê en ons het hulle sowat 10 minute lank dopgehou. Daar was buffels en rooibokke in die omtrek, maar die leeus was baie lui en het net nou en dan hulle kop gelig om te kyk wat aangaan. Toe ’n rooibokooi dit te naby waag, het een mannetjie opgespring en haar halfhartig gejaag, maar skielik het albei leeus in ons rigting gekyk en die rivierbedding oorgesteek. Uit die hoek van my oog het ek iets in die gras voor ons gewaar – dit het met ’n…

2 Min.
v&a

JUDY AUCAMP van Heilbron skryf: Ons het dié toneel in die Krugerwildtuin dopgehou. Die voëltjie het al om die arend se kop gevlieg en toe op sy kop gaan sit! Dit het nie gelyk asof dit die arend vreeslik pla nie, want dié het doodstil op sy tak bly sit. Weet iemand wat die voëltjie se plan was? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Dis ’n mikstertbyvanger wat probeer om ’n breëkoparend te verjaag. Dit is ’n algemene verskynsel vir byvangers om roofvoëls lastig te val deur herhaaldelik op hulle af te pyl met akrobatiese skynaanvalle. Hulle sal ook kraaie en soms kleiner soogdiere op ‘n soortgelyke manier verjaag. Ander voël- en kleiner soogdierspesies maak staat op byvangers se gedrag om hulle te waarsku teen moontlike gevare in hulle gebied. CARY KROEGER van…