ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! May 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
een dag op ’n slag

Hierdie is ’n moeilike redakteursbrief om te skryf. Teen die tyd dat jy hom lees, is dit drie weke later. Wie van ons weet hoe die wêreld môre gaan lyk, wat nog te sê 21 dae van nou af? Dalk lees jy net hierdie woorde op ’n skerm, want in dié stadium – op die eerste dag van Suid-Afrika se inperking weens die Korona-virus – is daar ’n kans dat die 187ste uitgawe van Weg net digitaal beskikbaar sal wees aangesien ons nie tans op papier kan druk nie. Ons spanne staan wel gereed om dit te druk en versprei sodra ons toegelaat word om dit te doen. Natuurlik hoop ek dit gebeur, maar as ons nie kan nie, kan ons nie. Dan maak ons ’n ander plan – iets waarmee…

2 Min.
agter die skerms

Waarom só ’n lang toer? By die werk “verkoop”jy jou tyd aan die maatskappy. Ons wou ’n breuk vat van ons loopbane, en op ons eie tyd leef. Daarom het ons albei bedank sodat ons geen verpligtinge sou hê nie. Baie opofferings is vooraf gemaak sodat ons genoeg kon spaar om die toer te bekostig. Ons het toe die hele jaar in drie verdeel – die toer deur Suider-Afrika, daarna was ons oorsee (onder meer in Suidoos-Asië) en die res van die tyd het ons eenvoudig met vriende en familie deurgebring. Ons is dol oor wildkyk, kamp, fotografie én videografie, daarom was die toer deur Suider-Afrika ’n hoogtepunt. Wat het dit julle geleer? Ons het rustig geraak en geleer om mekaar beter te verstaan. Ses maande se kamp het ons gewys…

1 Min.
daar’s ’n bok op die tafel!

Ek het in Januarie 2020 die Kloof Corner-roete op Tafelberg gaan stap. Ons was besig om teen die eerste klipkrans op te klim toe ons nege bokke, twee van hulle kleintjies, gewaar. Niemand van ons het geweet watter soort bokke dit is nie – ons het nog nooit so iets gesien nie. By latere ondersoek het ons uitgevind die bokke is Himalaja-tahrs wat in die 1930’s uit die Groote Schuur-dieretuin ontsnap en Tafelberg hulle nuwe tuiste gemaak het. Daar was al verskeie pogings om die bokke uit te skiet aangesien hulle nie inheems is nie, maar hulle wei nog alte lekker teen die hange van die berg. PIETER COETZEE, Somerset-Wes…

5 Min.
briewe

’n Aussiesonsondergang Ek en my vrou, Sheila, het onlangs vakansie gehou op North Stradbroke Island naby Brisbane. Ons dogter, Melanie, en haar gesin het na Australië geëmigreer en ons gaan kuier gereeld. Ek het die foto met my Canon 60D-kamera en 18-200 mm-lens geneem en het dit net effens ge-“crop”. Ons sien elke maand uit na die nuwe uitgawe van Weg en geniet dit baie. Ek hou van natuurfotografie en leer baie uit julle fotografie-afdeling. DERRICK THECK, Fourways See van liggies Ek het jare gelede reeds opgemerk dat die see soms blouerig gloei waar die branders breek. Toe die verskynsel in Maart 2019 weer in Valsbaai opduik, het ek om middernag stelling ingeneem op die boonste verdieping van my huis in die Strand. Ek het my kamera op ’n driepoot gemonteer en die lens vir…

2 Min.
v & a

GERT EN HYLA JERLING van Brakpan skryf: Ons was vroeg in die jaar in die Krugerwildtuin en het op ’n vreemde verskynsel afgekom: Wildehonde en hiënas wat saam lê en jag. Daar was ongeveer 17 wildehonde en 7 hiënas by die Welverdiendwatergat langs die S126-pad. Hulle het onder die bome gerus en in die water afgekoel. Die volgende dag het ons ook gesien hoe wildehonde en hiënas saam ’n trop rooibokke in die Orpen-gebied jag. Die wildlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis beslis nie ’n algemene verskynsel nie, maar daar is wel al gevalle aangeteken van ’n enkele roofdier wat saam met ’n ander spesie hou, byvoorbeeld ’n wildehondwyfie wat saam met rooijakkalse bly. Die meeste roofdiere is opportunisties en dis moontlik dat die hiënas geleer het om die wildehonde te volg…

2 Min.
vlieg saam met airlink na botswana

Die Okavangodelta is ’n juweel in die middel van die Kalahari-woestyn. Die safaridorp Maun is jou poort tot die delta, en ’n goeie basis vir toeriste. Verskeie lagunes kronkel rondom graslande, bosse en mopaniewoude. Jy kan die delta te voet, uit ’n mokoro of ’n wildkykvoertuig verken. Só sien ’n mens van Afrika se mooiste wildlewe: Die delta is die tuiste van 164 soogdierspesies, 157 reptielspesies, en 540 voëlspesies wat aan besoekers ’n ongeëwenaarde safari-ervaring bied. Die delta se vloedseisoen val saam met Suider-Afrika se droë seisoen. Dus migreer meer as 200 000 diere in Julie en September na die delta. In hierdie tyd is jy gewaarborg om groot troppe olifante te sien. Byna die helfte van Afrika se olifantbevolking woon in die delta. Jy sal waarskynlik ook die res van…