ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! June 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
geestesteater

E en van die dinge in hierdie onsekere tyd wat soos ’n kameelperd op ’n kaal vlakte uitstaan, is dat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Indien ons te veel tob oor ’n toekoms waaroor ons geen beheer het nie, verval ons maklik in iets wat een van my slim universiteitsprofessors “geestesteater” gedoop het. Angs en onsekerheid veroorsaak dat ons allerlei ongegronde aannames maak, en ons bou voor ons geestesoog ’n wêreld wat nie bestaan nie. Die prof het nie gesê ons moet nooit planne maak nie, maar eerder gemaan dat ons nie vasgevang raak in ’n donker plek wat ons energie en optimisme blus nie. Ek probeer my dus by die hede bepaal. Maar dis moeilik! Totdat ek Toast Coetzer se storie oor Copperton lees (bl.38) en wat Lettie…

1 Min.
agter die skerms

Hoekom reis jy? Reis is in my DNS. Ek het ’n joernalis geword omdat dit jou na plekke neem waar jy nie andersins sou reis nie. Ek onderneem elke jaar twee of drie lang reise, baiekeer om te skryf. Ek skat ek was waarskynlik al in 80 lande. Wat maak dat jy ’n plek altyd onthou? Ek is lief vir geskiedkundige plekke... effe afgeleef en ietwat verweer. Plekke soos Istanboel, Buenos Aires, Hanoi, Porto, Palermo. Die teenoorgestelde is Dubai. Dis saai en karakterloos; ek verpes Dubai. Wat versamel jy op jou reise? My restauranten-gastehuis op Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap lyk soos ’n etnografiese museum: ’n oorspronklike rooi-en-goud Sowjet-fluweelkleed met Lenin se kop daarop, Mexikaanse engele, ’n antieke perkamentrol van Timboektoe, ’n Koptiese perkament uit Eritrea en Vietnamese oorlogsplakkate… Wat reis altyd saam met…

5 Min.
briewe

Toe, staan in ’n ry... Ek en my meisie, Adri van der Merwe, het in Maart vanjaar besluit om na die Pilanesbergwildreservaat te ry. Dit was ’n stil oggend in die reservaat. Ons was op die Tshwene-teerpad toe ’n gewone troupant vir ons sy mooi kleure wys. Die voël het oor die pad gevlieg, in ’n bos gaan sit en ons het foto’s geneem, min wetend dat ’n jagluiperd en haar welpe onder die bos lê en slaap. Ons was baie verras toe hulle wakker word en regstaan vir ’n gesinsportret! DANIE BESTER, Johannesburg Begin jou jaar rég Ek het Weg se aanlynfotokursus ’n jaar gelede voltooi en is nou heeltyd op die uitkyk vir ’n mooi foto. Ek hou daarvan om elke Nuwejaarsdag in my tent iewers in die berge wakker te word. Dié…

2 Min.
v&a

HANNEKE FOURIE-BENEKE van die Strand skryf: Ons was vroegoggend by die Geelbekvoëlskuiling in die Weskus- nasionale park en het dié reuse-seekat op die sand by die strandmeer gesien. Kan hulle in die strandmeer of buite die water oorleef? Die seelewekenner GUIDO ZSILAVECZ antwoord: Gewone seekatte (Octopus vulgaris) is veelsydige jagters en hulle word dikwels in rotspoele – waar die uitgaande gety hulle vaskeer – of op sanderige stroke gesien. Die seekat sal in die Langebaanstrandmeer kan oorleef omdat dit oorwegend seewater bevat. Die meeste seediere sal vrek as jy hulle in varswater sit, maar baie kan geleidelik aanpas en ’n wisseling in die water se soutgehalte verdra. Hy sal egter nie buite die water oorleef nie: Seekatte onttrek suurstof uit water; dus kan hulle nie buite water asemhaal nie. Hulle het ook nie…

3 Min.
podcasts!

Deesdae is daar ’n podcast oor enige ding onder die son: Van reis en politiek tot geskiedenis en selfs Harry Potter! Die lekker ding van ’n podcast is dat jou hande los is; dus kan jy aandete maak, stryk of draf terwyl jy luister. Het jy tydens die inperking ál jou gunstelingpodcasts deurgewerk? Hier’s die Weg- redaksie se gunstelinge. Pierre Steyn • Redakteur My gunstelinge is natuurlik Weg! Stories (sien hiernaas)... En Broken Record, wat puik agter-die-skermsonderhoude en -stories aanbied oor bekende musikante, van John Legend tot dié uit toeka se dae soos James Taylor en Ozzy Osbourne. Dit word aangebied deur die Kanadese skrywer Malcolm Gladwell, die musiekvervaardiger Rick Rubin en die voormalige New York Times- redakteur Bruce Headlam. brokenrecordpodcast.com Esma Marnewick Adjunkredakteur This American Life het meer as 700 episodes. Aanvanklik het ek net…

1 Min.
kry dié app

Kweek ’n digitale woud Die Forest-app help jou om gefokus te bly op ’n innoverende digitale manier – of jy nou werk, studeer of tyd saam met familie of vriende wil deurbring. Elke keer as jy ’n nuwe taak aanpak, “plant” jy ’n saadjie en sleutel jou taak in, asook die tydperk waarin jy dit wil voltooi. Pleks van jou foon se gewone tuisskerm, is die saadjie en ’n klokkie sigbaar op jou skerm. Dié saadjie groei geleidelik tot ’n volwasse boom. As jy jou selfoon gedurende die spesifieke tydperk gebruik, vrek jou boompie. Maar hoe meer gedissiplineerd jy is, hoe meer bome groei, en binnekort het jy ’n digitale woud! Hierdie visuele voorstelling van jou produktiwiteit is ’n verbasend goeie motiveerder. Boonop word jou virtuele woud gekoppel aan regte bome wat die…