ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! July 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
local is áltyd lekker

Sowat een of twee keer elke jaar sit ek op ’n verhoog saam met ander tydskrifredakteurs van Media24 se Leefstylafdeling en ons gesels met ’n saal vol adverteerders en sakevennote oor toekomstendense in reis, skoonheid, mode, gesondheid en dekor. Die insig van my kollegas verstom my elke keer, want soos die Amerikaanse bofballegende Yogi Berra op ’n keer gesê het: “Dis moeilik om voorspellings te maak, veral oor die toekoms.” Yogi was berug vir sy malapropismes; taalflaters wat mense laat lag. Hy het ook gesê: “As jy ’n vurk in die pad bereik, moet jy dit vat,” en “Dis déjà-vu van voor af!” Sy bekendste flater is mooier in Engels: “It ain’t over ’till it’s over.” Dis egter sy “die toekoms is nie meer wat dit was nie,” wat in die…

2 Min.
agter die skerms

Saam met wie het jy gereis? Bhejane 4x4 Adventures bied volgende jaar ’n toer aan deur die Moremi-wildreservaat en Chobe- nasionale park in samewerking met Swampland Safaris. Ek het saam met die gidse Douwe Vlok en Phil van Wyk ’n reccetoer gedoen om te kyk hoe die kampplekke en paaie lyk. Wat is jou gunstelingkampplek? Hier’s g’n tekort aan puik kampplekke langs die roete nie. Xaxanaxa en Savuti is van die bekendste en mooiste kampplekke in Suider-Afrika. In Botswana kan ’n mens nie enige plek in die veld jou tent opslaan nie. Op die toer het ons kamp gemaak langs die Khwairivier – daar was níks. Swampland Safaris bou tans ’n behoorlike kampplek hier. Louis Milne, die eienaar, hoop dinge is gereed wanneer die landsgrense weer oop is. Hou swampland-safari.com dop. Watter van die…

7 Min.
briewe

Lisensie, asseblief ’n Padblokkade is nooit lekker nie, tensy jy deur ses leeus op die Tlou-roete in die Pilanesbergwildreservaat voorgekeer word! Dié twee jong mannetjies en vier wyfies het reguit op my voertuig afgepyl toe ek die reservaat vroeg in Maart besoek het. Dis nie elke dag dat ’n mens ’n trop leeus só in ’n ry sien loop nie... KARIN VAN ZYL, Brits Hoekom so baie satelliete in ’n ry? Ek en my vrou, Antoinette, het onlangs in een van die Eagle’s Nesthuisies by Klein-Aus Vista in Namibië gebly. Ek het my kamera om 8 nm. begin regstel om foto’s van die Melkweg te neem en toe ek opkyk, sien ek ’n satelliet verbykom. Ek het my vrou geroep om te kom kyk. “Dis te oulik,” het sy gesê, maar ek het besef dat…

2 Min.
v&a

MARIEKE VAN DER VYVER van Albertinia skryf: Ek het dié spinnekop wat ’n by vang, in my tuin afgeneem en moes mooi kyk om die besonderse oomblik vas te vang. Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis ’n krapspinnekop (Thomisus daradioides). Die naam is afkomstig van hulle krapagtige manier van beweeg. Hulle lig – nes ’n krap – hulle voorbene as iets hulle bedreig. Die spinnekoppe het dikwels treffende kleure wat wissel tussen wit, geel en pienk. Hulle kan oor ’n paar dae van kleur verander om met hulle omgewing saam te smelt. Hulle is hinderlaagjagters wat sit en wag vir prooi. Hulle gif werk vinnig in insekte, wat maak dat hulle ’n heelwat groter prooi soos dié by kan vang. Hulle steek gaatjies in hulle prooi en suig die liggaamsvloeistowwe uit. Krapspinnekoppe kom algemeen…

1 Min.
plant ’n geskenk

’n Boom vir jou geboortedag Teen dié tyd het oupa Jan al genoeg sokkies en klein Janneman is een Lego-stel weg van ’n bedorwe brokkie. Die nieregeringsorganisasie GreenPop bied ’n vars oplossing: Pleks van ’n stel sakdoeke of slaailepels kan jy vir ’n geliefde ’n boom borg op hulle spesiale dag. Daar is tans twee plekke waar jy vir hulle ’n boom (teen R120) kan laat plant: Die Platboswoud-reservaat naby Gansbaai in die Wes-Kaap of Sons of Thunder, ’n gemeenskapsboerdery in Livingstone, Zambië. ’n Mens kan op Greenpop se webwerf ’n pasgemaakte sertifikaat kies. Die GPS-koördinate van jou geborgde boompie verskyn op die sertifikaat. Laai die sertifikaat af of stuur ’n elektroniese weergawe na jou suster in Dubai. Borg ’n boom donation.greenpop.org/trees – Kyra Tarr Gaan na greenpop.org vir inligting oor GreenPop se projekte. Die kaartjie wat ’n…

1 Min.
groot getalle

1,7 Die geskatte aantal kere wat die Suid-Afrikaanse bevolking (ongeveer 58,8 miljoen) die aarde kan omring as almal skouer aan skouer staan. Die omtrek van die aarde by die ewenaar is 40 075 km, en ons som veronderstel die gemiddelde menslike skouerwydte is 41 cm. 2255 Dis die totale afstand van die N2 in kilometer tussen Kaapstad en Ermelo. As jy nege keer van die Kaap na Ermelo en terugry, sal jy een keer om die aarde gereis het. 163533 Dit is die gesamentlike lengte in kilometer van ál die belangrikste riviere en hulle sytakke in Suid-Afrika. As jy hulle aanmekaar las, sal hulle die aarde vier keer omring! Bronne: statssa.gov.za; nra.co.za; healthline.com…