ZINIO Logo
ENTDECKENBIBLIOTHEK
Reisen & Outdoor
Weg!

Weg! September 2020

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Mehr lesen
Land:
South Africa
Sprache:
Afrikaans
Verlag:
Media 24 Ltd
Erscheinungsweise:
Bimonthly
AUSGABE KAUFEN
3,19 €(Inkl. MwSt.)
ABONNIEREN
14,37 €(Inkl. MwSt.)
6 Ausgaben

in dieser ausgabe

2 Min.
jou reis begin (steeds) hier

Ek moes onlangs van my persoonlike goed in die Media24-gebou in Kaapstad gaan haal. Die kantoor is al sedert Maart gesluit, nog voor die grendeltyd amptelik begin het, en ek moes noukeurig ’n lang lys voorwaardes nakom voordat ek die gebou binnegelaat is. Uiteindelik is net ek en ’n sekerheidsbeampte na die 19de verdieping. Vyf maande gelede was dit ’n miernes vol kreatiewe energie met die redaksionele spanne van tien tydskrifte gedurig aan die woel. Nou voel dit soos ’n kantoorspasie ná die wegraping, leweloos en effe vreesaanjaend. Maar dit blyk toe die enigste monster wat in die donker wegkruip, was ’n vergete toebroodjie in my boonste lessenaarlaai! Ek het aanvanklik gedink dit sou ’n melankoliese ervaring wees, maar toe ek die vrug van ons arbeid gedurende grendeltyd – vyf maandelikse uitgawes…

1 Min.
agter die skerms

Wat is vir jou lekker van agterpad ry? Jy ontspan, want jy kom nie juis mense teë nie. In die algemeen is mense die bron van die meeste kwellings, of hoe? Jy beleef ook ander, nuwe paaie – pleks van dieselfde, geykte weë. Ek het nog nooit die Rooinekpas op die R323 net suid van Laingsburg gery nie. Dis kort, maar ’n skilderagtige ingang tot die Klein-Karoo – die landskap herinner aan Tunisië of Jordanië. Het jy alleen gereis? Ja, ek is mal daaroor om alleen pad te vat! ’n Mens kan ure lank oor dinge tob. Ek kon heelpad na my gunsteling en soms omstrede podcast luister – Making Sense deur Sam Harris. Harris gesels oor onderwerpe soos eksistensiële angs, die menslike natuur en meritokrasie. Wat het langs die roete uitgestaan? Ek…

5 Min.
briewe

Dra jou masker! Ons is getroue wildtuinbesoekers en baie opgewonde dat die inperkingregulasies aangepas is en ’n besoek aan die Kruger nou weer toegelaat word. Ons het so gou as moontlik park toe gemik – hier heers nou ’n anderse rustigheid as tevore. Hierdie komiese prentjie het ons op die H4-1-pad tussen Skukuza en Onder-Sabie begroet – dit lyk asof die buffelkoei ’n masker dra! LOUISETTE LE ROUX, Mbombela Die wildlewekenner L.D. VAN ESSEN sê: Gegewe die buffels tussen Skukuza en Onder-Sabie gesien is, het hulle heel waarskynlik in die oewerplantegroei van die Sabierivier gewei. Die buffelkoei se hooftooisel is ’n rankplant wat moontlik aan haar horing en om haar neus gehaak het toe sy deur die oewerbos beweeg het. Die plante span nie styf om haar kop nie, en sal dus nie beduidende ongemak…

2 Min.
v&a

HANSJA THERON van Die Wilgers skryf: Swartwangparkiette kom eintlik in die Zambesistreek van Namibië en die noorde van Botswana voor, maar het nou hierdie waaierpalms in die ooste van Pretoria hulle tuiste gemaak. Hulle word al ’n geruime tyd saam met rooiwang- en ringnekparkiette gesien. Hoe sou hulle hier beland het? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND sê: Hierdie parkiete is ongetwyfeld die afstammelinge van ontsnapte kouvoëls wat nou wilde bevolkings in die Pretoria-omgewing gevestig het, asook in ander beboude dele van Gauteng. Dis moeilik om die voëls as ’n spesifieke spesie te identifiseer. Nie net het kruisteling tussen die verskeie parkietspesies plaasgevind nie, maar kouvoëlentoesiaste het ook die voëls laat inteel om verskillende kleurvariasies te verkry. Dit wil voorkom asof die Pretoria-bevolking afstam van rooiwangparkiete, Fischer-parkiete, Tanzaniese geelhalsparkiete en selfs swartwangparkiete, maar die voëls…

3 Min.
kortliks

Dis tyd vir ’n selfie, Suid-Afrika! Die internasionale reiswebwerf Big Seven Travel sê foto’s van Suid-Afrika is die vyfde gewildste om op Instagram te laai. Danksy ons land se staproetes, wye strande en dramatiese natuurtonele is dit ’n “droombestemming”. Maar dit weet ons reeds, of hoe? Australië is in die eerste plek, gevolg deur Hongkong, Kanada en Indonesië. Hier’s die top- plaaslike plekke en dinge wat Suid-Afrika gehelp het om toerismeswaargewigte soos Italië, Frankryk en Thailand te klop: 1 Bloubergstrand, Kaapstad 2 Sabi Sand- private wildreservaat, Mpumalanga 3 Jakarandabome in Pretoria 4 Die Mandela Capture Site, KwaZulu-Natalse Middelland 5 Die Orlando-torings, Soweto Indien jy jou al by enige van hierdie plekke afgeneem het, is jy trending! Bekyk die volledige lys van die beste Instagram-bestemmings by bigseventravel.com. Koffie met ’n gewete Die boetiekkoffiegier het behoorlik in Suid-Afrika posgevat. Ons is bederf met…

1 Min.
aftrek plek

Velskoendraai, Clanwilliam Volgende keer as die hongerpyne jou knap by Clanwilliam op die N7 oorrompel, swaai gerus hiér in. Die Velskoendraai-padstal-en-restaurant is op die rand van die dorp en het alles wat jy van ’n goeie aftrekplek verwag: vars brood (R30), plaasbotter (R70), melktert (R120), heuning (R70), beskuit (R70) en ’n groot verskeidenheid speserye, souse en ingelegde produkte. Jy kan selfs ’n tweedehandse boek of ’n vetplantjie vir jou kombuisvenster aanskaf. Clanwilliam is ons land se rooiboshoofkwartier en daarom sal jy ook allerlei produkte met dié bossiegoed as bestanddeel aantref. Het jy al ooit van ’n rooibosrissiesmeer gehoor? Dit smaak vorentoe op roosterbrood! Hier’s ook velsorgprodukte met ’n rooibosekstrak, ’n rooibos-muffinmengsel en ’n mens kan ook ’n rooibosproe (R35 p.p.) geniet. Smaaklike etes is heeldag beskikbaar. Vir ontbyt beveel ek die Velskoen (eiers,…