EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif

August 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
SUBSCRIBE
$14.68$11.74
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Met die langste nag en kortste dag nou verby (dankie tog) kan daar net goeie dinge voorle! Ons het nou almal in ons nuwe normaal gevestig geraak – selfs hier by Lonehill het die nuwe ritme om by die huis te werk en slegs by die kantoor in te waai vir noodsaaklike vergaderings die nuwe norm geword. Ek glo vas dat ons as onderneming tot dusver die ergste van die ergste uitdagings te bowe gekom het. Ons is steeds hier, aan die publiseer, ons hou jou op die hoogte op Facebook, het weeklikse afsprake met jou regstreeks op Facebook, en, (kan jy dit glo!) ons begin volgende week met die verfilming van die volgende seisoen van The Gardener vir The Home Channel! Ek wil julle almal graag bedank vir jul onwrikbare…

2 min.
blomelegansie

Camellia ‘Valentine Day’ Dit is’nstadiggroeiende maar taai kultivar van C. japonica en C. reticulata, en word as’noutydse erfenisplant beskou. Gebruik dit as groot agtergrondstruik of klein eksemplaarboompie (1,8 m – 2,4 m). Die groeiwyse is regop en immergroen met ovaal blink blare. Baie groot dubbelblomme met opvallende roosknopharte verskyn van laatwinter tot die lente. Die blomkleur is dieproospienk. Die groeivereistes is spikkelskadu (oggendson en namiddagskadu), goed dreinerende, komposverrykte suur grond en’norganiese deklaag om die wortelstelsel koel te hou. Waterbehoeftes is matig tot laag, maar spits jou daarop toe om die plante tydens knopvorming van laatsomer tot die herfs nie te veel te laat uitdroog nie. Loropetalum ‘Plum Gorgeous’ Hierdie struik (1,5 m x 2 m) het dramatiese donkerpruimkleurige loof en behou die ryk kleur heeljaar. Die groeiwyse is dig, effens neerhangend en van nature…

5 min.
mirtehof is plaastuin-adel

Soos ‘n trotse boervrou haar beste familiesilwer en tafellinne uithaal wanneer sy ‘n gebakte skaapkop aan haar kuiergaste voorsit, sit hierdie Karootuin sy beste voetjie voor vir besoekers. In ‘n vrugbare vallei gevoed deur waterstrome vanaf die Noordelike hange van die manjefieke Swartberge, blom ‘n plaastuin wat die spreekwoordelike ‘barheid’ van die Groot Karoo totaal weerspreek… Een van die digter en skrywer, C. J. Langenhoven, se gesegtes was: “Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan”. Hierdie stukkie filosofie, kan nie ‘n meer tasbare bewys wees as die pragtuin van die Mirtehof landgoed in Prins Albert, wat in net sowat twee-en-‘n-halfjaar van niks af opgebou en aangeplant is nie. Prins Albert het ‘n ryk geskiedenis wat selfs ‘n goudstormloop en koninklike invloede…

3 min.
van suikerriet tot apploustrekker … suidkusprag op sy beste

Die inheemse tuine van Renishaw Hills het beslis baie aandag getrek, met inwoners sowel as besoekers wat opgemerk het hoe skouspelagtig dit heeljaar lyk. Verlede jaar het die KZNtak van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika die ontwikkelde leefstyldorp gekies om hul Wintertuine Ope Dag aan te bied, en ons by Die Tuinier het die geleentheid aangegryp om self te kom kyk. Renishaw Hills op Scottburgh in KwaZulu-Natal is’nware kusjuweel. Dit is binne die Mpambanyonibewaringsontwikkeling geleë en die ontwikkelaar se verbintenis tot die natuur is onmiddellik sigbaar as jy met die indrukwekkende toegangspad opry oor’ngroot vleiland wat tans herstel word. Die florerende omgewing is inderdaad die gevolg van die verbintenis, versiendheid en werk van die ontwikkelaars. Sowat vyf jaar gelede is begin met die vestiging van die Izinyoni Indigenous Nursery om plantmateriaal…

2 min.
veelsydige wildeperske

Die wildeperske is’nklein of middelgroot immergroen of halfbladwisselende boom wat maklik groei. Hoewel dit gewoonlik 4 tot 13 m hoog met’nverspreiding van sowat 3 m in tuine word, kan baie ou eksemplare in die natuur tot 20 m hoog word. Dit behoort tot die familie Achariaceae, kom wydverspreid in Suid-Afrika voor van die Wes-Kaap tot Limpopo, en strek tot in Kenia in tropiese Oos-Afrika. Dit word in volson aangetref aan die rande van kus- en binnelandse bosse asook teen rotsagtige heuwel- en berghange. Na gelang van die natuurlike habitat kan die blaarrande plat of effens golwend, of sterk getand en gelykvormig aan die van kommersiele perskebome wees, vandaar die volksnaam. Die bome ontwikkel soms veelvuldige stamme en het’naantreklike gladde liggrys bas wat uiteindelik grof en wit by ou eksemplare raak.’nInteressante kenmerk…

4 min.
water- fokuspunte om jou tuinontwerp op te kikker

Maak jou oe toe. Stel jou’nkol in jou tuin voor om in te ontspan – die plek waarheen jy gaan as jy van die wereld wil ontsnap,’nruimte om’nblaaskans te neem en in vrede te kan verkeer. Stel jou voor die vars lug, die klanke van voels en blare wat om jou ritsel as jy sug en in die natuur en al sy prag neersak. Ongeag wat jy jou voorgestel het, waarborg ek dat dit aansienlik verbeter kan word met die byvoeging van’nwaterfokuspunt (tensy jy jou reeds een voorgestel het, in welke geval jy’npluimpie verdien). Die klank van water streel ons van nature omdat ons brein die klank as niebedreigend vertolk en ons selfs in’nmeditatiewe staat kan laat ingaan.’nModerne waterfokuspunt in jou tuin roep ook uit: “Ek’s’npro met tuinontwerp. Ek het geweldig…