EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif November 2019

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
$14.76
12 Issues

in this issue

3 min.
welkom

ʼn Deel van my posbeskrywing (mmm, wat is dit?) is om praatjies te lewer. Dit is gewoonlik vir tuinliefhebbers, voornemende tuiniers, beginners en ook werklike kundiges. Hierdie aanbiedings is vir my tweede natuur, en ʼn groot liefde. (Ek dink dit is die onderwyseres in my wat kop uitsteek.) ʼn Snaakse storie is dat ek ʼn beurs gekry het om na skool onderwys te gaan studeer. My pa was al oorlede en my ma het alles moontlik gedoen om my die geleentheid te gee om te gaan leer. Soos baie ouers weet, is klasgeld een ding – dis die kos, boeke, vervoer en ander lewenskoste wat dit werklik duur maak! En ook om die eerste van drie te wees om ʼn beurs te kry was regtig ʼn groot ding in ons gesin.…

2 min.
drie mooi mengplante

Asteriscus Asteriscus (Asteriscus maritimus ‘Teris Yellow’), wat in Engels as die Mediterranean beach daisy of gold coin daisy bekend staan, is afkomstig van die Kanariese Eilande. Dit is ʼn taai, immergroen klein struikie met leeragtige en effens donsige dofgroen loof asook talle pragtige goudgeel madeliefieagtige blomme. Die hoofblomtyd is in die lente en somer met meer blomme gedurende die jaar. Dit is ʼn uitstekende geronde grondbedekker vir warm en droë gebiede in goed gedreineerde sandgrond, en verdra ook winderige kustoestande baie goed. Hierdie gelukkige plantjie word vir xeriskappering (waar baie min water gebruik word) aanbeveel en om tussen aalwyne en veldgrasse in natuurtuine te plant. Dit is klaarblyklik ook “bokbestand”. Die volwasse grootte is ongeveer 45 tot 60 cm. Calibrachoa Die woord calibrachoa verteenwoordig ʼn uitstekende spreidende jaarplant met enkelof dubbelblomme wat soos klein…

3 min.
toskaanse skat

Hierdie pragtige tuin is met Italiaanse inspirasie in ʼn Afrika-omgewing aangelê. Twee jaar gelede het Nolan en Lillian Antonie en hul seuntjie, Luke, in hul droomhuis in Muldersdrift ingetrek. Die Toskaanse styl van die landgoed het die huis argitektonies geinspïreer, en die Antonies wou ʼn tuin hê wat esteties daarby sou aanpas. Hulle het hulle tot tuinargitek Debbie Smit van Foxgloves Landscape Design gewend om hulp met die projek. Wenslysie Debbie het saamgewerk met Nolan en Lilian, wat albei lang ure werk, om met ʼn ontwerpplan te kom. Hul vereistes was as volg: • ʼn Mooi minsorgtuin in die Toskaanse styl om by die argitektuur aan te pas.• ʼn Buiteonthaalruimte wat naatloos by die ontspanningsgebied binne aansluit.• ʼn Kruie en groentetuin waarin hulle hul eie organiese kos kan kweek en jong Luke met die…

3 min.
backyard show garden design competition

Die eerste keer in die 44 jaar van die tuinskou kon vooruitstrewende tuiniers inskryf vir ʼn openbare fokustuinkompetisie, wat deur Blackwood’s Home of Gardening geborg is. Hierdie kompetisie het persone wat nie tuinargitekte is nie, in staat gestel om met hul groen hand te spog op die heel beste manier moontlik – om ʼn tuin van voor af te skep. Hier is die vyf tuine… Elke tuin, wat van die hoogste standaard was, is volgens die streng fokustuinriglyne beoordeel. Die deelnemers kon een van die volgende vyf temas kies vir hul tuine van 3 by 3 m: • Waterslim• Eietyds• Kothuis• Eetbaar• Vetplant 1ste Plek Kothuis Ontwerp en aangelê deur Shaun van Huyssteen Shaun is ʼn melkboer in die Underbergomgewing en was nog altyd ʼn passievolle tuinier met ʼn liefde vir rose. Hierdie kompetisie het hom in…

7 min.
nooi die wildernis in

Daar is nie ʼn beter manier om ʼn kamer op te vrolik as met regte lewende goed nie. Dit is wetenskaplik bewys dat plante jou bui lig en die luggehalte verbeter. Die afgelope tyd was die binneontwerpwerêld egter gerig op hoe plante jou interieurs kan verbeter. Saam met die groeiende neiging van milleniër-“plantbeinvloeders” wat nuustoevoere met weeklikse kiekies van hul perfek versorgde huisversameling infiltreer, het sogenaamde plantverslawing die nuwe gier geword. Met moderne ontwerp wat in so ‘n mate op gedempte kleure en skoon lyne gerig is, is dit geen wonder dat die wilde en chaotiese kenmerk van die natuur nou hoog in aanvraag is nie. Dit is die belangrikste binneontwerpneiging vir tuinliefhebbers, en as iemand met amper 40 huisplante wat dit heelhartig aangryp, kan ek met sekerte sê daar…

2 min.
verstom met begonias

Verlede jaar tydens ʼn reis na Rusland het pragtig saamgestelde beddings van begonias, heuningblomme, afrikaners en silweragtige dusty millers my verstom in Moskou se Kremlin-paleistuin, in Sint Petersburg en ook om die talle pragtig gerestoureerde kerke en katedrale. Al het ons nie daardie soort plek nie, probeer om dubbeld of dalk drie keer soveel begonias as gewoonlik te plant in ʼn bedding, as randakker vir rose, op die sypaadjie of as grondbedekker. Die helder spatsel kleur sal almal in hul spore laat vassteek. En die naasbeste is: Van al die begonias is beddingbegonias (Begonia semperflorens) die beste bestand teen droogte. Die wasagtige bedekking op die plant se groen of bronskleurige blare verminder die verlies aan water uit die blare, en die water wat in die vlesige stingels geberg word, stel die plant…