EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif January 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
$14.76
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Ek hou van hoe die vakansie ruik, die lang dae wat met die vroeë sagte kleure begin, die suikerbekkies wat die vroegoggendlig en doudruppels terdeë benut, die stadige koppies koffie en die baie koppies wat koud word omdat ek van vroeg af aan in die tuin is. Op die een of ander manier verlê ek ʼn koppie êrens in die struiktuin en maak dan uiteindelik nog een, en familie en vriende kom loer meer as gewoonlik in, dus stapel die koppies op sodat die hele wasbak teen die aand oorloop. As hulle maar net vanself kon skoon kom. Stel jou ook voor as koffiebekers die menigte gesprekke wat hulle hoor in ʼn ingeboude hardeskyfaandrywer kon opneem. Ek noem dit die “ooraandrywer”, en wanneer ons gedurende die wintermaande rasend is omdat dit…

1 min.
sjarmant op die rand

Acorus gramineus ‘Golden Edge’ Hierdie veelsydige grondbedekker met sy helder goudkleurige loof is ook bekend as die Japanse kalmoes. Die goudkleurige polle sagte buigende gras kan gebruik word as sierrand vir meerjarige en struikbeddings, in groot groepe as massa-aanplanting, as helder vullerplante in houers, en selfs as waterplante in dammetjies. Die volgroeide grootte is sowat 30 by 30 cm. Euphorbia ‘Diamond Frost’ of ‘Breathless’ Hierdie nuwe euphorbia sal jou asem heeltemal wegslaan as die geronde meerjarige met ʼn massa wit blomme oortrek raak in al die seisoene behalwe die winter. Die plant is droogtebestand, het min water nodig en groei gelukkig in volson tot skadu, en dooie blomme hoef nie verwyder te word nie. Dit is die perfekte keuse vir ʼn randakker of om in houers te gebruik. Die planthoogte is 25 tot…

4 min.
tuinmaak in die newels

Sy is nie net ‘n tydskrifredakteur nie, maar ook ‘n plantkenner en - liefhebber van faam. Ek het die voorreg gehad om saam met haar te reis en het gesien hoe opgewonde sy raak by die ontdekking van ʼn plant wat sy (nog!) nie het nie, en as jy haar op Facebook volg, sal jy weet dat daardie plante altyd hul pad in haar tuin in vind. As sy vlieg, sit sy dikwels met ʼn spesiale plant op haar skoot as dit nie in ʼn boks ingepas het nie! Sy het soveel passie – die entoesiasme en liefde wat sy vir haar tuin het, oortref die norm van fanaties wees! ʼn Mens dink dalk omdat Tanya die tuinmaakkennis het, is tuinmaak vir haar maklik. Eintlik het sy presies dieselfde probleme as…

3 min.
januarie

Plant Salvias Vir langblywende kleur in die tuin kan jy nie ʼn fout maak met Salvias (salies) nie. Daar is soveel verskillende soorte wat onder jaarplante, tweejaarplante en meerjariges, en immergroen en halfimmergroen struike val dat daar talle is om van te kies, waaronder die kombuiskruievariëteite. Salies verkies volson, maar baie sal ook in halfskadu goed vaar. Dit moet goeie grond wees wat goed dreineer en met hope kompos verbeter is. Maak goed nat in die groeityd en dien ʼn deklaag toe. Verwyder verwelkte blomme om nog blomme aan te moedig. Daglelies Soos die naam aandui, hou die blomme van daglelies (Hemerocallis) net ʼn dag of twee maar blom lank opeenvolgend en is in ʼn groot reeks kleure te kry. Gereelde natmaak en ryk grond moedig hulle aan om te blom. Plant in…

3 min.
februarie

Plant Gaillardia Gaillardias word algemeen kombersblom genoem vanweë hul spreidende aard en is kortstondige meerjariges met die helderste madeliefieagtige blomme. Hulle selfsaai ook, blom herhaaldelik vir ʼn lang tyd met kleur en is rypgehard. Plant hulle in volson in goed dreinerende grond (vermy kleigrond) en wag vir die skoenlappers. Hulle verkies skraal grond, vermy dus bemesting. Verdeel die plante elke twee tot drie jaar om hulle aan die gang te hou. Lachenalia Vir volson kan jy nie ʼn fout maak met die inheemse Lachenalia nie. Hulle hou van goeie dreinering en ligte grond en vaar goed as hulle in rotstuine, voor in tuinbeddings of in potte geplant word. Moenie tydens plant kompos gebruik nie en voeg sand by om die grond ligter te maak. Maak deur die jaar gereeld nat behalwe in die…

3 min.
maart

Plant Coleus Kry josefskleed (coleus, Solenostemon) vir kleur in al die seisoene. Hulle groei in kolle volson tot skadu en het baie min sorg nodig. Die kleur en vlekmengsels op hul blare maak van hulle baie spesiale plante en hul blomme is nie van belang nie. Sny inderdaad die blomstingels af voor hulle blom om die blare bosagtig te hou. Hulle kom van die trope en hou dus van hitte, vog en ryk grond, nie van ryp nie, en moet in die winter toegemaak word. ʼn Deklaag help met waterhouding, maar voorkom aanraking met die stingels anders kan hulle vrot. Hulle aard goed in houers. Chasmanthe Die maklik-om-te-kweek inheemse Chasmanthe is hoog en elegant vir die agterkant van blombeddings. As hulle eers geplant is, kan hulle baie jare in die grond bly. Hulle…