EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif February 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
$14.76
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Honderd jaar later soek ons as tuiniers steeds na dieselfde goed: eties verkry, tuisgekweek, organies en omgewingsvriendelik. Ek hoop jy is al gewoond daaraan om die regte jaartal op dokumente en op die aaklige lisensiehernuwingsvorms te tik. Dit is nie sleg om te tik nie omdat daar die immer nuttige skrap-en trusleutel is, maar o gits, handgeskrewe vorms maak jourasend! Dis seker duidelik dat ek eerstehands ervaring hiervan het. Ons is nietemin daar, in die 2020’s, herinner jou dus gereeld daaraan en neem altyd twee vorms ingeval jy die eerste een verkeerd kry! Waar was tuinmaak dus 100 jaar gelede? Wat was die neigings toe? Dit het my aan die dink en aan die grawe (verskoon die woordspeling) die verlede in gesit, en siedaar, ek moes glimlag, selfs lag. Lees hierdie uittreksel…

1 min.
koel vir skadu…

Blechnum gibbum Hierdie varing met sy skraal stam wat soos ʼn miniatuurboomvaring lyk, is ʼn sierlike plant met mooi varingblare wat in ʼn simmetriese roset gerangskik is. Dit groei maklik in klam maar nie aanhoudend sopnat grond nie in diep skadu as ʼn onderbosplant tussen skadubome, en bereik uiteindelik ʼn hanteerbare hoogte van ongeveer 90 cm. Maak dit gereeld nat, verkieslik nie oorhoofs nie, maar liewer op die grond. Dit is ʼn wonderlike huisplant waar dit in ʼn vogtige atmosfeer en in goeie lig gehou moet word. Dracaena aletriformis Die grootblaardrakeboom is ʼn pragtige en sterk aksentplant vir diep skadu in warmer tuine en kan maklik 2 m by 1,5 m groot word. Dit is meestal enkelstammig (soos ʼn cordyline) met groot leeragtige donkergroen en swaardagtige blare. Fyn skerms groengeel blomme verskyn in…

3 min.
ʼn nuwe lewe

Toe die vernietigende brand in Junie 2017 deur Knysna gejaag het, is die Knysna Hollow Country Estate platgebrand. In Oktober 2017 is met die herbouing begin, en presies een jaar later het die landgoed geopen met die splinternuut ontwerpte geboue en uitgestrekte tuin. Voor die brand was die landgoed met sy rietdakke deur volwasse bome omring en het die tuin hoofsaaklik uit skaduliewende plante bestaan. Die argitekte het ʼn elegante, moderne ontwerp vir die herbouing voorgestel, en Knysna se bekende tuinargitekte, Lynnette en Minnaar Joyce van Earthbound Landscapes, het ʼn ewe moderne en innoverende tuinontwerp aangebied om die nuwe geboue af te rond. Begin oor Na die brand was die twee swembaddens die enigste oorblywende strukture op die landgoed en was vanselfsprekend die beginpunt van die nuwe ontwerp. ʼn Buiteleefgebied is by al…

6 min.
tuin kinders is gesonde kinders

Feit: Om buite te wees versterk breinontwikkeling Talle studies sit die voordele van buitewees vir kinders uiteen veral wat breinontwikkeling betref. Die uitvoerende funksie – wat soms as die “HUB van die brein” bekend staan en ons help om take te bestuur, doelwitte te stel en probleme op te los – word geoefen wanneer kinders toegelaat word om ongestruktureerde tyd buite deur te bring. Skeppingsvermoë is ʼn belangrike deel van die uitvoerende funksie wat kinders help om probleme op te los en hulself te vermaak deur hul verbeelding in te span. Deur die uitvoerende funksie in die vroegste jare te oefen help kinders wat begin skoolgaan om te konsentreer, take te voltooi en verskillende take gelyktydig te verrig, hul emosies te beheer en opdragte uit te voer (meestal). Dit is dus…

1 min.
rol albaster rol

Jy het nodig • 915mm mm x 625 mm x 10 mm-laaghoutblad• 2,5 m x 25 mm-PVC-pyp, gesny in 8 lengtes wat wissel van 750 mm tot 100 mm• 16 x 25 mm-PVC 90°-elmboë• 4 aftrek-en-plak-magneetvelle* (450 mm x 310 mm)• 20 klein 20 mm x 3 mm-skyfmagneetjies*• Epoksihars• Kontakkleefmiddel• Albasters Gereedskap Ystersaag, potlood, maatband Maak so´ 1 Plak die aftrek-en-plak-magneetvelle op die laaghoutbord. (As dit nie goed vassit nie, gebruik kontakkleefmiddel – ons het.) 2 Sny die PVC-pyp met die ystersaag in agt lengtes (of soveel jy wil hê). 3 Druk 90°-elmboë aan albei punte van elke pyp in. 4 Gom skyfmagnete met epoksihars aan elke pyplengte vas. Ons het twee aan elk van die korter lengtes en drie aan elk van die langer lengtes gebruik. Ons het gevind dat ʼn magneet elke 150 mm goed werk. 5…

3 min.
sedums… so sappig!

Vetkruie is deel van die enorme en veelsoortige Sedum-genus in die Crassulaceae-familie waarvan talle variëteite onlangs baie modieuse pot-en tuinplante geword het. ʼn Paar van die tapytvormende sedums word ook geplant om lewende dakke te maak, wat in sommige lande met isolering help. ʼn Eenvoudige definisie sou wees dat vetkruie meerjarige plante met dik sukkulente blare en vlesige stingels is en bekend is vir bestandheid teen uiterste koue en droogte. Laaggroeiende sedums versprei op die grond langs en skep rondings en tapyte van sukkulente loof wat vanweë wisselende seisoene en temperature kan verkleur. Hulle kan van die laat lente tot die herfs ʼn oorvloed trosse piepklein stervormige blommetjies dra waarvoor bestuiwers so lief is. Hierdie platliggende sedums word dikwels gebruik in xeriskappering (ontwerpe wat slegs van natuurlike reënwater afhanklik is), in gruistuinpatrone,…