EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif July 2020

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
Read More
SUBSCRIBE
$14.76
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Ek skryf hierdie brief aan jou op die koudste nag van die jaar tot dusver. Dit het in die Oos-Kaap, op Clarens en op die berge om Ceres gesneeu, en Sutherland herinner ons daaraan dat dit een van die koudste plekke in ons land is. Die winter is hier, en ek hoop regtig jy is knus en warm, en so ook jou rypgevoelige plante. Ek hoop hulle is met rypdoek toegedraai en beskut! Party dae gedurende hierdie veranderde lewenstaat wens ek dat ek my eenvoudig net kan toedraai en die wereld, die taai besluite en die immer veranderende landskap kan ignoreer waarmee ons daagliks te doen het. Ek mis my span soveel. Ek mis hul energie, die kantoorgeskerts, springmielies elke dag teen omtrent drie-uur, en pizzas vir almal as ons…

1 min.
twee springbokke en ’n wallaby!

Twee pragtige hibriede is uit twee endemiese genera in die fynbosfamilie ontwikkel, en ook een uit ʼn genus wat in Wes-Australie endemies is. Ons het ons ore oopgehou en kan verslag doen dat hierdie pragstukke tydens inperking soos blits gegroei het en nou vir die publiek beskikbaar is. Hulle hou van volson, water af en toe as hulle eers gevestig is, goed gedreineerde grond, genoeg groeiplek en geen “sosiale afstand” van jou af nie. Chamelaucium (geraldtonwasplant) Geraldtonwasplantspesies is van Australie afkomstig en is baie taai, vinniggroeiende immergroen struike met aromatiese naaldagtige loof. Hoe stingels dra ʼn massa wasagtige klein blommetjies met ʼn subtiele heuninggeur. ʼn Lieflike hibried genaamd ‘Morning Delight’ wat van C. megalopetalum en C. uncinatum geteel is, het ons aandag getrek. Treffende wit blomme met ʼn sweempie pienk word van laatwinter…

4 min.
tunzini… gevonde paradys

KORTLIKS Wat: Privaat tuin Waar: Kranzkloof, KZN Grootte: 2 acre Klimaat: Warm en vogtig Eienaars: Peter en Brigid Turner Toe Peter en Brigid Turner sowat 36 jaar gelede na hul eerste eiendom gaan soek het, was dit Peter se passie vir voels en belangstelling in ekologie en biodiversiteit wat die doelwit vir die soektog gestel het. Hulle wou grond met natuurlike plantegroei he en, indien moontlik, ʼn stroompie. Daar vind hulle toe die perfekte plek in Forest Hills, KwaZulu-Natal, nie ver van die asemrowende Krantzkloof-natuurreservaat af nie. Die grond het bestaan uit ʼn strook natuurlike grasveld met verspreide kolle bosse teen ʼn sagte helling wat steiler raak en afloop na ʼn pragtige natuurlike stroompie wat in die Krantzkloof-natuurreservaat inloop. Bykomend hierby was ʼn ver maar ononderbroke uitsig op die see. Brigid se pa, ʼn argitek, het ʼn huis…

2 min.
dink nuut oor plaveistene

Besoekers se reaksie op plaveistene sal waarskynlik groter wees as op enige ander element in jou tuin. Plaveistene as voorpaadjie skep die eerste indruk van jou huis, lei mense deur jou noukeurig saamgestelde tuin en omring sitgebiede wat mense bymekaarbring vir middagtee of jou Vrydagaandvleisbraai. Die belangrikste is dat hulle keer dat mense die grondbedekker plattrap of die grasperk verwoes en daarom moet hulle voorrang geniet. Hier is ʼn paar wenke om jou plaveistene opvallend te maak. Bring die kunstenaar in jou te voorskyn ʼn Vervelige paadjie kan selfs die skeppendste tuine valer maak. Plaveistene bied jou die geleentheid om ʼn bietjie ekstra flair te verskaf wat nie met plante alleen bereik kan word nie. Speel ʼn bietjie met patrone vir ʼn titsie onvoorspelbaarheid, of meng vormkombinasies in verskillende tuingebiede. Baie mense…

1 min.
pastelpot

Kry bymekaar • ʼn Houer• 1 sakkie waterhoudende kristalle soos EXLGel• Potgrond• ʼn Hand vol organiese misstofkorrels• ʼn Hand vol beenmeel of superfosfaat• Gruis vir dreinering• 1 x pelargonium rooi-wit (Pelargonium ‘Villetta Red White’)• 1 x pelargonium pienk (Pelargonium ‘Tacari Pink’)• 1 x verbena (Verbena ‘Obsession Twister Purple’)• 1 x calibrachoa (Calibrachoa ‘Colibri Cherry Lace’) Maak so • Voeg eers die sakkie waterhoudende kristalle en dan die organiese misstof en beenmeel by die potgrond by en meng goed.• Gooi ʼn laag gruis in die pot en maak dit halfvol potgrond.• Plaas die pelargoniums na agter in die pot en vul die voorkant op met die verbena en calibrachoa wat na die kant toe wys om ʼn tuimelende effek te verleen. Vul die openinge op met potmengsel.• Maak goed nat en kry ʼn sonkolletjie…

1 min.
puik petunias!

Petunias het nie ʼn bepaalde seisoen nie en kan eintlik heeljaar geplant word. Dis egter in die koue en droe laat wintermaande wanneer ons so desperaat vir vrolike kleur is dat hul opgewekte blomgesiggies troos gee en nie deur tye van swaar somerreen of strawwe hitte ontsier word nie. Winter is tradisioneel ook ʼn tyd om ons vensterbakke, hangmandjies en potte oor te plant om vol in die blom vir die lente te wees. Dit sal moeilik wees om beter plante te kry as die fantastiese nuwe petuniavarieteite wat in die besonder vir hierdie gebruike geteel is! Die “verouderde” teenoor die nuwe? Die petuniawereld is voortdurend aan die verander met nuwe reekse wat jaarliks verskyn. Aangesien die petunias wat ons plant tuinhibriede is, beteken dit dat hulle eintlik “mensgemaakte” blomme is wat voortdurend…