ZINIOlogo
UDFORSKBIBLIOTEK
Huisgenoot: Vuurwarm

Huisgenoot: Vuurwarm

Huisgenoot: Vuurwarm
Tilføj til favoritter

Warm gloede? Beneuktheid? Onwelkome ekstra kilo’s? Die menopouse is nie almal se vriendin nie, maar dit kondig ook vir vroue in hul middeljare ʼn opwindende lewensfase aan waarin jy jou op nuwe maniere kan uitleef. Vuurwarm is Huisgenoot se tydskrif spesiaal vir vroue in hul menopouse – volgepak met kennersraad en inligting oor simptome en hoe om dit vas te vat, hormoonterapie, mode, skoonheid (plooie!) en jou liefdeslewe. Asof dit nie genoeg is nie, deel verskeie vroue wat die menopouse-T-hempie al lank dra, hul ervaring en raad – van Henriëtta Gryffenberg en Hannelie Warren tot Denise Newman en selfs iemand wat in haar 50’s ʼn gesogte model geword het!

Læs mere
Land:
South Africa
Sprog:
Afrikaans
Udgiver:
Media 24 Ltd
Frekvens:
One-off
KØB UDGIVELSE
33,25 kr.(Inkl. moms)
ABONNER
33,25 kr.(Inkl. moms)
1 Udgivelser

i denne udgave

1 min.
redakteursnota

JY VOEL dit aankom: daardie oorweldigende warmgloed wat jou laat voel of jy van elke laag klere aan jou lyf ontslae wil raak. Dit gebeur dikwels snags en hou jou uit die slaap, of soms bedags sommer so in die middel van ’n gesprek. Om nie eens te praat van die ekstra kilo’s, die stres wat onverwags opwel en al die ander lastige dinge wat skielik hier in die middeljare kom pla nie. Die menopouse is sowaar nie aldag maklik nie. Maar alle vroue beleef dié oorgangsfase, en jy is nie alleen nie. Al praat ons nie altyd openlik met mekaar daaroor nie, is die uitdagings van die middeljare nie iets waaroor ’n mens verleë hoef te voel nie. Dis immers ’n natuurlike oorgang en ’n lewensfase wat ons as vroue oor eeue heen…

8 min.
glip deur die gloede met dankbaarheid

SY SAL nooit die eerste keer vergeet toe ’n warmgloed op die stel van die kykNETsepie Binnelanders oor haar gespoel het nie. Daar moes dadelik halt geroep word en terwyl haar hare en grimering verfris is, het sy iemand op die vloer uitbundig hoor lag. “Jy staan daar en dink: Ag, Here, kan ek net dood neerslaan,” is hoe die aktrise Hannelie Warren die ervaring onthou. Hannelie (56), wat onder die jong klomp van die Binnelanders-kliniek as hul geliefde tannie Ilse Ferreira bekendstaan, sê sy het daardie dag baie skaam gekry. Vandag slaan daar steeds so nou en dan ’n warmgloed toe terwyl sy op stel is, maar deesdae hanteer sy dit baie beter. “Ek dink die ergste is wanneer dit in die openbaar gebeur en mense daarop reageer,” sê sy. Dis veral jonger…

1 min.
‘hoe ek dié fase aangepak het’

• Onthou om dankbaar te wees. • Pas jou gesondheid beter op. • Hou altyd ’n waaiertjie of koue waslap byderhand vir wanneer die warmgloede toeslaan. • As jy van nature maklik warm kry, moet jy klere dra wat jy maklik in lae kan uittrek. • Kies ’n haarstyl wat sweet kan hanteer sodat jou hare nie later deurmekaarkrul of in toutjies hang nie. • Jou vel word droër, dus moet jy dit beter versorg. • Loop lig vir skerp speserye! Ek was mal oor dié soort kos, maar het opgehou om dit te eet en dadelik die verskil gevoel. • Moenie ’n warm drankie op ’n warm dag drink nie; geniet liewer ’n koeldrank. • Moenie skaam wees om hulp te vra nie: Dis oukei om nie alles te weet nie. • Gaan ginekoloog toe en vra raad…

5 min.
101 menopouse

Moet jy dokter toe gaan? Moet jy pille drink? Hoe gemaak as jy depressief voel? Ons beantwoord jou vrae in dié blitskursus oor die menopouse VROUE weet maar alte goed hoeveel verandering daar in die lewe is: van dogtertjiedae af wanneer jou liggaam begin verander, jy jou eerste maandstonde kry, swangerskap en geboorte ervaar en dan natuurlik wanneer die menopouse toeslaan. Menopouse is soos al die vorige fases onvermydelik vir elke lid van die skoner geslag. En al laat die blote gedagte jou in koue sweet uitbars, is die werklikheid dat jy die uitdagings en veranderinge van dié fase ook sal oorkom. Vroue is immers bekend vir hul sterk wil, aanpasbaarheid en krag wanneer die lewe sy uitdagings bring. Kennis is mag – en dit geld ook dié nuwe hoofstuk in jou lewe. Hoe…

1 min.
wat jy alles kan verwag

Waarvoor kan jy op die uitkyk wees wanneer die menopouse toeslaan? Daar is geen vaste klassifikasie van watter simptome jy wanneer kan verwag nie, sê dr. Tobie de Villiers van Kaapstad. Simptome word wel verdeel in vaso-motoriese simptome (dié term dui op bloedvaatjies wat afwisselend wyer en nouer word) soos warmgloede en nagsweet vroeg in die menopouse; medium-termyn-simptome wat die blaas aantas en seksuele aktiwiteite raak; en langtermyn-simptome soos kardiovaskulêre probleme, osteoporose en demensie. Nuwe navorsing wys dat vaso-motoriese simptome by tot 50 persent van vroue voorkom. By ’n beduidende persentasie hou dit vir die res van hul lewe aan. Algemene simptome van die menopouse • Warmgloede en nagsweet • Prikkelbaarheid en buierigheid • Slaaploosheid • Bros naels, dunner hare en haarverlies • Depressie • Vaginale droogheid • Vergeetagtigheid • Gewigstoename • Afname in beendigtheid…

2 min.
menopouse en depressie

DIE jare net voor en in die menopouse is vir baie vroue ’n tyd van fisieke en fisiologiese veranderinge, sê dr. Nicole Jaff van Wits se gesondheids-fakulteit. Dis in elk geval ’n taamlik stresvolle tyd: Jy sien jou ouers verouder, jou kinders verlaat die huis, jy moet die finansiële uitdagings van naderende aftrede hanteer, en jy kan ook sukkel met selfbeeldprobleme en wrywing in jou verhouding met jou lewensmaat. “As jy aan die begin van jou menopouse terneergedruk voel, moet jy met jou dokter daaroor gesels – veral as jy in die verlede al aan depressie gely het, premenstruele stres gehad het of nageboortelike depressie gekry het,” sê Nicole. Dis belangrik om te weet die simptome wat al in die perimenopouse kan begin (die tyd net voor menopouse) kan met depressiesimptome oorvleuel, sê…