UDFORSKBIBLIOTEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Rejser & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad

26-Apr-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Land:
South Africa
Sprog:
Afrikaans
Udgiver:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
KØB UDGIVELSE
12,98 kr.(Incl. tax)
ABONNER
486,55 kr.(Incl. tax)
50 Udgivelser

I DENNE UDGAVE

access_time1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Produksiebestuurder Gretchen Peiser Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings),Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Bibliotekaresse Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman Kantoorbestuurder Maphuti Mongatane LIMPOPO  Artikels en nuus…

access_time3 min.
dié week in die landbou

LEER BY DIE GROND Mnre. Doug Woodgate (links) en Jarid Woodgate (naasregs) en me. Franky Dallacas (regs) bespreek hul beoordeling van ’n grondmonster met mnr. Graham Shepherd (naaslinks), kundige oor grondgesondheid van die Nieu-Seelandse maatskappy Bioagrinomics. Hy het sy metode van visuele grondbeoordeling prakties in ’n beesweidingskamp in die Tsitsikamma gedemonstreer. Die praktiese sessie was deel van ’n boeredag oor die ekonomie van volhoubare boerdery en die krag van gesonde grond wat gereël is deur Trace & Save, ’n konsultantegroep wat boere oor volhoubare landbou adviseer. BREXIT-BLAASKANS Die uitstel van Brexit vir nog ses maande kan Suid-Afrika genoeg tyd gee om ’n alleenstaande handelsooreenkoms met Brittanje te sluit. Die parlement se termyn het geëindig voor dié ooreenkoms gefinaliseer kon word wat die ekonomiese vennootskapsooreenkoms tussen…

access_time1 min.
syfers

R755 000 Altesaam R755 000 is ingesamel op die sesde jaarlikse gholfdag wat die VKB-groep op Clarens aangebied het ten bate van Vrystaat Landbou se veiligheidsafdeling. Dit is R145 000 meer as verlede jaar. Altesaam 39 spanne het deelgeneem, en pryse van sowat R90 000 was op die spel. Mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die VKB-groep, sê met die gholfdag kan VKB “hande vat met sy verskaffers” en boere ondersteun. – Michelle van der Spuy R3,3 miljoen Die Imvamba Co-operative Fund, wat deur die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie bedryf word, sê hy het R3,357 miljoen oor drie jaar toegewys aan sewe koöperasies om aartappelproduksie in die OR Tambo-distriksmunisipaliteit te verhoog. Net 5% van die aartappels wat inwoners verbruik, kom uit dié distrik – 55%…

access_time1 min.
in ’n blik

VREET JULLE LEKKER? Die groeiende belangstelling in herlewingslandbou in Suid-Afrika blyk uit die groot getalle mense wat na boeredae en konferensies oor dié onderwerp stroom. Sowat tweehonderd boere het ’n boeredag oor hoëdrukbeweiding op Rysmierbult naby Ventersdorp in Noordwes bygewoon, en daar was groot geesdrif onder hulle oor dié praktyk. Hulle het na ’n boer, mnr. Gideon Oosthuizen, se hoëdrukbeweiding gekyk, na die Zambiese weidingskenner mnr. Johann Zietsman geluister, en by mnr. Ulrich Muller van Voermol meer geleer oor strategiese, aanvullende voeding. Hier kyk hulle hoe beeste op smutsvingergras wei.…

access_time1 min.
die ander sê

DIE enigste manier vir munisipaliteite om uit hul benarde geldelike posisie te kom, is om hul afhanklikheid van Eskom te verminder, sê mnr. Nhlanhla Ngidi, die hoof van energie en elektrisiteit by die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga). Ondanks die vereniging se pleidooie aan die regering laat die beleids- en regulatoriese omgewing munisipaliteite nie toe om krag direk van onafhanklike verskaffers te koop nie.Munisipaliteite se grootste bron van inkomste is die marge wat hulle verdien deur elektrisiteit van Eskom te verkoop. Met die onbetroubare voorsiening en stygende tariewe beraam die kliënte op wie munisipaliteite staatmaak, egter hul eie planne.“Munisipaliteite is afhanklik van groot nywerheids- en kommersiële kliënte wat besig is om hul eie inisiatiewe vir kragopwekking te ontwikkel. Dit kan rampspoedig vir die inkomste van dié munisipaliteite wees…

access_time1 min.
het jy gehoor?

‘Dit is duidelik dat daar ’n aansienlike vertraging sal wees voordat China die verbod sal ophef.’ MNR. DEON SAAYMAN, bestuurder van Cape Wools, oor die terugvoer van Chinese amptenare oor die verbod wat dié land op Suid-Afrikaanse wol ingestel het weens die beken-klouseer-uitbreking. Bl. 15 ‘’n Verdagte met ’n selfgemaakte wapen het op ’n boer afgestorm toe die boer hom betrap het.’MNR. CONRAY BOTHMA, veiligheidsbeampte in Bothaville, oor die groeiende voorkoms van mieliediefstal in die Vrystaat. Bl. 14‘Die vordering wat die maatskappy met nuwe kultivars maak en sy prestasie in plaaslike toestande sal uiteindelik bewys of die strategie suksesvol is.’MNR. CORNÉ LOUW, senior ekonoom van Graan SA, oor Pannar se besluit om eerder oorsese sorghum plaaslik te toets as om kultivars plaaslik te teel. Bl. 22 ‘Ons hoop op…

SÆRLIGE UDGIVELSER

help